Ps. 103:1-22
“Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!” (:2)
Wanneer laas het u die HERE, die Almagtige, uit die diepste van u siel geloof net omdat Hy goed is en net omdat Hy, en Hy alleen, God is? U besef dalk met ‘n ontnugtering dat die antwoord hierop miskien “nog nooit nie” mag wees.
Ons leef in ‘n tyd waarin daar deurgaans op mense se gedagtes beslag gelê word. Allerhande mediums word ingespan, hetsy dit die televisie, nuusblaaie, tydskrifte, radio, televisiespeletjies of die internet is. En die krag van die propaganda wat deur hierdie mediums versprei word, word deur die meerderheid mense onderskat.
(Né, Nogal!)
Malema is nie tevrede om net in Suid Afrika koning te probeer kraai nie, hy praat nou sommer vir die hele Afrika! Hy dink seker hy is Jan Smuts, ‘n holis!
Wat uit hierdie aanmatige houding egter duidelik is, is die klimaat wat geskep is deur politieke leiers soos de Klerk en die liberaliste wat Afsonderlike ontwikkeling, oftewel apartheid, as ‘n euwel verklaar en vervang het met rasseintegrasie. Politieke kortsigtigheid is ‘n gevaarlike siekte van ons tyd waaraan die meeste postmoderne politici ly ten koste van hulleself en almal wat deur hulle gelei word.
Die verval, die chaos en die uiteindelike anargie en verlies aan lewens van grootliks onskuldige mense wat met die teenhang van afsonderlike ontwikkeling, naamlik rasseintegrasie die onvermydelike gevolg is, word ontken selfs midde in die ontplooiing daarvan!
Rasse en volke verskil van mekaar. Elke volk het sy eie identiteit, geestesbesit en kultuurgoedere. Getrou aan jou eie en volgens jou eie insigte en omstandighede is die ideaal dat elke volk homself in sy eie land regeer, terwyl jy aan ander gun wat jy vir jouself opeis.
Eiesoortigheid trek dus natuurlike grense tussen volke en eerbiedig dit. Sodoende versterk ‘n gebondenheid in trou aan jou eie volk om as verantwoordelike mens mee te werk aan die welsyn van jou volk en jou land. Enige volk haat dit om deur ‘n ander regeer te word.
Eiesoortigheid omhels nasionalisme sodat elke bevolkingsgroep deur sy eie leiers regeer kan word in sy eie vaderland wat hy lief het. Dit bied ook die enigste oplossing vir volkere-en rassespanning.
Dit is duidelik dat die ongeduld onder die swartes om hulle hande op die blanke in Suid-Afrika se eiendom te lê, aangeblaas word en besig is om momentum te kry. Daar is nou al selfs datums vasgestel op die bo-gemelde sogenaamde imbizo, wanneer ’n totale oorname met geweld sal plaasvind.
Met blatante leuens, soos bv. “We, the landless people who are the rightful owners of this country, its wealth and the land” ... word die swartes opgesweep om gereed te maak om op die blankes toe te sak en hulle eiendom aft e neem.
Die AVP beskou hierdie “deklarasie” van Black First Land First as ‘n openlike oorlogsverklaring teen die Afrikanervolk en waarsku die swartes wat aanklank vind by hierdie soort uiters onverantwoordelike opswepery dat hulle nie deur hierdie kriminele elemente in hulle geledere op sleeptou geneem moet word nie. Die uitvoering van hierdie “deklarasie”, sal met bloed gepaard gaan van duisende onskuldiges wat hulle deur sulke leuens laat beïnvloed.
Dit is duidelik dat nie Malemma se hofaansoek vir ‘n staat van beleg, of die mosie van wantroue in die parlement en die mees onlangse poging binne die Nasionale uitvoerende gesagsliggaam van die ANC (NEC) om Zuma as president uit die saal te lig, geslaag het nie.
Wat bly dus oor? Die Johan Heyns opsie? Waarom sou die AVP bereid wees om oor so ‘n drastiese maatreël te spekuleer? Dit is lank reeds duidelik dat die magte wat van die NP gebruik gemaak het om hulle leier te laat vermoor op 6 September 1966 en hulle daarna oortuig het om ook hulle land Suid Afrika aan ‘n spul rowers en moordbendes te oorhandig, meedoënloos is en nie stuit voor moord nie!
Job 12:7-12
“MAAR vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee; of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel. Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?” (:7-9).
Elke mens moet tog op een of ander stadium in sy lewe stil raak en homself die vraag afvra waar alles wat hy rondom hom sien sy oorsprong het. Daar bestaan tog niks op aarde wat sommer maar net vanself ontstaan het nie. Dink byvoorbeeld aan die huis waarin u woon. Dit was tog nie net eendag opslag daar vir u om in te woon nie – dit moes natuurlik eers gebou word. Alvorens die huis gebou kon word, moes die boumateriaal soos die sement en bakstene eers vervaardig word. En in die vervaardigingsproses van hierdie materiaal is meestal grondstowwe soos water en grond gebruik wat deur die aarde opgelewer is. Maar waar sou die aarde dit tog vandaan kry om dit aan die mens te kon lewer?
MNR. DE NOOIJER: "DIE ENIGSTE DOEL WAT ONS BEOOG IS 'N DISKUSSIE OOR DIE ISLAMIDEOLOGIE".
Op Maandag 8 Mei het die SGP jeug afdeling Elburg -Oldenbroek 'n plakkaat vertoon waar deelnemers genooi word na 'n diskussie aand op 23 Junie met as onderwerp: 'Is de Islam een bedreiging voor Nederland? Daar was al vinnig kritiek op hierdie plakkaat en daar word beskuldigings geuiter dat die jeug afdeling Moslems stigmatiseer. Ons sal voorsitter mnr. Tom de Nooijer vrae stel oor die bohaai: