1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4535777

Besoekers aanlyn

Ons het 73 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

TERREUR IN ENGELAND NIE MEER EENSYDIG NIE.

Brittanje se immigrante gevolgeTerwyl die terreuraanslae van die afgelope paar weke in Manchester, Westminster en London Bridge hoofsaaklik van erkende Moslems op Britte was, was hierdie naweek se aanval, ook met ‘n voertuig, die omgekeerde. ‘n Brit wat in ‘n klomp Moslems wat van die Moskee afgekom het, vasgejaag het terwyl hy volgens berig geskree het, “ek wil alle Moslems doodmaak”

Die beleid van integrasie wat deur die Britte op ons afgedwing is nadat hulle die Afrikanervolk nie militêr of polities kon onderdruk nie, het vir hulle gewerk toe die getalle in Brittanje nog in hulle guns was.

Nou is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Die Moslems is nog nie eens in die meerderheid in Brittanje nie en die onverdraagsaamheid wat aangevuur word deur kultuur en veral godsdiensverskille, is reeds besig om die Britse omgewing dermate te vertroebel dat geweld toenemend hulle gemaksone in vrees omskep het.

Islam in EngelandDie afgelope paar dekades se liberale leiers in Engeland wat die versoeningsbenadering met oop grense en multikulturele integrasiebeleid gevolg het, se buitelandse toepassing vir strategiese en handelsvoordele, is nou kennelik besig om hulle in te haal. Die AVP sal nie verbaas wees indien dit later bevind word dat die woonstelgebou waarin meer as vyftig mense dood is, ook terreurverwant is nie.

Hulle probleem is egter hulle bloedverwante wat opgevoed en geskool is om multikulturalisme te aanvaar en te bevorder. Hulle word gesteun deur die Moslem burgemeester van London se aanhaling: “"Rampant Islamaphobia has been on the rise for a number of years and those on the far right have perpetuated hatred against Muslims."They should be called out for their hatred. "The days ahead will be difficult, but with unity and tolerance we will prevail. We will not allow these far right extremists to divide our diverse communities. "Enough is enough, my condolences and prayers for all the victims and their families. They are in my prayers."

Hierdie onnatuurlikgekweekte verdraagsaamheid is nou al oral bewys, werk net totdat die demografie verander het. Die ellende wat dan vir die inheemse bevolking voorlê, kan nie beter illustreer word as die huidige toestand in Suid Afrika nie. U kan diie aanhalings lees by Sky News - ‎19‎ ‎June‎ ‎2017 onder die opskrif:

PM SAYS VAN INCIDENT IN LONDON'S FINSBURY PARK 'POTENTIAL TERROR ATTACK'

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie