1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9196724

Besoekers aanlyn

Ons het 180 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

MYNHARD PETERS SE SIENING OOR DIE TAAK VAN DIE POLITIEK

In Die Afrikaner van 9 tot 15 September 2011 het mnr Mynhard Peters ‘n artikel geskryf oor Otto van Bismarck en die taak van die politiek. Mnr Peters is vir baie jare bekend vir sy belesenheid en politieke insig en getuig hierdie artikel dan ook daarvan. Enkele opmerkings verdien wel kommentaar.

Inderdaad is die vertrekpunt van enige beredenering oor die politiek die beginsels waarop ‘n mens staan soos mnr Peters dan ook duidelik uitwys.  Dit is vanuit ‘n beginselbasis wat politieke aksies oorweeg moet word. Word sake vanuit ‘n nasionalistiese beginselbasis beredeneer, is sekere opsies in die politiek onmoontlik om te bedink.  Die “kuns van die moontlike” moet immers altyd vanuit ‘n beginselbasis beredeneer word, en nie vanuit omstandighede nie. 

Mnr. Peters bespreek watter projekte of planne tans binne die Afrikaner se onmiddellike bereik is.  Hy is korrek as hy stel dat afskeiding van die RSA in ‘n Afrikanerstaat (met wye internasionale ondersteuning) tans net ‘n droom is.  Verder is hy in die kol waar hy stel dat volle erkenning van die Afrikanervolk se selfbeskikkingsreg deur die ANC-SAKP alliansie ‘n hersenskim is.  Hy wys ook tereg op die probleme rondom die sametrekking van ‘n groot groep Afrikaners binne een gekonsolideerde grondgebied en die onbereikbare om binne die huidige bestel ‘n meerderheidstem te behaal. Hierdie opsies wat hy as onbereikbaar of as ‘n droom of hersenskim beskryf, is egter meer as net dit.   Dit val nie binne die kader van die nasionalis se verwysingsraamwerk nie.  Omdat die Afrikaner-nasionalis altyd die verlede in ag neem wanneer hy oor die hede en die toekoms praat en die Afrikaner-nasionalis sy vaderland as prioriteit stel, kan die Afrikaner-nasionalis hom nie indink in ‘n situasie waar hy sonder meer sy aanspraak op sy vaderland prysgee in ruil vir iets wat ondefinieerbaar is en nie eers vasgestel is nie, alternatiewelik indien die “nuwe” vaderland dan wel vasgestel is, dit iets veel minder is as dit wat die Afrikaner-nasionalis as ononderhandelbaar beskou.

Wanneer ‘n mens dan kyk na wat bereikbaar is en wel vanuit ‘n Afrikaans- nasionale basis, is weerstand en verset, soos mnr. Peters tereg stel, binne die Afrikaners se bereik, alhoewel baie Afrikaners wegskram van hierdie opsie weens baie redes - een waarvan die huidige ontvlugtingsbenadering waar na opportunistiese oplossings gesoek word, eerder as om die waarheid in die oë te kyk en te besef dat weerstand en verset die enigste oplossing vir ons volk in sy huidige toestand is.

Dit is in die aard van die mens om dikwels na makliker opsies te kyk as iets wat opoffering en moeite verg. Verset en die opskerping van ons weerbaarheid lyk tans vir baie volksgenote na te veel moeite, terwyl iets soos onderhandeling vir ‘n onomskrewe staat vir sekeres baie aantreklik lyk. Die realiteite is egter dat laasgemelde opsie, gegewe die realiteite van Afrika en die wêreldpolitiek, onhaalbaar is. Dit word tans nie besef of toegegee nie, maar sal dit in die nabye toekoms wel tot mense deurdring. Wat sal oorbly, is die opsies vanuit die Afrikaans-nasionale basis waarvan weerbaarheid en verset die aangewese is. Verset is immers die wagwoord van nasionalisme!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie