1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5422821

Besoekers aanlyn

Ons het 45 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

PERSVERKLARING: AANVAL OP CLIVE DERBY LEWIS

27 Februarie 2014

altDie aanval op Clive Derby Lewis in die C-Maks, maksimum veiligheidsgevangenis in Pretoria, reflekteer nie net op die maksimum veiligheid binne daardie gevangenis nie, maar laat ernstige vrae ontstaan oor die rede waarom daar nie parool aan Derby Lewis toegestaan word ten spyte daarvan dat hy volgens elke regsreël daarvoor kwalifiseer nie. Wil die regime hom laat vermoor binne die gevangenis? Clive Derby Lewis wat in sy hele bestaan niemand ooit enige leed aangedoen het nie, wat nog te sê vermoor het, word op 78 jarige leeftyd in hierdie “maksimum veiligheid" gevangenis aangehou terwyl die ergste wat hy gedoen het was om ‘n vuurwapen aan iemand te voorsien wat daarmee ‘n politieke moord gepleeg het.

Die dubbelslagtigheid waarmee korrektiewe dienste Clive se saak teenoor die van ander gevalle hanteer spreek van diskriminasie asook rassisme in die ergste graad. Indien mnr. Lewis se gesondheidstoestand verswak vanweë sy verwonding in die aanval, kan net die regime daarvoor verantwoordelik wees. Sou sy parool toegestaan gewees het toe hy daarvoor in aanmerking gekom het, sou dit hom vrywaar het van hierdie aanval waarvoor daar nou sekerlik allerhande oorsake voorgehou gaan word. In die lig van die onregmatige hantering van sy parool, kan niemand verkwalik word wat gemenespel aflei van die kant van die owerheid se betrokke departemente en amptenare nie.

Om te verhoed dat korrektiewe dienste verdink word van moedswillige verslapping van interne veiligheid sodat mnr. Lewis bereik kon word met die doel om hom op sy hoë ouderdom dermate te beseer dat hy daarvan moet beswyk, moet sy parool aansoek onverwyld toegestaan word. Die vermoë van die regime om ‘n demokratiese bestel te beheer en te bestuur is in die oë van die wêreld al ernstig in gedrang en is Clive Derby Lewis al in ‘n groot mate in die oë van die blanke wêreld ‘n martelaar as gevolg van die wyse waarop die ANC regime hom behandel en nou selfs laat aanval.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie