1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4421920

Besoekers aanlyn

Ons het 107 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

BEWYSE VAN DIE ONWERKBAARHEID VAN DIE REËNBOOGNASIE KONSEP IS LEGIO.

ONTKENNINGHorende doof en siende blind is hulle wat saam met de Klerk in ontkenning leef oor die chaos wat hulle in Suid Afrika ontketen het en steeds probeer instand hou! In die vorige artikel van die leier van die AVP is daar gewys op die konflikterende uitgangspunte tussen verskillende rasse.

In die onderstaande berig word die beskawingsreël van verantwoordelike besluitneming, meriete, bekwaamheid, geregtigheid en nog ‘n hele mandjie vol noodsaaklike ordereëls eenvoudig veronagsaam, selfs ten koste van moontlike lewensverlies. Moedswillig bloot om eie sin en eie wil af te dwing in die misbruik van outoriteit! Nie ‘n rariteit nie maar ‘n hele land vol van hierdie soort onaanvaarbare optrede wat nie in ‘n beskaafde samelewing tuis hoort nie.

Wat anders het diegene wat vir hierdie soort verandering gestem het, verwag om te kry? Wat verwag diegene wat hulle nou nog besig hou met saampraat, saamwerk en saamstem, gaan verander? Want saam bereik ons mos meer,( in ‘n Ubuntubenadering, we are One!). Sal na 22 jaar se mislukte pogings wat in die blanke, maar meer nog in die Afrikaner se belang moes wees, bereik kan word in die lig van die ophopende bewyse van die teendeel? Indien van ja, moet so iemand dringend by ‘n kopdokter uitkom! Kry sommer by professor de Vries ‘n verwysing. Die skuld lê nie by Zuma of die swart ras nie. Die skuld lê by die oorblywende blanke ondersteuners van die Nuwe Suid Afrikakonsep!

Hoë van radiologie bedank. Mediese werk glo gekniehalter

  • Volksblad 10 Jul 2017 Charné Kemp

Prof Coert de Vries Prof de Vries heel links

Nog ’n verpletterende terugslag het die Vrystaatse gesondheid-sektor getref deurdat prof. Coert de Vries, hoofradioloog van die Vrystaatse departement van gesondheid en ook hoof van die departement radiologie aan die mediese fakulteit van die Universiteit van die Vrystaat, met onmiddellike effek bedank en uit sy kontrak getree het.

Hy was sewentien jaar in diens van die universiteit en die departement.

Sy bedanking Vrydag spruit uit onuithoudbare werksomstandighede en finansiële verliese sedert ’n hofsaak wat vroeër vanjaar in sy guns beslis is.

In sy bedankingsbrief noem De Vries die voortdurende sabotasie waardeur die professionele uitvoering van sy pligte en verantwoordelikhede bemoeilik word. Hy het ten spyte van moeilike omstandighede geglo dat sy dienste van waarde is.

’n Diepte-ondersoek na die sogenaamde oortredings wat hy sou begaan het, is ook nog nie afgehandel nie. Daar is steeds nie met De Vries hieroor gekommunikeer nie.

De Vries skryf in sy bedankingsbrief dat hy lank gelede aansoek gedoen het om die aanstelling van ’n departementele sekretaresse by die departement van kliniese beeldingsweten-skappe waarvan hy die hoof was. Sy “redelike versoek” is geignoreer. Vir hom is dit ’n verdere aanduiding van die sabotasiepogings wat hom verhinder om sy pligte en verantwoordelikhede professioneel uit te voer.

Hy het ná sy sabbatsverlof sy bedanking ingedien om teen die einde van September sy laaste dag te werk.

Hy het Vrydag egter onmiddellik bedank weens die departement se opeenvolgende optrede en nie-optrede, wat sy werksomstandighede onmoontlik gemaak het.

Regter Johann Daffue het vroeër vanjaar ’n bestraffende kostebevel teen die LUR vir gesondheid gegee toe hy twee voorlopige interdikte bekragtig het waarvolgens die radioloë De Vries en Vennote ongehinderd mag voortgaan met hul private praktyk in die Universitas-hospitaal in Bloemfontein, hangende die afhandeling van ’n ander hofgeding oor hul huurkontrak.

Dit het gevolg op gebeure aan die einde van Julie verlede jaar toe dr. B.A.F. Benganga, die waarnemende hoof van kliniese dienste van die Universitas-hospitaal, by ’n teater ingestap het waar De Vries ’n operasie wou doen. Die pasiënt was al onder narkose.

Die slotte aan die deure van De Vries se praktyk is ook verander en gesluit en van die praktyk se eiendom, soos rekenaars, is verwyder.

Regter Daffue het gesê Benganga het die oggend van 29 Julie verlede jaar soos ’n bul in ’n glaskas opgetree. Hy wou die private praktyk toemaak.

Benganga het nie opgehou met sy optrede ná die eerste hofbevel nie, maar dit die volgende oggend voortgesit. Die regter het sy optrede as aanmatigend, arrogant en aggressief beskryf.

Regter Daffue het gesê al die vennote van De Vries en Vennote het besondere skaars vaardighede verwerf. Daagliks behandel hulle sowat 200 pasiënte van die Vrystaat, Noord- en Oos-Kaap en Lesotho.

Benewens De Vries en dr. Eugene Loggerenberg is daar net vyf ander spesialiste in die land wat van die operasies kan doen.

“Die Universitas-hospitaal kan nie bekostig om dié vaardigheid en ervaring van hulle en hul ander vennote te verloor nie. Uiteindelik sal die publiek daaronder ly,” het regter Daffue gesê.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie