Suid Afrika as die “mees gevorderde Afrikastaat” word bewys deur die moderne, dog uiters kompakte vervoermetode van “vervreemde” goedere soos die foto’s aandui. Slegs in Suid Afrika!

As daar so ʼn verbond bestaan, hoe raak dit in besonder die Afrikanervolk vandag? Is ʼn verbond nie net van toepassing op die teenwoordige persone met wie die verbond, of deur wie die verbond gesluit is nie, soos byvoorbeeld die gelofte van Bloedrivier? Meermale het ons al by Afrikaners wat Geloftedag minag of doodgewoon ignoreer en gaan visvang of iets dergeliks, gehoor dat daar nie namens hom of haar sonder hulle instemming ʼn ooreenkoms of gelofte of verbond aangegaan kan word waaraan hulle onderwerp is nie.
In die beoordeling van politieke gebeure in die wêreld en meer in besonder in Suid Afrika, is dit moontlik dat ʼn Bybelse verbond van tweeduisend jaar gelede, wat gesluit is met bv. die Israelvolk, vandag kan reflekteer op hoe dit in die wêreld en hier in Suid Afrika gaan? In hierdie bespreking laat ek die ongelowige uit aangesien sy mening voor-die-hand liggend behoort te wees synde diesulkes nie in of aan God glo nie.
DEUTERONÓMIUM 27:9,10.
9 Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die HERE geword.
10 Daarom moet jy na die stem van die HERE jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.
ROMEINE 2:29
maar hy is ’n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
DEUTERONÓMIUM 5:29
Ag, as hulle maar so ’n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.
Die gedokumenteerde geskiedenis van die Groot Trek is deur Voortrekkerpers Beperk in verskeie historiese leesboeke onder die redaksie van D.P. Goosen, Prof. F.A. van Jaarsveld, prof. C.F.J. Muller en prof. Theo van Wyk saamgevat en was deurlopend van onskatbare waarde om veral die Afrikanerkind op te voed met die agtergrond van geskiedkundige verloop en gebeure waaruit die Afrikanervolk tot stand gekom en sy lewens-en-wereldbeskouing gevorm is.Een so ‘n boek is getiteld Piet Retief deur Maria Hugo wat die wel en weë van die trekkers en hulle leiers bestryk op só ‘n wyse dat die leser daarvan die verloop van die trek kan meeleef en ook instaat gestel word om in die ordening van sy volkslewe, dit wat nadelig sou wees te vermy en dit wat positief was as boustene te gebruik, soos wat President Paul Kruger inderdaad later as riglyn vir die nageslag aangebied het in sy welbekende laaste boodskap. “Daarom: soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin te ontdek is, vorm daarna u ideaal en probeer om daardie ideaal te verwesenlik. Dit is waar, veel van wat opgebou was, is nou vernietig, verniel en het geval. Maar met eenheid van sin en eenheid van kragte kan weer opgerig word wat nou daar plat lê”.
Die rondborstige bekentenis tot dusver deur FW de Klerk self dat hy fataal gehandel het toe hy die land aan die kommunistiese ANC oorhandig het, word weerspieël in hierdie toespraak op 31 Januarie tydens die Stigting se jaarlikse konferensie in Kaapstad.
Let ook op die waarskuwing wat hy rig oor die rewolusie waarna hy telkens verwys. Vir de Klerk om nadat hy deurlopend vir vier-en-veertig jaar deur WYSE AFRIKANERS gewaarsku was oor dit wat nou besig is om te gebeur, Suid Afrikaners wat nou van Zuma en die ANC se planne kennis gaan neem wys te noem, is om van te stik! Miskien moet dit bygesê word dat dit slegs in Afrika is waar dit ‘n tendens is dat politieke verwaandheid die geneigdheid het om intelligensie te bowe te gaan!
Die hernieude aanslag op die Afrikanervolk se besit, ja, sy totale besit en nie net sy grond nie, word deur die media op elke moontlike forum en by elke moontlike geleentheid bespreek en gedebatteer sodat die Afrikaner se wil tot stryd en verset afgetakel moet word na ‘n gelatenheid wat gelyk is aan oorgee. Dit is by die twintigjarige herdenkingsfunksie van die GHA opnuut gehoor toe een van die lofbetuigers dit onomwonde gestel het dat Blanke Afrikaners nooit weer in beheer van Suid Afrika sal kom nie. Uit ons geskiedenis weerklink egter die geloofsryke en patriotiese Afrikanerleiers se oproep: “Die stryd is eers verby as jy die wil om te stry verloor het!” Die harde kern van die Afrikanervolk sal eers gebreek moet word voor sulke afbrekende en negatiewe retoriek, wat knus inpas by die vyande van ons volk se aanslag, ‘n werklikheid kan word.
Wie se leiding verkies u. Amerika en al die lande wat Uganda veroordeel, of die Woord van God. U keuse mag dalk daartoe bydra om u ewigheidsbestemming te bepaal.
1.I KORINTHIËRS 6:10
Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.