Dis onwys om te sê ou dae was beter, sê prof. Dreyer - 2011-10-02 Beeld
Op die webwerf van PRAAG het dr Dan Roodt op Sondag 2 Oktober 2011 ‘n artikel geskryf met die opskrif “Die nuwe Afrikanervrees vir die politiek”. Daarin verwys hy onder meer na verskeie organisasies se benadering op hierdie stadium en is hy in die kol wat betref sy ontleding wat betref verskeie organisasies se futiele poging om Afrikanersteun te probeer werf en vir die verkeerde redes. So byvoorbeeld
Dit is met dankbaarheid oor die nugterheid van die Afrikanerkiesers, wat gekies het om nie die Republiek van Suid-Afrika te verruil vir ’n volkstaatjie waarvan die grootte en ligging deur die swart kommunistiese regime bepaal sou word, dat die AVP na die uitslag gekyk en dit ontleed het.
Eerstens, die AVP standpunt ten opsigte van Afrikanerpogings in ons vryheidstrewe. Laat dit bekend wees dat, om Afrikaners as ‘n hegte eenheid saam te snoer, of ’n volksregister saam te stel, kan nie fout mee gevind word nie. Inteendeel is dit ’n positiewe verwikkeling op pad na samehorigheid. Wat vir die AVP belangrik is, is wat die bedoeling met die VVK-verkiesing is.
Volgens Statistiek SA is daar 50,5 miljoen mense in SA waarvan daar 4,5 miljoen blankes is.
Kom ons veronderstel net die helfte daarvan is Afrikaners. Dan is dit 2,25 miljoen Afrikaners namens wie Paul Kruger homself aangestel en ’n verkiesing gereël het. Met die uitslae bekend en volgens hulle eie syfers, blyk dit dat slegs 1% van Afrikaners aan die VVK verkiesing deelgeneem het.
NIE NET JULIUS MALEMA NIE, MAAR OOK MOORDE OP BLANKES DEUR SWART MISDADIGERS IS BUITE BEHEER!
Uit die onderstaande uittreksel uit ‘n berig deur Media 24, is dit duidelik dat die ANC ten spyte van Zuma se verklaring tot die teendeel, nie alleen deur Malema dikteer word nie, maar ook aandadig is aan sy optrede.
“Mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, is nié in beheer van die land nie. Die ANC is, het pres. Jacob Zuma gister in Sandton op vrae oor Malema gesê.
Die ANC en die regering bestuur die land. Zuma het gesê die ANC het probeer om die ANC-jeugleier te beheer en het besluit om teen hom op te tree toe hulle besef hy raak buite beheer”.
JEREMIA 10:1-25
1 HOOR die woord wat die HERE oor julle gespreek het, o huis van Israel!
2 So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
3 Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ’n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ’n ambagsman met die byl.
4 Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.
5 Soos ’n voëlverskrikker in ’n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.
In Die Afrikaner van 9 tot 15 September 2011 het mnr Mynhard Peters ‘n artikel geskryf oor Otto van Bismarck en die taak van die politiek. Mnr Peters is vir baie jare bekend vir sy belesenheid en politieke insig en getuig hierdie artikel dan ook daarvan. Enkele opmerkings verdien wel kommentaar.
Inderdaad is die vertrekpunt van enige beredenering oor die politiek die beginsels waarop ‘n mens staan soos mnr Peters dan ook duidelik uitwys. Dit is vanuit ‘n beginselbasis wat politieke aksies oorweeg moet word. Word sake vanuit ‘n nasionalistiese beginselbasis beredeneer, is sekere opsies in die politiek onmoontlik om te bedink. Die “kuns van die moontlike” moet immers altyd vanuit ‘n beginselbasis beredeneer word, en nie vanuit omstandighede nie.
DA sê oor taal en hoekom hy nie bid
Hierdie artikel verskyn op bladsy 6 van die Beeld koerant van Woensdag 28 September 2011 waaroor die AVP al op ons webblad reageer het. Dit is egter interessant om dit te vergelyk met die geloof van Christene waaruit die Afrikanervolk sy grondslag as gelowige volk gekry, gehandhaaf en gehou het. Die onverskilligheid wat tans heers in ons volksgeledere, saamgelees met ons gebrek aan weerstand teen die ondergrawing van elke Christelike waarde in die voortslepende stryd tussen lig en duisternis, is in skrille kontras met die verhaal van Marie Durand uit die 1700’s!
’n Verhaal van moed en oortuiging. Een van die aangrypendste verhale van Hugenote-lyding, al het dit in Frankryk plaas gevind lank na die eerste Hugenote al hier aan wal gestap het, is die van Marie Durand.