1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4449804

Besoekers aanlyn

Ons het 76 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

16 Junie: Dag van onreg

Lord Roberts16 Junie is die datum waarop een van die laakbaarste onregte in die geskiedenis van die mensdom gepleeg is.

Op dié datum in 1900 het Frederick Roberts, aanvoerder van die Britse invalsmagte in Transvaal en die Vrystaat, sy verfoeilike Proklamasie 5 van 1900 uitgevaardig.

Die proklamasie was ‘n erkenning dat die Britse oormag van ‘n halfmiljoen soldate nie die minder as 55 000 Boereburgers op die slagveld kon baasraak nie en dat die Engelse voortaan hulle militêre mag op ‘n sagter teiken sou konsentreer: Boerevroue en -kinders.

Uiteindelik het Engeland 3 000 vroue en 24 000 kinders koelbloedig in konsentrasiekampe doodgemartel.

Hierdie kinders se enigste oortreding was dat hulle onbedoeld tussen Engeland se gulsigheid en Transvaal se goud gestaan het.

Hulle het niemand bedreig nie, hulle het niks verniel of aan die brand gesteek nie, hulle het nie klippe gegooi nie – hulle het nie eens op iemand geskel nie. Maar hulle is kil berekend vermoor; 24 000 van hulle.

Plaashuis word afgebrandAnders as die hospitale wat die Boerevolk later opgerig het om vir andere mediese dienste soos nêrens anders in Afrika te bied, was die hospitale in die Britse helkampe poorte na die dood. Dit was ‘n wonderwerk as ‘n kind ‘n kamphospitaal oorleef het.

Maar die Boerekinders het nie gevloek en geskel en klippe gegooi nie.

Anders as die skole wat die Boerevolk later vir ander opgerig het in ‘n eerlike poging om hulle te help om hulle posisie te verbeter, was die Britse konsentrasiekamp- en latere staatskole politieke manipulasiesentrums waar Boerekinders voortdurend verneder en geboelie is.

In skole wat die Boerevolk later vir andere opgerig het is Afrikaans bloot as vak aangebied soos Boerekinders nog altyd Engels, Duits, Latyn of Sotho geleer het. Daarteenoor is Boereleerlinge in die Britse skole gestraf as hulle selfs op die speelgrond hulle eie taal met mekaar gepraat het.

Maar die Boerekinders het nie klaskamers verniel, skole afgebrand, klippe gegooi, waansinnig die strate ingevaar en die lewe van dié wat die orde probeer bewaar het bedreig nie.

Die Boerekinders het geleer en gewerk en gevorder tot ‘n volk wat op alle gebiede net so goed of beter presteer as die beste in die wêreld.

konsentrasiekampe1

Die Boerevolk het nooit sy kinders tot wandade en geweld aangehits en dan lafhartig agter hulle geskuil nie. Die Boerevolk het sy kinders eerder geleer om te werk en te presteer; om beskaafd en eerbaar op te tree; om te verdien eerder as om te eis.

Met sy plunderoorlog en barbaarse slagting van vroue en kinders kon Engeland nie daarin slaag om die Boerevolk se prestasie te stuit of om sy beskaafheidspeil te laat daal nie. Dit is maar net nog ‘n bewys dat die Boerevolk in ‘n klas van sy eie is.

Geloof, werk, prestasie en beskaafdheid het daarvoor gesorg dat die Boerevolk vandag steeds eervol voortbestaan, sodat ons vandag, op 16 Junie, met trots en dankbaarheid kan verklaar dat ons burgers is van ‘n volk wat nie afbreek nie, maar opbou.

Mag ons volk nog harder werk om ons nog verder van die ander te onderskei.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie