1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4535784

Besoekers aanlyn

Ons het 78 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

THERESA MAY SE VERVROEGDE VERKIESING BRING SKADE VIR DIE KONSERWATIEWE PARTY

Theresa May British Prime Minister 2Die algemene media ontleding in Brittanje oor die uitwerking van die Eeste Minister van Brittanje, Theresa May se vervroegde verkiesing is negatief. Negatief vir die Konserwatiewe Party (Tories) met 318 setels maar positief vir die Arbeiderparty onder die nuwe leierskap van Jeremy Bernard Corbyn sedert 2015 met 262 setels. May se aansien het aansienlik skade gelei en kan sy moontlik vervang word wat nog ‘n verkiesing tot gevolg sal hê.

Die koalisie met die DUP,(Democratic Unionist Party) van Ierland wat die Tories in die saal moet hou, kan egter eise meebring wat hulle aansien verder skade kan berokken as David Cameron se affiniteit vir selfde geslag huwelike en Homoseksuele regte die meerderheid Tories se voorkeur is. Die DUP is verbete teenstanders daarvan asook van aborsies waarin hulle ‘n weersin het.

John Vorster en Henry KissingerDie hou van vervroegde verkiesings is in die algemeen meesal wanneer ‘n leier en sy of haar party die gewaarwording het dat daar ‘n groeiende weerstand teen hulle aan die ontwikkel is. Om dan ‘n verkiesing te vervroeg is ‘n strategie om beheer te probeer behou voordat genoegsaam weerstand opgebou het om hulle in ‘n verkiesing te verslaan.

Die ongelukkigheid wat in Engeland aan die opbou is, is reeds gedemonstreer in die referendumuitslag wat bepaal het dat Engeland uit die Europese Unie moet onttrek. Die onlangse terreuraanvalle as gevolg van die Engelse regering se integrasie en oopgrens beleid is besig om die weerstand teen die regering vining te laat opbou.

In Suid Afrika was dit die praktyk wat deur John Vorster en de Klerk gebruik is om die regse weerstand te fnuik deur vervroegde verkiesings te hou teneinde aan bewind te bly totdat hulle agenda voltooi was. Die ergste vorm van misbruik van hulle mag was om selfs die laaste referendum wat hulle oorgawe aan ‘n klomp terroristiese Kommuniste in die wiele sou ry, glad nie te hou nie.

Ten spyte daarvan dat dit in Hansard opgeteken is dat hulle dit sou hou om die kiesers die geleentheid te gun om hulle uit tespreek oor die grondwet wat die Afrikaner van sy erfenis sou ontneem, het hulle dit bloot ignoreer.

Dit laat ‘n mens wonder wat in die mou gevoer word met die Engelse volk.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie