1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4447971

Besoekers aanlyn

Ons het 77 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

7 APRIL: NOG ‘N FUTIELE OEFENING OM DIE BEGINSEL VAN “MAJORITY RULE” TE PROBEER FNUIK.

Maimane vra hulp om Zuma te vervangNa twee-en-twintig jaar, is daar steeds mense wat deur propaganda meegesleur word om te glo dat Zuma, en daarmee saam die ANC onttroon kan word. Niemand kan hulle meer skade berokken as hulleself nie.

Daar is slegs een enkele rede waarom Zuma en die ANC aan bewind is en aan bewind bly selfs na die grofste mishandeling van landsbestuur denkbaar, en dit is die mag van die meerderheid wat die NP onder bestuur van de Klerk en sy regering in hullehand geplaas het. Deur sy eie blanke volksgenote met uitoorlêtaktiek soos ‘n Judasbok in ‘n lokval te lei, het die stukrag van die susterskerke met die aanvaarding van die “gelykheidsbeginsel” die referendum op bedenklike wyse in de Klerk se guns laat verloop.

Die mandaat waarop hy as gevolg daarvan aanspraak gemaak het was egter vals aangesien sy belofte van ‘n tweede referendum om te besluit oor die aanvaarbaarheid van die onderhandelde grondwet, nooit plaasgevind het nie. ‘n Referendum wat selfs die liberale Constand Viljoen in 1993 erken het, die blanke kiesers maklik met 60% sou gewen het!

Nou word die hele Suid Afrika gyselaar gehou omdat slegs die Zulus en enkele ander tevrede is met die landsbestuur en Zuma se onverantwoordelike bestuurstyl van eiebelang, nepotisme en verskansing van sy wanbestuur agter die meerdere getalle van die Zulus, wat bloot deur die opsteek van hande die land sonder remme teen ‘n afdraande laat voortsnel tot anderkant die rommelhoop van Standard en Poor!

Wat ‘n prestasie van “politieke kundigheid!” F.W. de Klerk en sy hele regering, ingesluit die papbroekige en korrupte Weermag Generaals wat kastig die grondwet moes beskerm, se nalatenskap soos wat dit in die geskiedenis opgeskryf sal word, sal hulle kleinkinders hulle hoofde in skaamte laat sak. Wanneer dit wat was onder die Godvresende bestuur van mense soos Genl. Herzog tot by dr. H.F.Verwoerd vergelyk word met wat ons nou het en nog gaan ervaar totdat ons weer beheer verkry het, so die Here wil, sal elkeen van ons nageslag laat wonder hoekom ons koppe ons gelos het!

Indien daar nie baie blankes aan die optogte deelgeneem het nie, sal dit beslis in die lig van uitlatings deur swartes gemaak, die verdraagsaamheid tussen blank en swart verder vertroebel aangesien hulle dit alreeds as ‘n blanke afsydigheid teenoor swart inisiatiewe bestempel het.

Wat opgeteken kan word na vandag is dat Zuma en die ANC onder Zulu beheer hulle mag deur hulle meerdere getalsterkte laat geld het en ongeskonde uit die optogaanslag gekom het, tot beskaming van veral elke politiekverdwaalde blanke wat daaraan deel gehad het sonder begrip van die betekenis van sy deelname. Géén ander swart leier van énige swart meerderheidsorganisasie sal énige voordeel of bydrae maak tot die vryheidsideaal van die Afrikaner nie. Dit kan maar in ‘n klip gekap word!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie