1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10000403

Besoekers aanlyn

Ons het 34 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE BREË AFRIKANER SE AARD HET VERANDER

altAlleen in sy laer, alleen op die wêreldpodium, alleen op sy plaas, alleen in die stad, alleen in ‘n ontaarde Christenheid- dit het geen uitwerking op die Afrikaner nie. Isolasie teenoor hom was nog steeds onmoontlik, want sy gees was vry, sy visie is daar gunter.......

WAT WAS SY AARD DAN?

Op die 18e Landsberaad van die Federasie van Rapportryerskorpse in 1979 was een van die twee manne wat referate gelewer het prof. dr. A.J. Pieterse. Die uitvloeisel van dié Landsberaad was ‘n inligtingstuk, “Afrikaner-Volksidentiteit, Ons taak vorentoe”. Prof Pieterse het hier prof. Marius Swart aangehaal wat die eie aard van die Afrikaner só beskryf het:

 

“Die Afrikaner is, ongeag sy littekens hom deur ander toegedien, iemand met ‘n eie aard, met ‘n beurdrang, met ‘n ordeliewende jeug wat stapels beklim waarvan oupa haas wil duisel. Maar hy kán dit ook doen, want daar is ankers sowel as padwysers. Die Afrikaner ken alle soorte stryd- teen barbaar en imperialis, teen gemoedsaftakelaar en vleitaalkundige. Hy ken die woeling van verraad en omkopery, die krag van volkstrots en die seën van ‘n groter huisgesin.

Bedreiging en afdreiging het hom tot die knap mens geslyp wat hy is.

 

Alleen in sy laer, alleen op die wêreldpodium, alleen op sy plaas, alleen in die stad, alleen in ‘n ontaarde Christenheid- dit het geen uitwerking op die Afrikaner nie. Isolasie teenoor hom was nog steeds onmoontlik, want sy gees was vry, sy visie is daar gunter, sy versugting is tot God gerig, sy gemoed georden. Dis immers ‘n kenmerk dat die Afrikaner nie gelykvormig is nie. Hierdie eenmanskap sal op die massamens van môre al hoe groter indruk maak en hom na die enkele Afikaner, maar binne eie volk, laat opsien.”

IS DIT VANDAG NOG WAAR

Sekerlik is dit waar van die kern van die Afrikanervolk, maar helaas, dit sou ‘n gruwelike verdraaiing van die werklikheid en die waarheid wees as ons dit van die hele Afrikanervolk sou sê! Sou ons maar net by die sogenaamde onlangse leiers van die Afrikanervolk begin, is daar ‘n klaaglike afwyking van prof Marius Swart se ontleding. As ek hier na leiers verwys is dit nie net politieke leiers nie. Ek sluit hier veral ook kerk en kultuurleiers in wat as aard en meningsvormers, saam met die oorgrote meerderheid van die post-sestiger akademici, ‘n ontsaglike aandeel in die aftakeling van die aard van die Afrikaner soos beskryf deur prof Marius Swart, gehad het en nog steeds het.

WAT HET VERANDER?

Ek wil begin by die tydperk kort na die sluipmoord op dr. Verwoerd. Hoewel dit reeds opgemerk kon word in Eschel Rhoodie se boek, “Die Ware Inligtingskandaal”, hoe sommige van die ambassadeurs in sy afwesigheid dr. Verwoerd in gesprekke met buitelanders beskimp en beledig het, was die aandrang om Maori’s toegelaat te kry om vir die All Blacks teen die Springbokke te speel, die wig wat die apartheidsdeur oop gedwing het. Die padwysers vanuit die geskiedenis en die ankers van Nasionalisme is in die wind geslaan en opgetrek sodat die gevolge van die teenhang van apartheid, nl. Integrasie ons vinnig ingehaal en by die voorspelde swart meerderheidsregering uitgebring het.

Behalwe die ankers en padwysers het die gemoedsaftakelaar en vleitaalkundiges daarin geslaag om met die bloedbad skrikbeelde, isolasie, boikotte en versoeningspraatjies die beginselstandpunte van die Afrikaner laat terugdeins voor omstandighede. Die vry gees van die Afrikaner is gevange geneem deur die belading vanuit die kerke met ‘n skuldgevoel oor die “euwele” beleid van apartheid en die Afrikaner se versugting is verskuif van God af na die internasionale moondhede by wie daar erkenning verkry moet word vir ons reg op voortbestaan! Ons kenmerk van die afwysing van gelykvormigheid is vervang deur menseregte sodat die gelykheidsdogma ons deur getalleoorheersing polities heeltemal ontman het.

Mense soos Nico Smit en Beyers Naude wat verwerplike en lewensvernietigende standpunte gehandhaaf het word vandag as helde vereer. Skrywers wat in die sestigers dekadente leesstof produseer het wat verban was omdat dit as skadelik beskou is, se werke word vandag hoog aangeslaan, sodat die Afrikaner se visie beperk is tot die hede met geen lig daar gunter nie. Dat die massamens van môre met die huidige beeld van die Afrikaner nog binne hulle eie volk na ons sal opsien, is ‘n vraag.

Dit is die kern van die Afrikaner wat sy aard behou het, waarvan dr. D.F. Malan gepraat het toe hy gesê het: “Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar tuis hoort”, en dit is dan ook die Afrikaners wat die AVP bymekaar wil trek. Nie omdat getalle die oplossing vir ons vryheidstryd verteenwoordig nie, maar omdat die behoud van selfrespek, eerbaarheid, moed en veral geloof, die karaktereienskappe is wat onontbeerlik is vir vir die behoud van die eie aard. As die Afrikanervolk weer vry wil wees, sal sy versugting weer na God moet wees. Nie deur die geveinsde en gebruiklike opening van byeenkomste met Skriflesing en gebed nie. Dit doen elke organisasie, selfs as hulle besig is om te knoei om die Afrikanervolk saam te sleep op ‘n pad wat hulle weet dat as dit in die openbaar verkondig word, die Afrikaner nie daarmee sal saamgaan nie.

Die sterkste kenmerk van die Afrikaner was sy Godgebondenheid, soos by Bloedrivier. Dít is waar ons hulp weer vandaan moet kom. Sien u kans vir ons eie aard? Terwyl dit woel in die wye wêreld rondom ons, kom laat ons eers weer ons gees vrymaak, deur ons diensbaarheid aan God, nie met die lippe nie, maar met ons harte. Dan eers sal ons werklik vry wees om ons vryheidstryd as een van siel en een van sin, opnuut te stry sonder enige afhanklikheid van VN, vakbond, volkstaat of watter ander mensemiddel ookal uitgedink kan word.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie