Neem kennis van Coligny se gebeure en wees paraat en gereed om jouself en jou eiendom te verdedig! Die regime het nou duidelik daar bewys dat hulle nie die wil het om jou te beskerm nie! Die polisie staan op 'n bondel en kyk hoe die winkels beroof en vernietig word sonder om op te tree! Ons is duidelik op onsself aangewese vir beskerming en verdediging!
’N AMNESTIE-TYD van ses maande waarin Suid-Afrikaners hul vuurwapens by die polisie kan indien, is deur die kabinet aangekondig. Dit sal duur tot 30 September.
Intussen het die SAPD in Kaapstad op 11 April begin met grootskaalse deursoeking van huise en intimidasie van wapeneienaars in veral die woongebiede Durbanville en Kraaifontein.
MNR. VAN HEES: "ONS CHRISTELIKE TRADISIES STAAN OP DIE SPEL OMDAT DIT MOSLEMS PLA"
Dit is jare lank 'n Nederlandse en Vlaamse tradisie dat kinders 'n kruis meedra in 'n optog om op hierdie wyse uiting te gee aan die Paasfees. Drie dae gelede het christelike skole in die stad Den Haag besluit om die bokant af te kap sodat moslemse kinders nie moeilikheid sou kry as hulle met die kruise loop. Die Party vir die Vryheid is baie ongelukkig oor daardie dwaasheid en het 'n spoeddebat aangevra. Ons het 'n vraaggesprek met mnr. Elias van Hees van die Haagse PVV faksie.
"Meneer van Hees wanneer vernam u voor het eerst van het afbreken van het bovenste deel van de kruizen?"
Die opinie van Flip Buys soos weergegee in die Pretoria News, 25 Maart 2017, is van belang in die diskoers oor die politieke-, maar ook die voortbestaan van die Afrikaner as ‘n volk in Suid Afrika.
Buys spreek sy mening uit na aanleiding van: “Journalist Yusuf Abramjee’s complaint that the Afrikaans student residence, De Goede Hoop, discriminates unfairly on the grounds of race”. ‘n Bewys dat die lyne van verdeeldheid in die land steeds diep sny, aldus Buys.
Die opinie van Buys het dit dus ten eerste nie teen Abramjee se veragtelike “aanspraak” op die blankes se regmatige besit, en die legitieme besetting en benutting daarvan nie, maar wel teen die feit dat daar steeds sigbare en hoorbare diep verdeeldheid bestaan.
Die ontkenning van die liberalis van die God’s beginsel van verskeidenheid en geskeidenheid setel in sy beterweterigheid wat uiting moet kry in ‘n swak akademiese gebrabbel oor eenheid in diversiteit.
Lukas 24:1-12
“Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was: Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan. En hulle het sy woorde onthou.” (:6-8).
Ek neem u graag ‘n entjie terug na die tyd voor Jesus se kruisiging toe Hy nog in Galiléa was. “En terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense; en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy opstaan. En hulle het baie bedroef geword.” (Matt. 17:22&23). Dit is duidelik dat die dissipels wel gehoor het wat Jesus met hulle gespreek het aangesien sy woorde hulle bedroef gemaak het.
Voordat u blootgestel word aan Melanie Verward, (oeps!) se “ongelooflike politieke insig” wat sy voorstel as die enigste redding vir die huidige Suid Afrika, waarmee die liberale huisvesting waarvan sy deel was, met ywer saam met die ANC die suksesvolle ou Suid Afrika ten alle koste wou vervang, net enkele opmerkings van die AVP in reaksie op haar aangebode oplossing.
Haar stelling dat Suid Afrika gered moet word, beteken dat sy openlik erken dat Suid Afrika besig is om tot niet te gaan! Dat daar tweedens, volgens haar net een enigste metode is wat tot Suid Afrika se redding kan lei, dui op die kompleksiteit asook die dringendheid van die bedreiging wat Suid Afrika in puin kan lê.
Verder is die “briljante” gevolgtrekking van Melanie, dat die enigste oplossing is dat almal by die ANC moet aansluit.
Aanvalsgewere, handgranate en millitêre toerusting in Augustes verlede jaar van die Simonstadse Vlootbasis en nou R4’s en ammunisie van die militêre basis Harare in Khayelitsha Vrydag 14 April 2017.
In die 2013/14 en 2014/15 boekjare antwoord die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, was daar 33,000 patrone en 18 vuurwapens vermis. In 2011 het Nuus 24 berig dat sedert 2004 daar nie minder as 20,429 wapens van die polisie vermis geraak het.
Die AVP is van mening dat ons hier slegs die punt van die ysberg sien.
Joh. 12:20-50
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.” (:24).
As ek waarlik wil lewe moet ek eers sterwe. . . Dit is tog nie moontlik nie – die dood is dan die einde van alles? Dit is tog waarom soveel mense ‘n onbeheersde drang na pret en genot het, want hulle wil soveel as moontlik daarvan kry voordat die geleentheid finaal verby is. “maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink, met die woorde: Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.” (Jes. 22:13).