Op die webwerf van PRAAG het dr Dan Roodt op Sondag 2 Oktober 2011 ‘n artikel geskryf met die opskrif “Die nuwe Afrikanervrees vir die politiek”. Daarin verwys hy onder meer na verskeie organisasies se benadering op hierdie stadium en is hy in die kol wat betref sy ontleding wat betref verskeie organisasies se futiele poging om Afrikanersteun te probeer werf en vir die verkeerde redes. So byvoorbeeld
Hy stel dat almal getrou belastings betaal en dat dit juis tot gevolg gaan hê dat die bewind nie in duie sal stort nie.
Wat laasgemelde ontleding betref is Roodt natuurlik verkeerd en het hy hoegenaamd nie die moeite gedoen om hom te vergewis van die AVP se standpunte nie. Die AVP is juis van mening dat politiek die kroonrat is van die samelewing en waar verskeie ander organisasies van mening is dat die politiek misluk het, is die AVP van mening dat dit organisasies of partye is wat misluk vanweë die beleid wat hulle volg, en dat die politiek nie kan misluk nie.
Die AVP het ook nooit gestel dat die bestel self in duie gaan stort nie, maar weens verskeie redes. Enersyds is die Swartes onbevoeg om die land te regeer en sal die bestel in duie stort juis vanweë hulle onbevoegdheid. Die betaal van belastings alleen
Wat die AVP deurentyd gesê het is dat Blanke weerstand gemonster moet word en die Afrikaner in verset moet kom, laasgemelde wat ook inhou dat belastings op ‘n stadium weerhou sal moet word om die ineenstorting van die bestel te verhaas. Roodt het hierdie AVP-standpunt gerieflikheidshalwe geïgnoreer toe hy hierdie artikel geskryf het. Dit is juis vanweë ‘n samevloeiing van verskeie faktore dat die Afrikaner weer in staat gestel sal word om die land te regeer. Die eerste is natuurlik dat die bestel in duie sal stort weens die aanskouingsles van Afrika. Daarmee saam moet Blanke weerstand opgebou word en moet die Afrikaner in verset kom teen die huidige toedrag van sake om, wanneer die bestel in duie stort, in ‘n posisie te wees waar hy weer beheer oor sake kan neem. Indien die Afrikaner homself nie organiseer nie, sal ‘n groter diktator as wat tans die land regeer, beheer oorneem en sal Blankes in groot getalle die land verlaat in ‘n toestand van totale anargie, juis omdat die Afrikaner uitgelewer sal wees.
Die oplossing of alternatief wat Roodt bied, naamlik ‘n “kommunikasie strategie” vir die saak van Afrikaner selfbeskikking, het werklik nie veel om die lyf nie, behalwe om te stel dat dit ‘n golf moet word wat die openbare mening onder Afrikaners sal oorspoel. Sedert 1994 is die Afrikaner besig met teenpropaganda, sommige waarvan inderdaad nie met die regte benadering aangepak was nie. Indien teenpropaganda nie gerig is op weerstand, verset, mobilisasie en uiteindelik beheer nie, sal dit op niks uitloop nie.
Dit is juis die probleem met die Afrikaner vandag, naamlik dat hy dink dat daar een of ander kitsplan gaan wees of ‘n “figuur uit die Weste” gaan verskyn wat die Afrikaner skielik na vryheid gaan lei, terwyl weggeskram word van dit wat moeite verg, naamlik om ‘n gees van verset onder Afrikaners vaardig te maak en daadwerklike aksies van weerstand en verset gedoen word wat ander mense sal beweeg tot aksie. Dit is juis hierdie aksies wat mense motiveer. Dat ‘n propaganda-veldtog nodig is, is waar. Dit moet egter gepaard gaan met dade van weerstand wat ons volk sy selfrespek sal terug gee om in verset te kom teen die huidige bedeling. Dit, dr Roodt verkondig ons nog deurentyd!