Dit is hierdie toedrag van sake waaroor Afrikanerleiers vroeg en laat gewaarsku het! Nie net gewaarsku het nie, selfs gepleit het dat de Klerk gestuit moet word om nie hulle voorneme om van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling af te wyk, uit te voer nie. Die enigste Afrikanerleier, mnr. Jaap Marais van die Herstigte Nasionale Party wat vir 4 ure in ‘n byeenkoms, waar àl die regse groepe wat destyds saak gemaak het byeen was, gepleit het dat de Klerk gestuit moet word deur ‘n verkiesing af te dwing, kon nie ‘n enkele ondersteuning vir sy standpunt in daardie byeenkoms verkry nie!
Deur prof. Anthony J. Hall Global Research, 26 Mei 2022
Ons leef te midde van hope sigbare en onsigbare wrakstukke, baie daarvan giftig, terwyl ons voortgaan met ons reis na die derde jaar van die vervaardigde COVID-krisis. Alhoewel dit nie op die maniere wat deur ons goewerneurs se sentraalbeheerde mediamonopolieë beklemtoon word nie, het die gesoute stryd teen die oorverhitte koronavirus ernstige trauma gebring aan die fisiese, geestelike en ekonomiese toestand van 'n groot deel van die mensdom.
Nie vrede, voorspoed en vooruitgang nie maar misdaad, geweld en gebrek aan veiligheid! Nie wat die AVP verkondig nie, wel wat ons steeds saam met vorige ware en werklike Afrikanerleiers voor gewaarsku het en wat nou deur die media in groot, swart en vetletters in hulle hoofblaaie verkondig word!
Terwyl onrus en onlus deur vyandige elemente aangeblaas is na die sluipmoord op dr. Verwoerd, sodat die kreet vir vrede geregverdig kon word, is alle geldige argumente oor die gevaar van magsdeling oor rasgrense heen, van die tafel afgevee!
2 Konings 17:24-41 “Tog het die Here met hulle 'n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie. Maar die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met 'n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer. En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.” (:35-37). Geliefdes, hoe identies is hierdie gebeure in die lewe van die volk Israel nie met die geskiedenis van die Afrikanervolk se geskiedenis hier aan die Suidpunt van Afrika nie?
Die AVP plaas die onderstaande artikel met erkenning aan Reuters
LONDEN, 26 Mei (Reuters) -
LONDEN, 26 Mei (Reuters) - Die Kremlin het Donderdag gesê die Weste het net homself te blameer vir 'n voedselkrisis as gevolg van probleme om Oekraïne se graan na wêreldmarkte uit te kry, en eis dat die Verenigde State en sy bondgenote wat hulle as onwettige sanksies beskou, skrap. .
In ‘n veelrassige land met tenminste elf verskillende swart etniese volke, is dit onvermydelik dat daar twis en tweedrag sal wees. Indien hulle dan nog gesamentlik in ‘n regering ingebind word is die regeervermoë onbestaanbaar en moet dit noodwendig tot geweld lei omdat dit ‘n gegewe is. Die geveinsdheid van samewerking en wedersydse verdraagsaamheid is kosmeties en al gou sigbaar soos in Suid Afrika.
Efés. 4:17-32 “En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.” (:30).
Geliefdes, alreeds voor die Hemelvaart van onse Here Jesus Christus beloof Hy hierdie kosbare gawe van God. Die gawe van die Heilige Gees wat aan die kinders van God geskenk word. En hierdie gawe word nie sommer lukraak aan alle mense uitgedeel nie. Dit is ‘n kosbare gawe wat alleen beskore is vir diegene wat hul harte in waarheid aan God gee.