1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5800794

Besoekers aanlyn

Ons het 57 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Kongres Banier 2 2019

Afrikaner

ZUMA ONDERSTEUNERS BETOOG BUITE DIE HOF IN PIETERMARITZBURG

5000 Zuma ondersteuners by die hof in PietermaritzburgTen spyte van die hoofstroommedia se uiterste pogings om die indruk te skep dat Zuma ook by sy eie mense ongewild is, blyk dit in Kwazulu Natal anders.

Daar is ‘n sigbare opbou van antagonisme binne Zulu geledere wat steeds die meerderheid stemgeregtigdes uitmaak binne die ANC. Op 20 Mei 2019 kom vyfduisend van hulle bymekaar en betoog omdat Zuma volgens hulle onbillik, indien nie onskuldig vervolg word.

In hulle betoog vloek hulle die minister van polisie en die nasionale vervolgingsgesag, noem hulle honde en dreig dat as hulle aanhou om Zuma te vervolg, hulle gedwing sal word om hulle na oorlog te wend, waarvoor hulle nie bang is nie.

Hierdie soort dreunsangopswepery is op die oog af blote politieke retoriek maar het altyd die onderliggende potensiaal van geweld wat baie na aan die oppervlak lê en min nodig het om te ontaard.

Wat hier van belang is, is dat op feitlik dieselfde wyse waarop die Afrikanervolk deur politieke uitoorlêery van ons beheer en bestuur van Suid Afrika ontneem is, is die Zulus nou al vir die tweede maal polities uitoorlê en die politieke hefboom waaroor hulle beskik het van hulle weggeneem.

Die eerste keer is van Thabo Mbeki die Xhosa gebruik gemaak om Zuma sy adjunk presidentskap te ontneem en die tweede maal is van Ramaphosa die Venda gebruik gemaak om Zuma as President te vervang voordat sy termyn om was. In albei gevalle gaan dit gepaard met vernedering vir die Zoeloevolk. Die kommunisme as gemene deler onder die verskillende swart volke, kleurlinge en Indiediërs is vinnig besig om vervang te word met “bloed is dikker as water”!

Die verdraagsaamheid tussen diie verskillende etniese swart volke, weet ons uit ervaring is maar amper weglaatbaar klein en bestaan die samewerking tussen hulle bloot om die blanke as gemeenskaplike struikelblok uit die weg te kry.

Al wat nou nog tussen hulle gemeenskaplik is, is om die blanke ook uit sy besit te verdryf soos in Mosambiek, Rhodesië, Angola en Suid Wes Afrika. Die swartes se na-apery van die Westerling se demokrasie verhoed hulle egter om soos in die res van Afrika tot geweld oor te gaan en is die strategie, die plaas-en ander moorde wat saam met ekonomiese verarming deur die Imperiale magte agter die skerms, voorgeskryf word as die beste plan om die Afrikanervolk uit Suid Afrika te verdryf, met die verwagting dat die swartes dan alleen in beheer en in besit gaan wees van dit waarvoor hulle nie gewerk het nie.

Die groot verskeidenheid etniese en kultuurverskille en verwagtings wat telkens voor elke verkiesing geskep is van grondbesit deur bloot die blankes te verdryf terwille van stemme, kan dalk juis die grootste dilemma word waarmee die knoeiers agter die skerms te kampe gaan hê.

Verset en weerstand van die Afrikanervolk slaag dusver nie volkome nie en is die grootste struikelblok vir die magte wat agter Suid Afrika se waardevolle minerale rykdomme, maar ook en veral sy strategiese ligging is.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie