1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4494674

Besoekers aanlyn

Ons het 127 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

STREK JOU UIT NA WAT VOOR IS

BybelNúmeri 14:1-45

“Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens en wat Ek onder hulle gedoen het?” (:11).

Ons is vinnig om vinger te wys na die volk Israel van oudsher, maar is tog te geneig tot dieselfde optrede.   Ons lees van die tydperk waarin die volk Israel op die vooraand gestaan het om die erfdeel wat God aan hul beloof het in besit te neem. Hulle is deur die Rooi See op droë grond, het water uit die rots gedrink by twee geleenthede en is met manna en kwartels in die onherbergsame woestyn elke dag tot versadiging gevoed. Hulle klere het tot op hierdie stadium nie aan hul verslyt nie en die wonderdade van God het hul gedra tot op die grens van die beloofde erfdeel wat hul nou kon gaan bespied.

In plaas daarvan dat die spioene ag geslaan het op die lieflikheid van die beloofde land het hulle hulself in die bedreiging van die vyand hierbinne blind gestaar. Hulle het vergeet hoedat dieselfde God wat hul gestuur het om die beloofde land in besit te neem ook die Egiptenaars voor hul oë in die see gestort het – perdewa met sy ruiter! Opslag kom die verkenners in opstand teen God en diegene wat in gehoorsaamheid aan die HERE midde die omstandighede nugterheid probeer bring, word byna gestenig. Die vergadering verag die erfdeel wat God uit barmhartigheid aan hulle wil skenk en verlang eerder terug na die slawerny van Egipte waar hul dit kwansuis beter gehad het.

Nou hoe kry jy die kloutjie by die oor dat ons dieselfde doen as Israel – gaan ons nou weer lang politiek gesels van ‘n verlore Vaderland wat ons volk uit ongeloof ook verkwansel het aan ‘n heidense regime? Allermins is dit waaroor ons vandag gaan gesels. Ons gaan kyk na gelowiges wat ook menigmaal in hul harte terugdink aan die tye toe hulle nog in sonde geleef het en hul lewe dalk toe beter daaruit gesien het. Gelowiges wat met hierdie optrede in hul gees terug verlang na die slawerny waaruit hul verlos is en dit is natuurlik ‘n veragtelike optrede wat deur die satan aangevuur word.

Die satan sal nie ‘n enkele geleentheid laat verbygaan om ‘n vrygemaakte sondaar se erfdeel te ontfutsel[1] nie. En is dit nie daarom dat hy menigmaal by ons die twyfel kom saai om terug te dink aan die dae toe ek nog die “lekker sondige” lewe gelei het en dit toe mos eintlik met my goed of beter gegaan het nie? Dink maar aan daardie dae toe ek ongeoorloofde saketransaksies beklink het, maar ek het darem nie finansieël swaargekry nie. Dink dalk aan daardie tyd dat ek sedelose verhoudings aangeknoop het, maar ek was toe darem vreeslik gewild en in my ego gestreel. So kan die lys uitgebrei word met voorbeelde van dinge wat die satan aangewend het om mense in sonde te bind. Dit is dan ook hieride dinge wat gelowiges in hul eie liggaam moes afsterf toe hul die besluit geneem het om Jesus Christus as hul Verlosser aan te neem en te volg. Die gelowige wat egter hierdie besluit geneem het, het ook die belofte van ‘n erflating – ons deel in die onverganklike koninkryk van God wat ons as erfdeel sal ontvang en ons durf nie ons rug hierop draai nie.

Die prys wat ons toegang tot ons onverganklike erfdeel moet verseker, is alreeds betaal. Dit was egter nie ‘n goedkoop prys nie, maar onse Here Jesus Christus het met Sy eie kosbare soenbloed die volle losprys vereffen. Ons lees in vers 18 van Númeri 14 dat God nooit die ongeregtigheid en oortreding ongestraf laat bly nie. Alhoewel Hy barmhartig en goedertieren is, is Hy immers steeds ‘n heilige God wat die ongeregtigheid nie kan verdra nie en dit moet derhalwe gestraf word. Die straf wat ons op ons sondes verdien is volgens die standaard van die Woord natuurlik die dood. Jesus Christus het daarom namens ons die straf van ons sondes op Hom geneem om die ongeregtigheid namens ons te dra en ons daardeur die lewe te skenk. Aangesien Hy die enigste vlekkelose en sondelose was wat hierdie aardbodem bewandel het, was Hy die Enigste daartoe verkore. Hy sterf vir ons sonde en red ons uit sonde gebore.

Die las van sonde was vir Hom geen ligte las om te dra nie. Hy het die smaad en veragting beleef, Hy het die benoudheid en eensaamheid ervaar en die houe, bespotting, bespuwing en Godverlatenheid ter wille van ons verduur. Enige gelowige wat hierdie waarheid wil gebruik om ‘n lewe van losbandigheid te leef onder die troos dat Jesus mos klaar vir sy sonde gesterf het, het geen ware waardering vir Sy soenverdienste nie. En net só het ‘n gelowige wat opsetlik in sonde volhard nadat hy bewus geword het van hierdie verlossing en kosbare erflating ‘n dringende nood tot selfondersoek oor waarom dit hom nie skeel om te deel te hê aan Christus se marteling nie. “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het – om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Heb. 6:4-6).

Dit voel soms ook vir ons asof ons só naby aan ‘n groot oorwinning staan, maar tog nie die krag het om die stryd enduit te voer nie. Onthou, God se krag word in swakheid volbring! Menigmaal is ons ook oortuig van Sy krag en getroue verlossing, maar tog lyk elke nuwe aanslag dalk net na die een wat ons finaal kan verslaan. Onthou, deur die beproewing van ons geloof sal Hy ons lydsaamheid leer. “AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.” (Jak. 1:2&3).

Ons leef dalk in ‘n milieu waarin dit voel asof die kinders van God ter wille van geregtigheid martelare geword het. Laasgenoemde mag dalk veel meer ‘n realiteit as ‘n emosie wees, maar laat ons eerder martelare van Christus wees wat verda volgens Sy voorbeeld as wat ons deelgenote aan Sy marteling word. Laat ons opnuut daarna streef om Hom uit ‘n rein hart en met ongeveinsde liefde te eer deur ‘n lewenswandel wat soos balsem op Sy wonde sou wees eerder as om aan Sy marteling deel te hê. “En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.” (Open. 19:8).

 


[1] Ontfutsel – Met bedrog of lis afneem; steel.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie