1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4627155

Besoekers aanlyn

Ons het 89 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

EVA KROTOA: AS JOU DENKE VERROT IS BRING JY NET DREK VOORT!

Jan van RiebeeckDie belastering van die Afrikanergemeenskap deur die tenakoming van sy Dietse en Hugenote voorouers – kennelik die doel van verfoeilike, leuenagtige politieke propaganda – is ’n baie ou beproefde oorlogswapen, wat hand aan hand met die politieke oogmerke van die antagonis loop. Deur die antagonis self te ondersoek en sy (of hul) propaganda te ontleed, kan die onderliggende politieke ideologieë aan die lig gebring word. (Marthinus van Bart)

DIE WARE JAN VAN RIEBEECK EN EVA KROTOA  (deur Marthinus van Bart )

Eva Krotoa 2In 'n pseudo-dokumentêre TV-rolprent, Krotoa, wat pas in Suid-Afrika bekend gestel is, word die Suid-Afrikaanse geskiedenis skandalig verwring. Die rolprent draai om die persoonlikhede van Jan van Riebeeck en die Koina-diensmeisie Krotoa (Eva) (c. 1642–1674), wat Maria van Riebeeck in die 1650’s aan die Kaap die Goeie Hoop as 'n jong tiener in diens geneem het om die gesin se kamerbediende en kinderoppasser te wees.

 

Marthinus van BartMaar wie was hierdie mense werklik:

Kommandeur Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 as leier van 'n gevolg vakmanne van Nederland, na die Kaap gekom om 'n halfwegstasie vir die Nederlandse handelskepe te stig wat met die Verre-Ooste handel gedryfhet. Hy hetmet sy vrou, Maria, en hul kinders in 'n vesting wat die Nederlandse bouers uit klei en klip gebou het, die Fort die Goeie Hoop, aan die voet van Tafelberg tuisgegaan. Die taamlik beknopte klein geboutjie was die voorganger van die latere ruim en stewig, met klip geboude Kasteel die Goeie Hoop, vandag een van Kaapstad se bes bewaarde argitektoniese erfenisse.

Jan van Riebeeckhet opdrag van die direkteure van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie in Nederland gekry om in vrede met die inheemse inwoners saam te leef, ruilhandel vir slagvee met hulle aan te knoop en om groentetuine en vrugteboorde vir die verbygaande Nederlandse skeepsbemannings aan te plant. Die doel was nie om die Kaap te beset en daarvan 'n Nederlandse kolonie te maak nie. Van Riebeeck en sy vrou is versigtig vir hierdie taak gekies: Hulle was geleerde, voorbeeldige en godsdienstige mense.

In die rolprent Krotoa, wat tans in Suid Afrika draai, word die waardige beeld van Jan van Riebeeck op 'n kru manier afgebreek, deurdat hy valslik as 'n misdadiger uitgebeeld word. Dit beskryfhomas 'n

manlike chauvinis, egbreker, pedofiel, kinderverkragter, en grondrower. Deur voor te gee dat die uitbeelding “maar net simbolies (‘metafories’) is,” probeer die regisseur die kwetsende lasterlikhede verskans agter “digterlike vryheid” of “romantisering”. In regisseur Roberta Durrant se eie woorde (soos aangehaal op www.channel24.co.za): “There’s no concrete evidence that that [dat Van Riebeeck 'n kinderverkragter was] happened other than supposition. In terms of the rape, it was a very complicated moment in the film. And hopefully it comes across, but theirs was a complicated relationship and we chose to make it that way . . . Butwe hope that people see in the rape metaphor.

We want to look at the rape in terms of an attraction to a country and a place by the Dutch, and howthey ultimately settled here and they took this as their place. And it was a brutal occupation, in the sense that the Khoi people were displaced, a lot of them did die, and there were the Dutch-Khoi wars, and land was taken.”

DIE WARE KARAKTER VAN JAN VAN RIEBEECK

Uit Het Daghregister, kommandeur Van Riebeeck se amptelike dagboek wat hy self in veerpen-nink bygehou het, skryf hy dat die Koina-meisie Krotoa 'n buitengewone taal-aanleg gehad, Nederlands gou baasgeraak het en dat sy naas haar huislike pligte ook as tolk kon optree tussen haar Koina-mense, die Strandlopers van die Goringhaikonastam, onder hoofman Herry en die Cochoqua Saldanhars) onder kaptein Oedasoa, enersyds, en die kommandeur. Hy gee haar ook krediet vir haar hulp aan hom om 'n Nederlandse glossarium van Koina-woorde saam te stel.

Van Riebeeck het agteroor gebuig omin vrede met die nomadiese Koina aan die Kaap die Goeie Hoop te leef, en met ruilhandel albei partye te bevredig. Hy het herhaaldelik gekeer dat sy onderdane hulle op Koina-bendes wreek, wat hul beeswagters vermoor, hul tabaklande kaalgestroop, hul toerusting gesteel, hul vee geroof en hul wonings aan die brand gesteek het.

Selfs Van Riebeeck se plaashuis aan die hang van Duiwelspiek is deur die Koina tot op die grond afgebrand. Dit was eers toe hy en sy volgelinge deur algehele uitwissing bedreig is, dat hy tot wapenweerstand teen die aanvallers toegetree het. Van Riebeeck was 'n geniale mens wat onder meer op wetenskaplike wyse sy ingewinde kennis van die inheemse mense, plante en diere opgeteken het, in 'n tyd toe daar geen boekstawing daaroor bestaan het nie.

Met die hulp van Krotoa het hy byvoorbeeld die Koina-name van die Koina-stamme en die van die Kaapse fauna en flora gefonetiseer, en so die eerste kennis-ensiklopedie oor Suid-Afrika ingelui. Hy het die Kaap van 'n onherbergsame woesteny in 'n lowerryke Eden omskep, en die Kompanjiestuin, as net een voorbeeld daarvan, staan vandag steeds daar as stille getuienis vir 'n regdenkende grondlegger en pionier vir die vestiging van 'n Christelike beskawing in 'n chaoties-heidense Donker Afrika.

Al Van Riebeeck se geskrewe dokumente word in die Kaapse, Amsterdamse en Den Haagse argiewe bewaar, en is reeds deur die Tanap-projek, 'n samewerkingsprojek tussen die Kaapse Argief en die VOC-argiewe in Nederland, getranskribeer en elektronies in 'n rekenaar-databasis vasgelê. Dit is via die internet vir enigeen toeganklik. Niemand kan die verskoning opper dat hy of sy nie die waarheid aangaande Van Riebeeck geweet het nie. Die Van Riebeecks was net tien jaar aan die Kaap, en toe hulle in 1662 na die Ooste (Batavia) vertrek het, het Krotoa agtergebly. Net voordat hulle vertrek het, is sy op 3 Mei 1662 deur 'n besoekende leraar van die Gereformeerde Kerk, ds. Petrus Sibelius, in die kapel van Fort die Goeie Hoop as Eva gedoop.

Twee jaar later, op 26 April 1664, het Eva met een van die VOC se soldate aan die Kaap, Pieter van Meerhoff, oorspronklik van Kopenhagen, getrou. Hywas 27 jaar oud en Eva 21. Hulle het drie kinders gehad en het op Robbeneiland in 'n mooi huis met 'n fraai tuin gewoon, aangesien Van Meerhof die poshouer (opsigter), tronkbewaarder en boer –met varke, skape, beeste en pluimvee – van die eiland was. In 1668 is hy ten tyde van 'n slawekoop-ekspedisie na Madagaskar vermoor, vermoedelik in opdrag van die Britse slawehandelaars wat 'n monopolie op die slawehandelsbedryfdaar en aan die kus van Oos-Afrika gehad het.

Krotoa die kranksinnige alkoholis

Eva KrotoaOp 30 September 1668 het Eva en haar kinders Robbeneiland verlaat en weer in Kaapstad gaan woon, maar sy het haar kinders verwaarloos en in drankmisbruik en seksuele losbandigheid verval. Geeneen van die hubarewitmans aan die Kaapwou met haar trou nie, en ook haar eie Koina-stam het haar verwerp omdat sy haar met die witmense en hul Christelike geloof vereenselwig het.

Eva is van 1669 af as kranksinnige (vermoedelik weens die nagevolge van die oormaat drank en geslagsiektes) op Robbeneiland aangehou, waar sy op 27 Julie 1674 op 32 jarige ouderdom dood is. Haar oorskot is in Die Kasteel die Goeie Hoop se kerkie, Die Ark, onder die plank-oordekte rondvloer begrawe. Later is dit twee keer verskuif, steeds binne die Kasteel se terrein. Haar laaste rusplek was in die Groote Kerk se begraafplaas aan die noordekant van die kerk. Vandag is hierdie perseel oordek met teer, en is daar 'n steeg tussen die kerkgebou en die Groote Kerk-sakesentrum.

Eva se kinders – 'n vierde is buite-egtelik deur 'n onbekende rondslaper verwek – is aanvanklik deur die Vryburger Jan Reyniersz en sy gesin aangeneem en versorg. Later is twee, Pieternella en Solomon, in die pleegsorg van Bartholomeus Borns en sy gesin geplaas, en is hulle na Mauritius geneem toe Borns daarheen verplaas is, Pieternella het in 1709 as 'n geleerde en verfynde, getroude vrou na die Kaap teruggekeer en het 'n voorbeeldige lewe in die wit gemeenskap gelei.

Dr. J. Celestine Pretorius het 'n insiggewende biografiese hoofstuk oor Krotoa, “Tussen twee wêrelde: die verhaal van Eva van Meerhoff”, geskryf vir haar boek Al laggende en pratende –Kaapse vroue in die Sewentiende en Agtiende Eeu, Human & Rousseau, Kaapstad, 1998. Dalene Matthee se deeglik nagevorste roman Pieternella van die Kaap is gegrond op die lewe van Pieternella van Meerhoff, en dr. Dan Sleigh, wêreldkundige historikus oor die VOC-tydperk en hoogaangeskrewe opvoedkundige, se bekroonde roman Eilande handel oor Krotoa en haarmense in die tyd van die VOC.

In hierdie betroubare boeke, soos ook in die talle outentieke geskiedkundige bronne oor die OCtydperk, is hoegenaamd geen verwysing na enige vorm van seksuele misdryf of kriminele pedofilie wat Van Riebeeckmet enige Koina-kind ofwit kind sou gepleeg het nie.

GEEN KLAD OP BEKWAME VAN RIEBEECK SE NAAM

Ook is daar geen sweem van waarheid in die implisering van sy kwansuise ontrouheid aan sy

vrouMaria nie en hy het homnooit skuldig gemaak aan enige skandelike gedrag wat sy waardige amp

as goewerneur aan die Kaap die Goeie Hoop sou aantas nie. Daar bestaan voorts geen outentieke boekstawing in die noukeurige oorspronklike VOC dokumentasie oor Jan van Riebeeck, dat hy ooit 'n buiteegtelike verhouding met enige vrou aan die Kaap, Nederland of in Batavia sou gehad het nie.

Seksuele misdadigheid en ook homoseksualisme was in die VOC-tydperk met die dood strafbaar.

Enige vorm van misdadigheid of onwaardige gedrag van watter aard ook al deur 'n VOCamptenaar

sou tot sy summiere ontslag uit VOCdiens gelei het. In sy lang en indrukwekkende loopbaan as VOC

amptenaar het Jan van Riebeeck van krag tot krag gegaan totdat hy in Batavia aan koors geswyk het.

Luidens die verskeie onbetwisbare biografiese bronne is Krotoa kort na die aankoms van die Van

Riebeecks aan die Kaap in die Van Riebeeckhuishouding onder Maria se leiding en toesig opgeneem. Maria het haar saam met haar kinders onderrig, ook in Bybelkunde laat katkiseer, en in die Gereformeerde Kerk laat doop. Krotoa het volgens Kerklike gebruik vir gekerstende heidinne'n Bybelse naamgekry. Sy is na Eva, die eerste vrou van die Skepping, genoem.

Johan Antoniszoon van Riebeeck (1619–1677) was 'n hegte gesinsman wat sy vrou en kinders met die grootste liefde, respek en deernis behandel het. Die gelukkige en Godvresende gesin het saam in

die klein fortjie met sy min leefruimte gewoon. Dit sou onmoontlik vir Jan gewees het om onder

daardie maatskaplik-huislike omstandighede, enige onbetaamlikhede met die Koina-kind te pleeg. Maria was die hele tyd daar, besig met die versorging en opvoeding van haar kinders, klein en groot. Krotoa is as een van die gesin behandel.

Jan was 'n verfynde, uiters voorbeeldige en bekwame goewerneur, skeepsdokter, eggenoot en gesinsman. Sy karakter as volwasse persoonlikheid en sy adelike herkoms was onbesproke.

Voor hul koms na die Kaap was daar pogings van sy mededingers om die pos van opperkoopman in

Batavia, om hom te beswadder met bewerings oor private handel wat hy glo vir sy eie sak sou gepleeg het. Die beskuldigings is deur die VOC se regslui ondersoek, en geen getuienis kon gevind word dat hy hom daaraan skuldig gemaak het nie. Sy luisterryke loopbaan (hy was later ook president van Malacca en sekretaris van die goewerneurgeneraal, raad van Indië, en ook die van sy seun Abram, opperkoopman van Batavia en goewerneur van Nederlands Oos-Indië) getuig van

die geestesgesonde, onbesproke karakters en inbors van die Van Riebeecks en dat albei deur die

direkteure van die VOC, die Here XVII, hoog aangeslaan en vertrou is.

Die VOC het by hooggeplaasdes geen oortreding, hoe ligtelik ook al, oor die hoof gesien nie. Summiere ontslag en ander kwaai strafmaatreëls was die enigste antwoord daarop. C. Louis Leipoldt, mediese dokter, joernalis, skrywer en digter, het deurtastende navorsing oor Jan van Riebeeck se opvoeding, opleiding en loopbaan as skeepsmedikus gedoen. Dit is in sy boek Jan van Riebeeck: Die Grondlegger van 'n blanke Suid-Afrika, Nasionale Pers Beperk, Kaapstad, 1936 (Ons Geskiedenis-Serie) opgeneem. Leipoldt ondersoek selfs die beskuldigings van Jan se Vyandigemededingers oor die beweerde private handel, en bevind, as duiwelsadvokaat, dat dit 'n

beuselagtigheid sou gewees het indien dit ooit waar sou gewees het.

Watter positiewe gevolge die skeppers, vervaardigers en finansiers met hierdie rolprent beoog is nie duidelik nie. Beswaddering van taal en kultuurgroepe en hul ikone kan net tot vervreemding en vyandskap tussen alle gemeenskappe lei. En wanneer ingeligtemense dit sien gebeur en daaroor swyg, sterk hulle die kwaaddoeners in hul kwaad. 'n Verdeelde huis kan nie bly voortstaan nie.

Die Statebybel was die amptelike Nederlandstalige Christelike Bybel van die Verenigde Oos-Indiese

Kompanjie. Jan van Riebeeck het een saamgebring, toe hulle na die na die Kaap die Goeie Hoop, gekom het. Daaruit is daagliks verskeie kere voorgelees, soggens, smiddae en saans. Om die

gemeenskap op hul tone en binne perke te hou, het die Tien Gebooie voorkeur geniet. Die eerste Afrikaanse Bybel, wat die Statebybel vervang het, het eers in 1933 verskyn. Die Voortrekkers het die Statebybel na die binneland geneem en dit was vir die Afrikaanse gemeenskap, 'n lig op hul donker pad.

Toe hulle uit die Oos-Kaap vertrek het, het die Britse Setlaarsgemeenskap van Grahamstad 'n spesiale gedenkeksemplaar aan hulle geskenk, om saam te neem. NS.Onsweet niewat het van Jan van Riebeeck se eksemplaar geword nie. Hy het dit waarskynlik saamgeneem toe hy na Malakka toe is om goewerneur in 1662 daar te word..

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie