Spr. 6:1-19:“Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ’n gruwel: trotse oë, ’n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, ’n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.” (:16-19).Newsday berig:Die AVP haal enkele stellings uit ‘n berig van Newsday aan om aan te toon dat die voorspelde tendens, waaroor deur verskeie Afrikaner politici, tydig gewaarsku was, nie net reg was nie, maar besig is om alle beskaafde norme te oortref!
Munisipale politieke rowers fokus op faksiegevegte, magsvergrype en eie gevestigde belange. Dienslewering is bysaak.
Die ouditeur-generaal het opgemerk dat onreëlmatige uitgawes rofweg verdubbel het. (Voormalige adjunk Kommisaris van polisie vermoor terwyl hy besig was met hoë profiel ondersoek)
Die swart bewussyn is geanker in ‘n naratief dat hulle onskudige slagoffers is van onderdrukking deur witmense. Sodoende word gepoog om op ‘n diabolise manier simpatie en morele gesag te probeer mobiliseer om onregmatige eise te stel aan die witman. Dit alles ten spyte daarvan dat die ANC aan bewind is vir 32 jaar, met toenemende regerings-mislukking.
Hoe tragies is dit nie dat die DA en VF+ hulle lojaliteit belowe het aan die ANC in ‘n Regering van Nasionale Eenheid. Indien jy as Afrikaner enige lojaliteit van hulle verwag, wil ek dit onomwonde stel dat jy veel beter sal doen om vir jou ‘n hond te kry as troeteldier.
Gén. 26:1-35:“En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.” (:2&3). “Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.” (:12).
Rom. 5:1-11:“OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.” (:1&2).
Hierdie woorde uit die brief van Paulus aan die Romeine herinner ons aan die genadegawe van God. Dit is dalk nodig om vir ’n oomblik stil te staan by genade. Ons moet dalk vra – “Wat is genade?” Dit is om nie die loon of straf te ontvang wat jy regverdiglik verdien nie. God se genade is derhalwe dat Hy ons nie dienooreenkomstig ons optrede teenoor Hom vergeld nie. Indien dit die geval was, sou geen vlees gered kon word nie. “...Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.

President Cyril Ramaphosa het sy steun toegesê aan die voorgestelde R100 miljard Transformasiefonds in Suid-Afrika.
Hy het gesê dit sal help om langdurige ongelykhede in Suid Afrika se ekonomie aan te spreek deur geleenthede vir swartbesit-in Suid- Afrika ondernemings uit te brei en deelname aan sleutelbedrywe te verbreed.
Die voorgestelde fonds, wat oor vyf jaar gekapitaliseer sal word, sal na verwagting jaarliks sowat R20 miljard in meerderheid swartbesit- en beheerde ondernemings kanaliseer.
Matt. 20:29-34:“En daar het twee blindes langs die pad gesit; en toe hulle hoor dat Jesus verbygaan,roep hulle uit en sê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid! En die skare het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly; maar hulle het al harder geroep en gesê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid! Toe gaan Jesus staan en roep hulle en sê: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen? Hulle antwoord Hom: Here, dat ons oë geopen mag word. En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.” (:30-34).