Dit is lank reeds algemene kennis dat die Suid Afrikaanse Reserwe Bank deel vorm van ‘n wêreld netwerk van reserwe banke onder die beheer van ‘n klein groepie geldmagnate alom bekend as die “geldmag”.
Dit is verder ook bekend dat in feitlik elke land waar die reserwebank nie deur die geldmag beheer is nie maar deur die regering self, daardie regeringshoof vermoor is.
Die funksie en beheer van ‘n reserwebank is die kerninstrument in die geldmag se beheer van die wêreldekonomie, energiebronne en regeringstelsels.
Terwyl die terreuraanslae van die afgelope paar weke in Manchester, Westminster en London Bridge hoofsaaklik van erkende Moslems op Britte was, was hierdie naweek se aanval, ook met ‘n voertuig, die omgekeerde. ‘n Brit wat in ‘n klomp Moslems wat van die Moskee afgekom het, vasgejaag het terwyl hy volgens berig geskree het, “ek wil alle Moslems doodmaak”
Die beleid van integrasie wat deur die Britte op ons afgedwing is nadat hulle die Afrikanervolk nie militêr of polities kon onderdruk nie, het vir hulle gewerk toe die getalle in Brittanje nog in hulle guns was.
Nou is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Die Moslems is nog nie eens in die meerderheid in Brittanje nie en die onverdraagsaamheid wat aangevuur word deur kultuur en veral godsdiensverskille, is reeds besig om die Britse omgewing dermate te vertroebel dat geweld toenemend hulle gemaksone in vrees omskep het.
1 Johannes 2:3-17
“Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook te wandel soos Hy gewandel het.” (:6).
Die vleeswording van Jesus Christus was nie alleen om vir ons sondes te sterf nie. Hy het ook vir ons die voorbeeld van ‘n onberispelike lewenswandel gestel.
Nadat Jesus Christus die smaad van ons sonde gedra het en ter wille van ons ongeregtighede gesterf het en ook die dood oorwin het, het Hy na die Vader opgevaar. Hy het egter net voor Sy Hemelvaart aan Sy dissipels die opdrag gegee om die evangelie aan die wêreld te verkondig. Sy opdrag was dat Sy dissipels ook van ander mense volgelinge van Hom moet maak. “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, . . .” (Matt. 28:19).
16 Junie is die datum waarop een van die laakbaarste onregte in die geskiedenis van die mensdom gepleeg is.
Op dié datum in 1900 het Frederick Roberts, aanvoerder van die Britse invalsmagte in Transvaal en die Vrystaat, sy verfoeilike Proklamasie 5 van 1900 uitgevaardig.
Die proklamasie was ‘n erkenning dat die Britse oormag van ‘n halfmiljoen soldate nie die minder as 55 000 Boereburgers op die slagveld kon baasraak nie en dat die Engelse voortaan hulle militêre mag op ‘n sagter teiken sou konsentreer: Boerevroue en -kinders.
Uiteindelik het Engeland 3 000 vroue en 24 000 kinders koelbloedig in konsentrasiekampe doodgemartel.
deur Leonard van der Dussen
Die kampusrektor van die NWU Potchefstroomkampus, professor Fika Janse van Rensburg het op 6 Junie 2017 ‘n openbare gebed gedoen op die kampus vir studente in die eksamens. As so iets in Afrikaanse konteks gebeur, was dit voorheen onnodig om te verduidelik dat hierdie gebed gedoen is aan die drie-enige ware God en in die Naam van Jesus Christus gebid is en des te meer, as daar op die kampus van die gewese PU vir CHO (Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys) gebid word, was christelikheid vanselfsprekend.
Hierdie gebedsgeleentheid was egter anders: daar is by dieselfde geleentheid ‘n Moslem-gebed gedoen; die Christen omarm letterlik (foto’s in die Potchefstroom Herald) en figuurlik die Moslem, waar laasgenoemde nie die Bybel, die Woord van God bely nie, en Christus misken.
Media
Gepubliseer op 14 Junie 2017 | Geskryf deur Danie Varkevisser | | | Trefslae: 2386
Dit gebeur nou gereeld dat daar gesprekke plaasvind tussen die ANC/SAKP regime en Afrikaanssprekendes waar dan los en vas van Afrikaners gepraat word asof hierdie Afrikaanspratende persone die Afrikaners verteenwoordig en dan namens die Afrikanervolk praat.
Laat ons nou ten enemale hierdie saak duidelik en onomwonde stel: Die gesprekke wat plaasgevind het en weer, soos berig in Beeld van Vrydag 4 Maart 2011 tussen die Sekretaris-generaal van die ANC en verteenwoordigers van wat genoem word, “tradisionele Afrikaner-organisasies, mag dalk aanspraak kan maak dat hulle namens die "Afrikaanses" praat, maar hulle praat ongetwyfeld nie namens die Afrikanervolk nie!
Die AVP is van mening dat die tweeduisend-agthonderd twee-en-negentig lesers wat blootgestel was aan die bogenoemde artikel wat in Februarie 2011 op hierdie webblad verskyn het, nie naastenby genoeg was nie en pleit dat u wat nou weer hier lees dit wyd sal versprei in die lig van die ontwikkeling in Suid Afrika.
Die antwoorde per hedendaagse definisie is kort en kragtig:
Rassisme is enige kritiek teen enige stommiteit wat die regime begaan.
Demokrasie is Swart Meerderheidsregering (Majority Rule).
Wat dit vir die Blanke in die algemeen en vir die Afrikanervolk in besonder hier in Suid Afrika beteken, het veel meer om die lyf as bloot hierdie nuut geformuleerde definisies! Gebeure in veral Libië waar Muamar Ghadafie verbete aan sy 41 jaar millitêrbeheerde bewind vasklou, hou vir ons ‘n les in.
Military fighter jets fired live ammunition at protesters Monday as they marched on Ghadafi's Tripoli compound, eyewitnesses told Al Jazeera. There was no independent verification of the report.