MIGA 6:6-16
6 Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?
7 Sal die HERE ’n welbehae hê in duisende ramme en tienduisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?
Wanneer Afrika as aanskouingsles ignoreer word is jy in Afrika gedoem om deur die Afrika Uhurusindroom oorspoel en uiteindelik verswelg te word.
Die artikel wat op Global Research verskyn het, dui op ‘n intelligente en ingeligte politieke ontleder buite Afrikanergeledere, wat vir veral die liberale Afrikaners wat nog altyd in ontkenning leef, onrustig sal stem en selfs slapelose nagte tot gevolg gaan hê, of hulle van hierdie ontleding kennis geneem het al dan nie.
Wanneer Afrika as aanskouingsles ignoreer word is jy in Afrika gedoem om deur die Afrika Uhurusindroom oorspoel en uiteindelik verswelg te word. ‘n Mens kom opnuut onder dié besef as jy die ope brief van Martin Meyer aan Sunette Bridges lees in Kommentaar en ontleding van Beeld van Vrydag 14 Februarie 2014. Dié DA raadslid is ‘n tipiese voorbeeld van ‘n liberale Afrikaner waaroor ons later meer breedvoerig sal skryf, juis omdat sy leier Helen Zille en Agang se leier, waar ons nou die beste kandidate vir sukses gehad het, demonstreer het hoe multikulturalisme telkens en nou weereens gefaal het!
Dit verg bloedige en brutale aan-die-bas-voel van wat voorspel en by herhaling oor gewaarsku was, wat ‘n liberalis tot nugterheid dwing. Al skryf hulle in satiriese terme oor die politieke gebeure in die “reënboog” Suid Afrika, is die erkenning dat dié sake waarvoor hulle hulle beywer het en die multikulturele samelewing wat hulle probeer skep het, nie werk nie, nie gewerk het nie en nie gaan werk nie, duidelik waarneembaar in hulle huidige artikels en rubrieke.
Die AVP wil benadruk dat wat beide Herman Giliomee en Tim du Plessis nou oor bespiegel, voor-die-hand-liggende uitvloeisels is van die wanstaltige raslose politieke beleid waarmee hulle “apartheid” probeer vervang het in die “enigste en eerste demokrasie” wat Suid Afrika nog beleef het en wat sy beslag in 1994 gekry het. Selfs by de Klerk, Max du Preez en Hellen Zille slaan die ontnugtering nou soos vetkolle deur in hulle geskrifte en uitlatings. Die spotprent in Rapport spreek van politieke nugterheid wat begin deurskemer.
PSALM 1:1-6
1 WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
2 maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.
3 En hy sal wees soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie;
4 en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.
5 Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.
6 Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan
Verkiesingskoors het weer die land beetgepak. Dit gebeur – vir diegene wat vergeet het – elke vier jaar. Koorsagtig probeer politieke partye om mense te oorreed om vir hulle te stem en elke truuk in die boek word gebruik.
Met die voortslepende en al groter wordende chaos in die land is veral sekere Blankes oortuig dat die DA hierdie keer groot vordering gaan maak en die ANC moontlik, behalwe vir die Wes-Kaap, ook in die Noord-Kaap en Gauteng kan troef. Maar selfs die DA besef nou reeds dat hulle weer landswyd tweede gaan kom. Dus, te midde van die totale mislukking van ANC-regering, gaan die meerderheid weer vir die ANC stem!

Die kortstondige liefdesverhouding tussen die DA en Agang faal.
Niks verander nie. Die AVP het al male sonder tal gesê dat ’n geïntegreerde multikulturele reënboognasie nie sal werk nie. Hier waar ons nou die beste kandidate vir sukses gehad het, het dit weereens gefaal. Die ou resep van soort soek soort sal nooit verander nie.
Elke nasie moet homself regeer!
PSALM 12
1 VIR die musiekleier; met basstem. ’n Psalm van Dawid.
2 Red, O HERE, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
3 Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
4 Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
5 hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
6 Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
7 Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ’n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
8 U, O HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.
9 Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.