1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4542949

Besoekers aanlyn

Ons het 120 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

LOOF DIE HERE, O MY SIEL!

BybelPs. 103:1-22

Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! (:2)

Wanneer laas het u die HERE, die Almagtige, uit die diepste van u siel geloof net omdat Hy goed is en net omdat Hy, en Hy alleen, God is? U besef dalk met n ontnugtering dat die antwoord hierop miskien nog nooit nie mag wees.

Ons leef in n tyd waarin daar deurgaans op mense se gedagtes beslag gelê word. Allerhande mediums word ingespan, hetsy dit die televisie, nuusblaaie, tydskrifte, radio, televisiespeletjies of die internet is. En die krag van die propaganda wat deur hierdie mediums versprei word, word deur die meerderheid mense onderskat. Die denke van n mens word menigmaal deur hierdie mediums in n rigting gestuur wat uiteindelik daartoe sal lei dat die betrokke individu se optrede beïnvloed sal word. Daar is n treffende Engelse gesegde wat lui: Where the mind goes, the man follows.

Waarom is dit dat mense soveel ure daaraan kan bestee om hul kosbare geleende tyd op aarde te verspil op allerhande vermaaklikheid en dan later moet verskoning maak dat daar nie tyd vir God was nie? Ek kon nie gisteraand Bybel lees nie, want ek was te moeg toe ek kamer toe gaan. En dit nadat jy drie ure lank voor die televisie gelê het of vir hoeveel ure lank videos op YouTube gekyk het. Dalk was jy te besig om oor ditjies en datjies met iemand op sosiale media te klets en kon daarom nie n paar minute inruim om met God te praat in gebed nie. Ek kon nie vanoggend Bybel lees nie, want daar was nie tyd nie. Tog sal jy iewers in jou besige dag die tyd vind om die nuusblad (strokiesprent en al!) deur te lees, want dit mis jy nie n enkele dag nie. Ek het nie Sondag tyd gehad om kerk toe te gaan nie, maar jy kon die hele Saterdag op n sportstadion deurbring of dalk vir ure Sondagmiddag in n inkopiesentrum rondloop.

n Gelowige wy genoeg van sy tyd aan sy verhouding met God. Wanneer ek sê dat ons tyd aan God wy, bedoel ek baie meer as net om Bybel te lees. Ons moet weer opnuut tyd vir God maak in ons denke. Bo en behalwe n deeglike Bybelstudie in die oggend, verhoed niks my om my denke deurgaans op Hom te rig nie. Ek kan aan Hom dink, na Hom vra en Hom in my hart en gedagtes loof op die pad, met gereelde tussenposes by die werk en selfs wanneer ek vanaand rustig word en my oë sluit aan die einde van nog n lewensdag. ...spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. (Ps. 4:5).

U sal saam met my kan getuig dat n gelowige meer as genoeg rede het om God om sy wonderdade te loof. Elkeen van ons kan sekerlik ook soos die Psalmdigter terugdink aan n tyd wat God ook u siel versadig het met die goeie of aan n tyd wat God Hom oor u ontferm het soos wat n vader hom oor sy kinders sal ontferm. En daarvoor kan ons Hom loof! U kan dalk terugdink na tye in u lewe waarin bittere lewensmarte u deel was en Hy u in Sy groot barmhartigheid ware vertroosting geskenk het. Dink gerus terug aan die tye waarin u in diepe nood verkeer het en Hy u daar uitgered het waar geen mens se hand kon bykom nie en loof die HERE gereeld vir daardie verlossinge. En so gepraat van verlossing dink terug aan dit wat God vir my en u op Gólgota gedoen het en loof Hom met u hele hart en siel daarvoor!

In plaas daarvan dat u in die oggend vol murmurering uself uit die bed moet dwing, doen die moeite om te luister na die voëlgesang buite u huis. Luister hoedat daardie voëltjies met hul oggend lofsang besig is en laat hulle u herinner om nie u lofsang tot eer van God terug te hou nie. Aanskou hoedat n nuwe dag breek en wees dankbaar en bly daaroor terwyl u God daarvoor loof omdat Hy die Skepper van elke nuwe dag. Dink daaraan dat Hy is aan u die gawe skenk om die lewenslig van n nuwe dag te aanskou. Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. (Ps. 118:24).

Kom, laat ek en u saam met die skepping rondom ons, ons ook daarop toespits om die HERE te loof waar ons ookal die geleentheid kry. Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel! (Ps. 103:22).

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie