MNR. GOUKE MOES: "HIERDIE NUWE STIGING STAAN IN DIE BRES VIR DIE NEDERLANDSE KULTUUR EN SY TRADISIES
Geagte leser, Ons het die genoeë gehad om 'n insiggewende onderhoud in Nederlands met voormalige Minister Gouke Moes te hê.
Mnr Moes het van 5 September 2025 tot 23 Februarie 2026 as Minister van Onderwys, Kultuur en Wetenskap in die Schoof-kabinet namens die Boer-Burgerbeweging gedien. Voor dit was hy 'n lid van die Provinsiale Uitvoerende Gesag in die stad Groningen. Hy was voorheen 'n smid en onderwyser.
In Maart 2026, kort nadat hy as minister bedank het, het mnr. Moes sy voorneme aangekondig om 'n toetssaak teen die Staat aanhangig te maak deur die Demokratiese Hernuwingstigting, gestig deur mev. Andrea Speyerbach. Hierdie stigting het ten doel om beskerming vir die Nederlandse 'inheemse bevolking' teen die gevolge van massa-immigrasie af te dwing. Sy wil ook hê dat die hof ondersoek instel of die Nederlandse Staat versuim om die kultuur en identiteit van Nederland te beskerm. Ons het meneer onder andere gevra of hy enige idee het waarom die regering, enersyds, toegelaat het dat dinge tot die punt kom waar tradisies en gebruike, maar ook dialekte en taal, stadig uitgewis word, terwyl aan die ander kant allerhande vreemde 'feeste' en 'godsdienste' hul plek ingeneem het.
RAADSLID MNR NIC REDELINGHUYS: "AS IMMIGRANT IN 'N ANTI-MASSA-IMMIGRASIE PARTY WEET EK DAT OMGEREMDE GASVRYHEID SONDER GRENSE VERNIETIG UITEINDELIK DIE HUIS SELF"
Geagte leser. Ons het die genoeë gehad 'n insiggewende onderhoud in Afrikaans te hê met mnr Nic Redelinghuys wat tydens die gemeenteraadverkiesings van Maart op Woensdag 1 April gekies is as raadslid in die Rotterdamse munisipaliteit. Meneer Redelinghuys kom oorspronkelik uit die Boland regio wat lê in die provinsie van die Wes-Kaap.
Vanwee die feit dat hy n Protestantse Christen is vanuit die NG Kerk , het hy die eed afgelê in plaas daarvan om die belofte af te lê. Die nuwe raadslid het gesê dat hy 177 stemme as nommer 2 op die Rotterdamse lys gekry het. Sy kollega mnr. Daan Hamhuis as nommer 1 het met 5011 stemme ingeskryf. Mev. Lidewij de Vos (Partyleier van die party) was op die lys as 'n lysstooter en het 3495 voorkeurstemme gekry. Sy het besluit om haar setel aan mnr Redelingshuys af te staan, en so het hy die raad betree.
In ons voorgesprek beklemtoon hy: 'ek staan in Nederland nie as n buitestaander nie, maar as deel van n geskiedkundige band die oor oseane strek'. Meneer Redelinghuys waarsku dat: "Hy gesien het hoe vinnig 'n land kan val - Nederland en Europa dink nog nie dit kan hier gebeur nie'
CRB PARTYLEIER MNR. MARCO VAN LENT: "DIE KIESERS KAN DAARVAN VERSEKER WEES DAT HULLE BEKOMMERNISSE EN BELANGE ONS RIGLYNE VIR DIE KOMENDE VIER JAAR SAL WEES"
Geagte leser. Ons het die genoeë gehad 'n onderhoud in Nederlands te hê met partyleier vir Sentrum-Regse Bernheze mnr Marco van Lent wat saam met sy kollega raadslede mnr Mart Kievits (adjunk-faksievoorsitter) en mnr Sven van Meteren vir die eerst die raad betree met drie setels
As dit van sy party afhang sal daar 'n nuwe koalisie gevorm word saam met die Christen Demokratiese Appel (CDA) en Lokaal.
Volgens mnr. Mart Kievits 'is dit 'n duidelike sein van die kieser. Dit is 'n unieke prestasie in Bernheze en ook nasionaal, beslis gegewe die kort voorbereidingstyd. Die grootste setelwins van alle partye, laat ek dit weer beklemtoon, vorm 'n kragtige mandaat en dui op 'n duidelike begeerte na 'n sentrum-regse koers in ons munisipaliteit' het Kievits gesê. 'En dit is die koers wat ek saam met CDA (9 setels) en Lokaal (6 setels) wil volg'.
Geen mens geen stem is ‘n onbetwisbare werklikheid in die nuwe Suid-Afrika. Die stelling beklemtoon die fundamentele onreg en belaglikheid van jou uitgebragte stem. Die innerlike roepstem wat in elk van ons leef, word vertrap. Jou kruisie is reeds verkwansel aan ‘n Afrikaner-hatige koalisie wat bydra tot voorgesette onstabiliteit. Die stem van jou gewete is nie meer in tel nie.
2 Tim. 1:3-18:“Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (:7) Hierdie is ’n teksvers wat baie maklik deur dwalende leraars van die voorspoedgodsdiens heeltemal uit verband aangehaal en voorgehou word. Hierdie is nie ’n teksvers wat ten doel het om ons tot ’n onverskillige lewe aan te moedig omdat ons met “krag van God” optree in die najaag van ons eie voordeel en doelwitte nie. Dit leer nie dat ons kan handel na hartelus onder die illusie dat ons in “God se krag” optree en geen gevolge hoef te vrees nie.VOORSITTER MNR. KEES VAN DER GROEP VAN DIE NOORDERKERK VAN BUNSCHOTEN-SPAKENBURG: "EK KAN NIE VERSTAAN DAT IN 'N CHRISTELIKE KERK 'N VERS VAN 'N MUSIEKSTUK WAT 'N OPROEP TOT GEBED TOT ALLAH BEVAT, NIE WEG GELAAT KAN WORD NIE."
Geagte leser. Die Wilskracht-musiekvereniging sou op 18 April 'n optrede in die Noorderkerk gee. Dit was glad nie 'n probleem totdat die inhoud van een van die musiekstukke op Saterdag 28 Maart bekend geword het nie.
Op Maandag 30 Maart het die kerkraad van die Noorderkerk in Bunschoten-Spakenburg besluit om die Musiekvereniging te vra om nie 'n vers in 'n komposisie te sing nie, en indien hulle dit wel wou sing, om aan te dui dat hulle nie toestemming sou gee vir 'n uitvoering in die voorgenoemde kerk nie. Op Dinsdag 31 Maart is daar oor hierdie saak kontak gemaak met die voorsitter van die Wilskracht-musiekvereniging van Amersfoort, en sy wou nie die betrokke vers weglaat nie.
Andersins sou dit 'n politieke stelling wees en nie in ooreenstemming met die komponis se bedoelings nie. Gevolglik het mnr. van der Groep, die voorsitter van die Noorderkerk, aangedui dat die konsert dan nie in die Noorderkerk kon plaasvind nie. Na aanleiding van hierdie besluit het ons die genoeë gehad om 'n insiggewende onderhoud in Nederlands met die voorsitter te voer. Ons het hom onder andere gevra of hy weet wat hierdie Musiekvereniging gemotiveer het om die god van die Moslems te wil noem.
Deel 8 (slot-aflewering)
Hoewel dit die slotaflewering van die verraad is wat ons beleef het tot nou toe, sal dit nie die einde wees van die kern van die Afrikanervolk se strewe om die saampraters, saamwerkers, saamknoeiers en in die algemeen die vyande van ons volk se pogings om ons volk los te maak van ons ankers, teë te gaan, bloot te lê en te bestry nie. Ons ankers ingeslaan deur die loop van die geskiedenis deur ons voorgeslag se leiers ter wille van ons voortbestaan en roeping, is ons verantwoordelikheid, opgelê deur ons Skepper en SY ondersteunde geskiedenis sedert ons volkswording tot vandag toe!
Ons bid dat ons hele volk uiteindelik hierin die oplossing vir voortbestaan sal sien, erken en met ons daarin sal saamwerk!(AVP)
Afrikanervolk het nie oorgegee nie