Die eerste ding wat by 'n getroue Afrikaner na vore kom na die nuus dat 'n ander groep Afrikaners weens daardie groep se beweerde verset teen die onwettige ANC-owerheid lang vonnisse aangehoor het, is dat daardie Afrikaners se lyding weens tronkstraf met nog jare verleng word. Ons diepe meegevoel met daardie volksgenote en hul naasbestaandes. Jul offfer mag, nee, kán eenvoudig, nie ongewaardeerd verby gaan nie.
Regter Eben Jordaan se uitspraak dat nie almal in die land tevrede is met wat in 1994 gebeur het nie, is behalwe dat dit waar is, dit ook ‘n gruwelike onderskatting van die werklikheid is. Géén uitspraak deur enige regstruktuur is sedert 1994 tot vandag gemaak oor die onregmatige tot standbring van die grondwet waarop hy hom nou beroep nie.
Daar is vervolgens ook geen regverdiging in die aanhouding van mense vir tien jaar in gevangenis, terwyl daar gesloer word om by die punt van beslissing te kom wat in ‘n bedenklike uitspraak geformuleer kan word nie. Daar het sedert 1994 meer as genoeg getuienis aan die lig gekom wat daarop dui dat die Afrikanervolk uit hulle politieke mag verkul is, en wat nou hulle totale besit en erfenis bedreig, om nie eens van die talle lewens wat op onmenslike en wreedaardigste wyse deur barbare geneem is, te praat nie. Om dan te verwys na die afgesaagde stelling van ‘n bloedbad wat sou ontstaan deur die “afgryslike” planne van die sg. Boeremag, sou afgelag kon word as die verskrikking van die gevolge van die “grondwet” waarna Jordaan verwys nie die verskriklikste en afgryslikste vergrype teen die Afrikanervolk is waaraan hy in sy hele bestaan onderwerp was nie! Dit was juis die “bloedbad” manipulasie wat die NP destyds gebruik het om ja-stemme te werf wat
nou weer aangewend word om die vergryp teen lede van die Afrikanervolk te regverdig. Kan enigiemand verkwalik word wat sy land hierteen wou beskerm??

Andrew Feinstein, skrywer van After the Party, het in 2001 gesê die DA is gestig met één doel voor oë, om blankes (en veral Afrikaanssprekendes) wat hulle nie aan die “regse” kant van die politieke spektrum wou skaar nie, onder die ANC se vlerk in te trek. Dit pla hierdie blankes blykbaar glad nie dat die DA die SEB steun nie, of dat die DA belowe het om die e-Tolstelsel te behou sou hy in die JHB Metro die bewind oorneem nie....

Dis opvallend dat daar in die afgelope tyd ‘n sigbare toestand van wanhoop en moedeloosheid onder “my mense” posgevat het. En met “my mense” bedoel ek natuurlik hulle wat al vóór 1994 “geweet” het wat die gevolge van De Klerk se verraad sou wees; “geweet” het dat daar vir ons ‘n tyd van vervolging, armoede, uitbuiting en onbeskryflike ellende voorlê; “geweet” het dis nodig omdat ons harte na links afgedwaal het en dat Hy ons met dié strafgerig weer na Hom wil terugbring; maar ons het toe ook “geweet” van die profetiese woord wat baie vasstaan en waarop ons kan ag gee; “geweet” dat die afloop van die strafgerig se finale bedryf sou geskied ooreenkomstig die scenario’s van ‘n Siener en ‘n Job.
(Siener): “En ons is nou Een Nasie, Een Taal, Een Wapen, Een Volk en (met) Een GOD…Die mees geseënde volk op aarde…”
(Job): “En die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin…” (Job 42:12).
Gister het die VF Positief weer so 'n drag slae op 'n ander webwerf gekry nadat Dan Roodt dit nie as leier op “Gattêng” se leierskapverkiesing gemaak het nie en vir Jaco Mulder moes terugstaan.
Die Afrikaners het klaarblyklik besluit dat as hulle dan nie bode mag skiet nie, hulle hom darem kan wegjaag. Of die honde op hom sit.
Gister was dit weer sulke tyd vir 'n heel onbekende, blykbaar uit Amerika en wat vir vyf jaar in Suid-Afrika is (of andersom – wie gee nou regtig om, ook by Rapport), wat dit bont en blou gehad het oor al haar deskundige waarnemings oor die sosio-dinamika in die twee verskillende lande. En boetie, dis of die baas vir sy hond gesê het: Sa! Vat hom!
As die lot vandag gewerp word in die Afrikanervolk, hoe sou ons bevind word? Wel deel van die volk maar nie Apostel nie, of selfs 'n Judas?
HANDELINGE 1:15-26
15 EN in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan — die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig — en gesê:
16 Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
VREEMDELINGE TEIKEN SAAM MET LINKSE KULTUURBARBARE TRADISIONELE KINDERFEES
In hun zoektocht naar uitingen van vermeend racisme, hebben degenen die totaal niet hechten aan tradities, laat staan aan het in stand willen houden van enig cultureel erfgoed, weer iets nieuws gevonden om hun afkeer en weerzin van alles wat met vroeger te maken heeft te kunnen bevredigen. Het oeroude Sinterklaas feest wat ieder jaar in december wordt gevierd in zowel Vlaanderen, Zuid Afrika, Nederland, en de overzeese gebiedsdelen moet nu verdwijnen.
Sinterklaas is namelijk blank en zijn knechten de Zwarte Pieten zijn zwart en daar wringt het politiek correcte schoentje. De tegenstanders van dit kinderfeest beweren dat dit feest een racistische inslag heeft.(Kyk ook asb by:http://www.eenvandaag.nl/binnenland/47615/zwarte_piet_was_struikelblok )
Alleen in sy laer, alleen op die wêreldpodium, alleen op sy plaas, alleen in die stad, alleen in ‘n ontaarde Christenheid- dit het geen uitwerking op die Afrikaner nie. Isolasie teenoor hom was nog steeds onmoontlik, want sy gees was vry, sy visie is daar gunter.......
WAT WAS SY AARD DAN?
Op die 18e Landsberaad van die Federasie van Rapportryerskorpse in 1979 was een van die twee manne wat referate gelewer het prof. dr. A.J. Pieterse. Die uitvloeisel van dié Landsberaad was ‘n inligtingstuk, “Afrikaner-Volksidentiteit, Ons taak vorentoe”. Prof Pieterse het hier prof. Marius Swart aangehaal wat die eie aard van die Afrikaner só beskryf het:
“Die Afrikaner is, ongeag sy littekens hom deur ander toegedien, iemand met ‘n eie aard, met ‘n beurdrang, met ‘n ordeliewende jeug wat stapels beklim waarvan oupa haas wil duisel. Maar hy kán dit ook doen, want daar is ankers sowel as padwysers. Die Afrikaner ken alle soorte stryd- teen barbaar en imperialis, teen gemoedsaftakelaar en vleitaalkundige. Hy ken die woeling van verraad en omkopery, die krag van volkstrots en die seën van ‘n groter huisgesin.