In belang van ons Afrikanervolksgenote, binne en buite georganiseerde landbou, reageer ek uit deernis met hulle op u ope brief.
Sedert 6 September 1966 na die beplande sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd, is ons volk deur “Afrikaners” en Afrikanerorganisaies uit ons land uit verkul, werkloos gelaat, blootgestel aan moord en verminking en bedreig met eiendomonteiening, nou al vir 28 jaar! Word ons feitlik daagliks gedreig met ontwapening en in ‘n toestand van oënskynlike totale onmagtigheid gebombardeer deur die hoofstroommedia.
“R5 miljoen word in 2022/23 begroot vir die terreinstudies, insluitend die omgewingsimpakstudie en ander toetse en toepassings wat nodig sal wees voor konstruksie. In 2023/24 word R17 miljoen bewillig vir die installering van die monumentale vlag.”
Werkloosheid behels nagenoeg die helfte van Suid Afrika se bevolking, die land is feitlik nie instaat om die rente op sy internasionale skuld te betaal nie, daar is nie ‘n terrein van landsbestuur wat effektief funksioneer nie, korrupsie, misdaad en agteruitgang van infrastruktuur is buite beheer en die regime wil dit aksentueer met ‘n honderd meter hoë vlag van nagenoeg 22 miljoen rand! In die drein af!!
Soos in die res van Afrika sal Suid Afrika die geraas en geblaas en veral die besoedeling van Koolstofdioksied moet verduur as Mbalula sy sin kry. Die frustrasie van blanke padverbruikers soos wat dit huidig is omdat onbeskofte taxibestuurders geen respek het vir padreëls nie, sal met grade verhoog.
Hierdie stelling van die befaamde politikus, wyle mnr. Jaap Marais voormalige leier van die Herstigte Nasionale Party, word oral in die wêreld bewys en veral nou weer hier by ons in Suid Afrika.
Wat ookal in ‘n land gebeur, as die stof gaan lê is dit die politieke party wat aan bewind kom wat die klimaat kan skep waarin so ‘n samelewing dan moet funksioneer, of dit goed of sleg is.
Joh. 14:1-31
“LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (:1-4).
Geliefdes, ons almal hou seker daarvan om ‘n geskenk te ontvang. Die moeilikste deel hiervan is seker om geduldig hiervoor te wag. En ons almal is met hierdie gevoel bekend.
Hoog ons vlag, die ORANJE BLANJE BLOU
Dit laat die wit lig weer helder skyn
Suiwer hart skoon en rein
Dat almal wat daarmee verskil vyande van die Afrikanervolk is, behoef géén betoog nie! Ons beleef noual vir bykans dertig jaar ‘n vlaag van plundering wat ‘n nasionale sport geword het waarin al meer mededingers begin deelneem!
Dat ons volk dit verdien omdat ons beginselloos geword het, is ewe waar. Dan het ons nog sulke naїwe Afrikanerseuns wat agter “kultusdrywers” aanhardloop wat wil “emansipeer” om Boere te kan wees omdat hierdie “Boere” dan die regte “volk” is in teenstelling met Afrikaners wat die verraaiers sou wees!