Wat meer is, wat is daar van getallepolitiek wat die hofaansoekers vir geheime stemming in die parlement, nie verstaan nie? Die uitvloeisel daarvan in praktyk is só elementêr dat selfs Zuma dit verstaan en goed verstaan!
In die ontplooiing en toepassing sedert 1994 is dit duidelik dat behalwe vir die ware nasionaalgesinde Afrikaners wat daarteen gewaarsku het en nie daarvoor gestem het nie, Zuma en sy ANC kaders strate meer van die politiek af weet as al die blankes wat oortuig was dat hulle die regte pad volg. Dat hulle die morele hoë grond beset terwyl die sg. Regses ‘n bedreiging inhou vir die veelgeroemde “eerste democracy” in Suid Afrika.
Behalwe dat hy begin knor en tande wys vir die swart lakeie wat ge-oormerk is om hom uit die kussings te lig, verduidelik hy grondig van hoe getallepolitiek nou eintlik werk, noudat hulle nie meer daarvan hou nie!
Dit is interressant om te merk hoe en waar die politieke gebeure se oorsprong en gevolge waaroor ons al sedert 1969 gewaarsku het, nou oral soos masels uitslaan! Hoewel die AVP nie met alles saamstem in die artikel hier onder nie, is dit verblydend om te sien dat daar ontwaking is.
Vrugtelose pogings om die Afrikanervolk te oortuig om nie ja te stem in die 1993 Referendum, in 1982 om nie die KP te stig maar eerder by die HNP aan te sluit, nie die Volkstaat ontvlugtingsbenadering te ondersteun nie maar eerder de Klerk te stuit deur ’n verkiesing af te dwing, was die sleutel tot die destydse NP se sukses om ons volk uit te verkoop.
Die fout om nie die regte politieke weg te volg terwyl ons in ’n magsposisie was, was die sluitsteen vir die onderwerping van die Afrikanervolk aan ’n magtelose terroristebende wat nooit ’n oorlog teen ons sou kon wen nie.
Die vraag wat ontstaan het, is of die waarneming van die voorspelde chaos nou terwyl ons in ’n oënskynlike magtelose toestand verkeer en die bekendmaking van die oorsprong daarvan, mosterd na die maal is, is die AVP se antwoord onomwonde. Nee!
Die opskrif van nuus24 oor Genneral Motors se besluit om aan Suid Afrika te onttrek, word in Nuus 24 as ‘n mosie van wantroue in Suid Afrika beskou.
In die vyftig en sestigerjare het jong seuns lekker gestry oor wie se pa dan nou ‘n beter voertuig ry. ‘n Chev of ‘n Ford. Dit was amper soos die verskil tussen Sap en Nat! Dat GM vir baie jare deel van Suid Afrika se motorhandel was en nou totaal onttrek, het meer as net ‘n swak ekonomie as oorsprong vir die onttrekking.
Sedert 1926 was GM in Suid Afrika betrokke. Hoewel dit nie gesê word nie, speel politiek ‘n belangrike rol in GM se besluit.
Hebreërs 1:1-14
“NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.” (:1&2).
In plaas daarvan dat ons vra of God vandag nog met ons praat kan ons dalk eerder vra of ons as mense dalk al geleer het om na Hom te luister. Sedert die Skepping het God Homself met die mens bemoei en Sy betrokkenheid in die mensdom is regdeur die Skrif vir ons baie duidelik. Ongelukkig is die mens se onwilligheid om in ootmoed na God te luister regdeur die Skrif net so duidelik waarneembaar.
Ons dink dan aan die Ou Testamentiese tydperk waarna terugverwys word in vers 1 van ons gelese gedeelte. In hierdie tyd het God op verskillende maniere tot die mens gespreek o.a. deur die mond van profete.
In ‘n onderhoud met Marion Scher in 2011 kom daar uit die perd se bek inligting wat ‘n mens insae gee in die onverklaarbare verraderlike optrede van Botha tydens sy termyn as minister van buitelandse sake in Suid Afrika.
Die man wat gekies was om die belange van ons land in die buiteland te behartig tot ons voordeel. Sy veragtelike optrede, veral gesien in die lig van die sege in die Internasionale hof oor Suid Afrika se voogdyskap van Suidwes Afrika, was onbegryplik!
Die lig begin deurskyn in sy opmerking in die onderhoud met Marion Scher, toe hy verklaar:
Kan dit wees dat die bandeloses vermoed dat Zuma “gaan val” in ‘n moontlike geheime stemming en daarom so vinnig en so veel as moontlik te vat? Sonder vergoeding? Of sien ons hier die begin van anargie, gebore uit die chaos van die onbestaanbaarheid van ‘n veelrassige regering?
Sulke argelose blatante middelvinger optrede vir reg en geregtigheid kan eintlik nie anders vertolk word as anargie nie! In géén land of staat waar daar wet en orde is en dissipline toegepas word, is sulke optrede epidemies soos in die Nuwe Suid Afrika van de Klerk en kie nie!
In die “modernste” “democracy” in die wêreld, soos wat dié gemors in Suid Afrika geroem word en waarvoor daar sommer twee nobelpryse toegeken is, is die benoeming van misdaadmekka van die wêreld, heeltemal ontoereikend. ‘n Refleksie op die intelligensie van elkeen wat daaraan deel gehad het, die wat nou nog deel daaraan het en sommer op elkeen wat nie in verset daarteen is nie!
Die halstarrige weiering van die liberalis om uit die lesse van die geskiedenis te leer, het ook sy onmiskenbare gevolge. Met die ondersteuning van die magte van die duisternis wat weet hoe om gebruik te maak van onreg, wetteloosheid, grensloosheid en in die algemeen die afbreking van alles wat met orde en dissipline te maak het, ploeter hulle voort met allerhande akademiese en geestelike fabrikasies van menseregte waarom hulle benadering dan nou beter sou wees as die “onreg” van ‘n bedeling wat werk!