As daar nog nooit begrip was vir die feit dat swartes blankes en in besonder Afrikanerblankes haat nie, dan is dit hoog tyd dat Afrikanerouers se oë op Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys gerig moet word.
As hooggeplaasde wat seggenskap in die onderwys het, verteenwoordig hy tog die regime en verwoord hy hulle gesindheid teenoor Afrikaans en die instansies waar daar in Afrikaans volgens die behoefte van Afrikaners onderrig gegee word.
Hy is die voorloper in feitlik elke aksie waar Afrikanerouers en hulle kinders benadeel word, skole en universiteite se onderrigtaal verander word na Engels en wat nou betoog dat Afrikaans en mense wat daarop aandring dat hulle kinders nog in daardie taal onderrig moet word, sulke kinders benadeel.
Ten spyte van die hoofstroommedia se uiterste pogings om die indruk te skep dat Zuma ook by sy eie mense ongewild is, blyk dit in Kwazulu Natal anders.
Daar is ‘n sigbare opbou van antagonisme binne Zulu geledere wat steeds die meerderheid stemgeregtigdes uitmaak binne die ANC. Op 20 Mei 2019 kom vyfduisend van hulle bymekaar en betoog omdat Zuma volgens hulle onbillik, indien nie onskuldig vervolg word.
In hulle betoog vloek hulle die minister van polisie en die nasionale vervolgingsgesag, noem hulle honde en dreig dat as hulle aanhou om Zuma te vervolg, hulle gedwing sal word om hulle na oorlog te wend, waarvoor hulle nie bang is nie.
Hierdie soort dreunsangopswepery is op die oog af blote politieke retoriek maar het altyd die onderliggende potensiaal van geweld wat baie na aan die oppervlak lê en min nodig het om te ontaard.
… VOLGENS ONS MEESTER EN HERE SE VOORBEELD
Johannes 13:1-20
“Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle ‘n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.” (:13-15).
Onse Here Jesus Christus neem die laagste plek onder die dissipels in om soos ‘n dienskneg hulle voete te was.
Die AVP kyk opnuut na die oorsake van Afrikanerverdeeldheid. Na die bekendstellingsbulletin van Afrial bespreek die leier van die AVP, reeds in 2003 toe hy nog onderleier van die HNP was, wie en wat is Afrial. Die artikel is lank maar die moeite werd om rustig te lees vir diegene wat belangstel in die aanloop en verloop van ons verdeeldheid.
|
AFRIAL BULLETIN |
Nommer 1 van 2003. Maart 2003. Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Posbus 2681, Faerie Glen 0043. Tel. (012) 991-9133.
Bekendstelling van die Afrikaner Alliansie.
Die Afrikaner Alliansie het op 19 Januarie 2002 ontstaan toe dr Willie Marais, predikant van die Ned Geref Kerk, ‘n groep van 125 leiers, verteenwoordigend vanuit verskeie kerke, politieke partye en kultuur-aksies, in Pretoria toegespreek het oor die krisis wat Suid-Afrika vandag bedreig. By die byeenkoms is eenparig besluit om ‘n voortsettingskomitee van 10 lede (met die reg tot koöpsie) uit hul geledere te kies, met die opdrag om uitvoering te gee aan die plan van aksie soos deur dr Marais voorgedra.
In Afrika verskil politieke benaderings, grootliks van die bekende Westerse demokrasieë in homogene volke, wat reeds eeue gelede begin wegbeweeg het van outokratiese en monargistiese eenparty stelsels soos wat in Afrika vandag nog bestaan onder die menige etniese en rasverskille.
Dit gesê, beteken dit nie dat sameswerings, uitoorlêery en stert-swaai-die-hond praktyke nie in die Westerse partypolitieke stelsels sigbaar en voelbaar aanwesig is nie.
Wanneer daar na verskillende etniese groepe en volke binne dieselfde landstreek verwys word, praat ons van identifiseerbare ooreenkomste in lede van dieselfde etniese groep of volk wat enersyds met mekaar ‘n gemeensaamheid openbaar en andersyds natuurlikerwys van ander groepe en volke verskil en onderskei kan word deur verskille van oorerflikheid van afkoms uit ‘n voorgeslag, kultuur, voorkoms, taal, godsdiens en ook geskiedenis en vaderlandgebondenheid.
Die mens word elke dag en inderwaarheid elke oomblik van sy lewe gekonfronteer om ‘n keuse te maak. Met goeie opvoeding en goeie kennis kan goeie keuses gemaak word. Dit is egter deur ‘n gebrek aan kennis wat My volk tegronde gaan sê ons Hemelse Vader.
Dit is ook deur toe te gee aan misleiding, vleeslike begeertes en aanslag op die gees van die mens wat selfvernietigende keuses gemaak word. Dit is in DEUTERONÓMIUM 30:19 dat ons gewaarsku word:
“Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,” .... Is dit hoe ons gekies het gister, vandag ... en wat van môre?
Hebreërs 4:1-13
“En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.”
Die meeste van ons het al die voorreg gehad om ‘n reis iewers in die berge mee te maak. Wanneer ‘n mens van die bokant van een van hierdie majestueuse berge tuur, is daar min dinge wat jou sig belemmer. Daar is geen gebou of muur, geen bome, bosse, struike of iets dergeliks wat jou uitsig belemmer nie. Alles voor jou is tot ‘n groot mate oop en bloot voor jou oë.