PARTY VIR DIE VRYHEID SE FAKSIEVOORSITTER MEV. NICOLE MOINAT: "NA ONS SIENING IS DIT KRANKSINNIG EN IDIOOT EN BEWYS DIT OPNUUT DAT DIE ISLAMISERING MAAR DEUR EN DEUR GAAN"
Geagte leser. in April 2017 het ons berig oor christelike skole in die Suid- Hollandse stad Den Haag wat in die jaar besluit het om die bokant af te kap van die kruis, sodat moslemse kinders nie moeilikheid sou kry as hulle met die kruise loop. U sal onthou het dat die Haagse Party vir die Vryheid baie ongelukkig was oor daardie dwaasheid en toe 'n spoeddebat aangevra het.
Klik hier: Gebreekte kruise vir Christelike skole
Nou lyk die geskiedenis hom te herhaal in die Noord-Hollandse stad Purmerend, waar 'n openbare skool besluit het die tradisionele ontbyt, wat elke jaar met Paasfees aangebied word aan die skoliere te skrap omdat dit hierdie jaar saamval met die moslemse vastemaand ramadan. Die direksie het die besluit verdedig deur te stel dat islamitiese kinders nie mag eet en drink nie. As kompensasie kry die kinders almal 'n sjokolade ei as hulle huistoegaan.
‘n volk val uitmekaar wanneer hy die beginsel van afsonderlike ontwikkeling verruil vir rasseintegrasie, ongeag die velkleur wat betrokke is. Die eerste verskynsel by aanvaarding van die integrasiemodel, is onvermydelik verdeeldheid. Asof daar nooit debat en waarskuwings was oor die verloop en ontwikkeling van ‘n geintegreerde samelewing, word daar vandag oral vingers gewys na alles en almal behalwe die versaking van die beginsel waarvan afgewyk is nie.
Matt. 7:1-29
“En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.” (:3-5).
Geliefdes, u sal seker onthou van die geleentheid waar Natan by koning Dawid gekom het en aan hom vertel het van ‘n ryk man wat homself vergryp het aan die eiendom van ‘n arm man.
VOORMALIG RAADSLID MNR TJERK LANGMAN VAN DIE LYS PIM FORTUYN: "TOE DIE AANBIEDER MY DIT GEVRA HET, HET EK ONMIDDELLIK JA GESÊ"
Geagte leser. By die laaste verkiesings het mnr. Langman, wat u ongetwyfel nog sal onthou van vroeër onderhoude sy setel verloor. Nou verteenwoordig sy kollega raadslid mnr Rudy Reker alleen die Lys Pim Fortuyn.. Tog sal die luisteraar wat op die radiostasie JND inskakel elke Maandag sy stem kan hoor in die oggendprogramma van mnr. Willem Bakker. In sy hoedanigheid as rubriekskrywer is meneer dan by daardie programma teenwoordig waar hy die 'woke idioterie' aan die kaak stel. Ons het die genoeë gehad om weer 'n interessant vraaggesprek met hom te hê.
Dit is ‘n uiterste bron van kommer dat ons Afrikanervolk sy hegtheid, sy samehorigheid en veral sy eensgesindheid grootliks verloor het. Dit was een van die eerste benaderiings van die Britte in die wyle na anneksasies, om ons eensgesindheid te verbreek. Die begin van Milner se uitlating by die vredesluiting in 1902, “ It may be peace but it will be war still! Not by the means of bullets, but by other means!”, was die onderwys.
Taal as onderrigmedium was die teiken en hoewel die Afrikaner sy taal bly handhaaf het, was daar tog diegene wat gedink het dat dit verheffend was om Engels te praat, so asof ons taal agterlik was. Die aanslag was egter berekend en fel! In die media is die Afrikaner nie net deur die Engelse pers beledig nie, maar erg belaster. Om dit in perspektief te plaas sal dit goed wees dat u weer blootgestel word aan ‘n brief van wyle mnr. Jaap Marais wat hy destyds aan die engelse koningin gerig het.
In ons Afrikanervolk se geskiedenis was ons Afrikanerleiers en grootliks ons ganse volk, gekant teen Kommunisme. Waarskynlik omdat Kommunisme assosieer is met antichristelike waardes vanweë hulle uitsprake en optrede sedert die 1800’s.
Marx se toegewyde dissipel, Vladimir Lenin, het verklaar dat ateïsme die natuurlike en onafskeidbare deel van kommunisme is. Ons moet haat. Haat is die grondslag van kommunisme. Onder Vladimir Lenin was een van die slagspreuke van die Sowjetunie: “Ons veg teen God om gelowiges van Hom weg te ruk.” ‘n Prominente slagspreuk van die Kommuniste Party van die Sowjetunie was: “Laat ons die kapitaliste van die aarde verdryf, en God uit die Hemel.”
2 Kor. 12:1-10
“En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.” (:9&10).
Geliefdes, dit klink asof daar nie sin is in dit wat Paulus in hierdie brief aan die Korinthiërs skryf nie. Hoe kan ‘n mens sterk wees wanneer jy swak is?