Dit is met dankbaarheid oor die nugterheid van die Afrikanerkiesers, wat gekies het om nie die Republiek van Suid-Afrika te verruil vir ’n volkstaatjie waarvan die grootte en ligging deur die swart kommunistiese regime bepaal sou word, dat die AVP na die uitslag gekyk en dit ontleed het.
Eerstens, die AVP standpunt ten opsigte van Afrikanerpogings in ons vryheidstrewe. Laat dit bekend wees dat, om Afrikaners as ‘n hegte eenheid saam te snoer, of ’n volksregister saam te stel, kan nie fout mee gevind word nie. Inteendeel is dit ’n positiewe verwikkeling op pad na samehorigheid. Wat vir die AVP belangrik is, is wat die bedoeling met die VVK-verkiesing is.
Volgens Statistiek SA is daar 50,5 miljoen mense in SA waarvan daar 4,5 miljoen blankes is.
Kom ons veronderstel net die helfte daarvan is Afrikaners. Dan is dit 2,25 miljoen Afrikaners namens wie Paul Kruger homself aangestel en ’n verkiesing gereël het. Met die uitslae bekend en volgens hulle eie syfers, blyk dit dat slegs 1% van Afrikaners aan die VVK verkiesing deelgeneem het.

Die uitslag is in die lig van die nugterheid wat besig is om in Afrikanergeledere ’n onderskeid te maak tussen wat nuttig en haalbaar in die politiek van die dag is, in teenstelling met wat nutteloos en nadelig vir die vryheidstrewe van ons volk is, nie ’n verrassing nie. Wat Paul egter bevestig het, is dat sy sewe verkose kandidate, wat terloops nou nege geword het, namens nét daardie 22826 stemmers, met wie ookal, vir wat ookal, kan onderhandel!
Uitslag
VOLKSRAAD 2011 Verkies
|
Posisie |
Naam |
Van |
Stemme |
|
|
1 |
Andries |
Breytenbach |
15464 |
|
|
2 |
Abel |
Malan |
14263 |
|
|
3 |
Henk |
Van der Graaf |
12556 |
|
|
4 |
Ben |
Geldenhuys |
11324 |
|
|
5 |
Sakkie |
Van der Merwe |
10608 |
|
|
6 |
Steyn |
von Ronge |
10229 |
|
|
7 |
Franz |
Jooste |
9458 |
|
|
10 |
Tiaan |
Theron |
6667 |
Kaap |
|
12 |
Ettiene |
le Roux |
5833 |
Natal |
Beide twee tabelle is direk van die VVK se webblad verkry.
Wat van belang is in hierdie “volksverkiesing”, is die gesag van die “volk” se stemme as twee kandidate bygevoeg word as “volksraadslede”, ten spyte daarvan dat ander kandidate meer stemme as hulle gekry het. Wat ookal die motivering daarvoor, dit maak ‘n bespotting van die verkiesing.
Dit was regter Johan Kriegler wat na die 1994 verkiesing op die vraag of die verkiesing “vry en regverdige” verloop het, toe daar een-en-’n-kwart-miljoen meer stemme uitgebring is as wat daar stembriewe was, geantwoord het dat ’n mens nie “in ’n bordeel kan werk en kuis bly nie”.
2011/10/03 Media 24.
Pretoria - The Afrikaans media's failure to accept advertising or report on the election of a Volksraad for Afrikaners was a big reason for the poor turnout at the Volksraad Verkiesing Kommissie (VKK) elections held last month, VKK chairperson Paul Kruger said on Monday. At a previous media briefing in July, where he announced the registration of voters and the election, Kruger said he was hoping that at least 700 000 Afrikaners would register.
Media24 publishes the Beeld, Die Burger, Die Volksblad, and Rapport newspapers.
Die feit dat Radio Pretoria dieselfde met die AVP gedoen het, naamlik om ‘n betaalde advertensie te weier, maar hulle volle gewig agter die VVK ingegooi het, sal toenemend ernstige vrae oor hulle bona fides as “volksradio” laat ontstaan. Hoewel die uitsaaiwese ‘n invloed uitoefen, is Paul Kruger naïef as hy sy onvermoë om die Afrikanervolk in beweging te bring, daaraan wil toeskryf.