MNR. DEWINTER: "EK EN MNR. WILDERS SE MENING IS DAT DIE BESLUIT OM ONS NIE TOE TE LAAT NIE ABSURD IS"
Geagte leser. Op Vrydag 13 Mei het mnre. Wilders en Dewinter die plan opgevat om op vreedsame wyse 'n besoek te bring aan die Brusselse wyk Sint-Jans-Molenbeek. Die Burgemeester Catherine Moureaux van die Parti Socialiste, wat sedert 2018 die reeds genoemde wyk bestuur, het hulle egter verhinder om die plan tot uitvoer te kan bring. Toe die parlementslede gemeen het dat hulle dan deur Sint-Joost-ten-Node gaan loop het Emir Kir, die Burgemeester van hierdie wyk dit ook verbooie. Hierdie 'meneer' is oorspronklik Turks en was ook 'n lid van die reedsgenoemde Franstalige sosialistiese party. Ons het nav. hierdie weiering 'n insiggewende onderhoud gehad met mnr.Dewinter.
Indien die onderstaande artikel se statestiek vertrou kan word, saamgelees met die voorblad berig in “The Irish Light” koerant, sou niemand jou kan verkwalik as die afleiding gemaak word dat daar saamgesweer word om bevolkings se aanwas te beperk deur hulle kinders te vermoor nie!
FDA (US Food and drug Admin)“Approves” COVID Vaccine for 6-month-old Babies Despite 179K Deaths Within 60 Days of Vaccination in England Alone
Deur Raymond Suttner 13 Junie 2022
Laat ons net eers terwille van perspektief, kyk wie Sutner werklik is.
Suttner is in Durban, Suid-Afrika gebore. Hy verwerf BA- en LLB-grade aan die Universiteit van Kaapstad en 'n interdissiplinêre doktorsgraad (geskiedenis, sosiologie en politieke studies) aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.
Tydens die stryd teen apartheid was Suttner in die leierskap van die African National Congress (ANC), die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en die United Democratic Front.
Die opskrif is figuurlik gesproke om my te onthef van enige blaam dat ek rassisties is. Die Zondu getuigskrif is ‘n skandelike verhaal van swart optrede. Die swartskaap (Zuma) het vele lammers gekry. Die name wat genoem word is legio. Van goeie handeling is daar geen sprake nie. Korrupsie voer die bo-toon in die parlement.
Jes. 1:1-31
“’ n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.” (:3)
Geliefdes, hierdie is nie ‘n geïsoleerde geval waar God Sy volk oor hul gebrekkige kennis aanspreek nie. Luister gerus na die woorde van die HERE uit Jesaja 5:13. “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, ...”. En die profeet Hoséa getuig ook hiervan. “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;...” (Hos. 4:6).
VLAAMS BELANG SE VOORSITTER: MNR. TOM VAN GRIEKEN: " EK KAN TERUGKYK NA 'N KONFERENSIE VAN GOEIE BLOOTSTELLING EN SINVOLLE BESPREKINGS".
Op die byeenkoms van die CPAC wat in die Hongaarse stad Boedapest gehou is, het duisende belangstellendes opgedaag uit alle dele van die wêreld. Hulle was oa. afkomstig uit die VSA, Duitsland, Oostenryk, Italie, Frankryk, Spanje, Vlaanderen en uiteraard Hongarye. Die CPAC staan vir “Conservative Political Action Conference” en het hul eerste kongres gehou in 1974. Nadien is daar reeds in verskeie lande soos bv. Suid-Korea, Japan, Australië en Brazilië byeenkomste gehou. Die CPAC van Hongarye was die eerste konferensie wat in Europa plaasgevind het op Donderdag 19 Mei en Vrydag 20 Mei in die hoofstad Boedapest. Daar was 46 sprekers waaronder die voorsitter van Vlaams Belang mnr. Tom van Grieken. Ons het weer die genoeë gehad om 'n insiggewende onderhoud te hê. In hierdie agste vraaggesprek sal ons hom vrae stel oor sowel sy toespraak as sy besoek aan premier Viktor Orbán.