Hierdie soort joernalistiek wat gerig is op die skep van verwagting wat nooit sal realiseer nie, is seker een van die verwerplikste propaganda metodes wat van meet af aan deur sogenaamde “regse” politieke organisasies gebruik word om die Afrikaner te paai dat daar in hulle belang opgetree word terwyl die teendeel waar is.
Die VF Positief (soos in HIV positief) is ‘n gekontamineerde beginsellose politieke party wat terminaal besmet is met ‘n gees van misleiding waarmee ‘n deel van ons volk op sleeptou geneem word.
Organisasies wat in hierdie berig genoem word was die Afrikaner nog nooit goedgesind nie. In teendeel, nog altyd uiters vyandig gesind!
Stellings soos: “ goedgeformuleerde resolusie”,.... “ Groenewald het o.m. in 'n gedetailleerde uiteensetting”, ..... “selfbeskikking dui op die regsreg van mense”.....”Selfbeskikking is 'n kernbeginsel van die internasionale reg, voortspruitend uit die gewoontereg van die internasionale reg”, is alles ‘n fluit in ‘n stormwind!
SGP FAKSIEVOORSITTER MNR. JAN KROONEMAN: "NA MY SIENING HET DIE SG. 'NUWE' SUID-AFRIKA MIN GOED GEBRING.
HIERDIE IS DEUR DIE SOSIALISTE EN LINKS LIBERALE AFGEDWING MAAR NOU DIT 'N CHAOS IS, IS HULLE TJOEPSTIL".
Geagte lesers. Toe ons begin Junie die genoë had om mnr. Krooneman vrae te stel oor die handhawing van die Sondagsrus in sy stad Elburg, het hy ons toevertrou dat hy ook baie lief is vir die ou Suid-Afrika. Na aanleiding hiervan het 'n nuwe insiggewende vraaggesprek plaasgevind.
"Meneer Krooneman u gaf al aan in de titel dat dat zogenaamde 'nieuwe' Zuid-Afrika in uw ogen weinig goed heeft gebracht. Zou u dit nader kunnen specificeren?"
"Na de afschaffing van de apartheid en het verdwijnen van de blanke regering van F.W. de Klerk is Zuid-Afrika langzamerhand afgegleden van het meest welvarende land van het Afrikaanse continent, tot een arme, chaotische bananenrepubliek".
Horende doof en siende blind is hulle wat saam met de Klerk in ontkenning leef oor die chaos wat hulle in Suid Afrika ontketen het en steeds probeer instand hou! In die vorige artikel van die leier van die AVP is daar gewys op die konflikterende uitgangspunte tussen verskillende rasse.
In die onderstaande berig word die beskawingsreël van verantwoordelike besluitneming, meriete, bekwaamheid, geregtigheid en nog ‘n hele mandjie vol noodsaaklike ordereëls eenvoudig veronagsaam, selfs ten koste van moontlike lewensverlies. Moedswillig bloot om eie sin en eie wil af te dwing in die misbruik van outoriteit! Nie ‘n rariteit nie maar ‘n hele land vol van hierdie soort onaanvaarbare optrede wat nie in ‘n beskaafde samelewing tuis hoort nie.
Nóg ‘n bevestiging van die korrekte beleid van afsonderlike ontwikkeling! Die liberale wêreld in die algemeen en die plaaslike liberaliste in besonder, kan poog soos hulle wil, maar die ongeskrewe wetmatigheid dat rasverskil binne ‘n Westerse regeerstelsel nie werk nie word opnuut hier bevestig! Die feit dat dit al vir eeue beproef en telkens vanweë die bestaande verskil in kultuur, taal en godsdiens tot konflik lei, word aanhoudend ontken tot nadeel van elke geskrewe en ongeskrewe beskawingsreël wat geordende samelewing vereis.
Die bewys dat dit slegs kan slaag deur middel van afsonderlike ontwikkeling is nie net deur Suid Afrika sedert 1948 bewys nie, maar word nou ook deur die hele Europa se multikulturele, onbybelse rasvermenging wat dreig om Europa te verswelg, bevestig!
Spreuke 1:20-33
“Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie, van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het, daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne. Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;” (:29-32).
As jy die Rand Daily Mail op 30 Julie 1966 sou oopslaan, sou jy bes moontlik die volgende daarin raakgelees het. “The nation is suffering from a surfeit of prosperity...”“He can claim that South Africa is a shining example of peace in a troubled continent, ...” En is dit nie presies wat die Woord van God ons leer hoe dit met ‘n land sal gaan onder ‘n heerser wat in die vrees van God wandel nie? “Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: ‘n Heerser oor mense, ‘n regverdige, ‘n heerser in die vrees van God, is soos die môrelig by sonsopgang,
Hierdie artikel volg op ‘n vorige aanverwante artikel, “Oppas vir Jan Gaps”
Indien u ‘n belastingpligtige binne die (huidige kleptokratiese) Republiek van Suid-Afrika is, sal u uself dalk met die inligting in hierdie artikel wil vergewis. Dit behoort aan u die basiese kennis te bied oor wat u te doen staan in die geval waar u met ‘n onaangename (foutiewe) belastingaanslag verras word, hetsy in u persoonlike hoedanigheid of as die eienaar van ‘n sakeonderneming.
Ons moet dalk begin met die volgende algemene vraag: “Wat is ‘n hersiene belastingaanslag?” ‘n Hersiene belastingaanslag sal deur die SAID uitgereik word in die geval waar die kommissaris daarvan oortuig is dat die aanvanklike belastingaanslag nie die toepassing van relevante belastingwetgewing korrek weerspieël nie.
In ‘n artikel wat Phephelaphi Dube, Regsbeampte van die Sentrum vir Grondwetlike Regte geskryf het oor wat die rooimiere moet weet in hulle uitsetting van moedswillige plakkers, is dit belangrik om te kyk na waar die oorwig van menslikheid se klem geplaas word.
Volgens die regsbepalings afgelei uit die onderhandeldegrondwet is dit duidelik dat wat voor die aanslag op die grondwet van 1961 reg was, nou verkeerd is. Dit het geleidelik begin met die 1983 grondwet en volledig beslag gekry met die grondwet wat met die ANC deur die de Klerk onderhandelaars bereik is.
In die proses van onwettige besetting van eiendom, is die wet aan die oortreder se kant ten koste van die eienaar van die eiendom. Dit is byvoorbeeld onwettig om moedswillige plakkers van jou grond aft e sit, veral as dit in die winter is, want die bloedjies kan dalk verkluim.