1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5610074

Besoekers aanlyn

Ons het 42 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GODLOSE GRONDWET VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA WET 108 VAN 1996

Sonder God is daar geen hoop nieMet enkele aanhalings en uittreksels uit die grondwet

(Oppergesag van Grondwet 2. Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige regsvoorskrif of optrede daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word, (al druis dit in met die bepalings van die Woord van God!, dus ‘n Godlose grondwet. AVP)).

Gelykheid, vryheid en broederskap, die mees onhaalbare retoriese sameflansing van ondeelbares wat konfrontasie en onophoudende konflik as ‘n ongeskrewe maar geskiedkundig ervaarde waarborg ingebou het wat deur ‘n onhaalbare handves van individuele mensereg beheer moet word.

Aangebode persepsies gebaseer op prof. Huntington se ideologie van perseptologie, sê wat jy weet die kiesers wil hoor maar doen wat jy wil deur dit in die grondwet te verskans met teenstrydige bepalings van dié waarmee die persepsie geskep word.

 

Onteiening van wettig en swaarverdiende roerende en onroerende besit, sonder vergoeding. Met ander woorde gewettigde diefstal.

Die vergoeiliking van die reg om te steel, gegrond op die leuenagtige veronderstelling dat grondlose, werklose en besitlose agtergeblewe massas verontreg is omdat die Afrikaner se toegewyde, kundige en vlytige werksywer binne sy eie grondgebied, vir ons voorspoed en ontwikkeling meegebring het, Hulle laat agterbly en dus daardeur swartes verontreg het.

Volgens Roelf Meyer, mede opsteller van die grondwet, die grondwet geskryf is om die Afrikaner wat ‘n volgens hom ‘n “paradigma uitgangsoordeel” van ‘meerderheidswaan’, oftewel “Supremacist” teenoor die swart ras gehad het en wat eintlik wêreldwyd toegepas is, te verander na ‘n paradigma van gelykheid. Dit het die grondwet nou die mees moderne grondwet ter wêreld gemaak!

 

Ons beleef vandag die effek van hierdie vernietigende en waansinnige “wysheid” wat Roelf ‘n wyser man as al ons vorige Afrikaner volksleiers moet maak.

‘n Stem wat in Woensdag 9 Mei 2019 se verkiesing onder hierdie grondwet uitgebring word, trek ‘n streep deur die Afrikanervolk se hele geskiedenis van reg en geregtigheid en stem saam met Roelf se vernietigende gelykheidsparadigma wat besig is om Suid Afrika na sy wildernis en onbeskaafde barbaarse toestand voor 1652 terug te voer!

QUO VADIS AFRIKANER?

AANHEF

Ons, die mense van Suid-Afrika,

Erken die ongeregtighede van ons verlede;

Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;

Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en

Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.

Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde –Die verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;

Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die

wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;

Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en

’n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ’n soewereine staat

in die gemeenskap van nasies kan inneem.

Mag God ons mense beskerm.

Nkosi Sikelel’ iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso.

God seën Suid-Afrika. God bless South Africa.

Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika.

^

HOOFSTUK 1

GRONDLIGGENDE BEPALINGS

Republiek van Suid-Afrika

1. Die Republiek van Suid-Afrika is een, soewereine, demokratiese staat gegrond op die

volgende waardes:

(a) Menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte en vryhede.

(b) Nie-rassigheid en nie-seksisme.

(c) Die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg.

(d) Algemene stemreg vir volwassenes, ’n nasionale gemeenskaplike kieserslys, gereelde

verkiesings en ’n veelparty-stelsel van demokratiese regering, om verantwoordingspligtigheid, ’n

responsiewe ingesteldheid, en openheid te verseker.

Oppergesag van Grondwet

2. Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige regsvoorskrif of optrede

daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word.

Burgerskap

3. (1) Daar is ’n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse burgerskap.

(2) Alle burgers is in gelyke mate –

(a) geregtig op die regte, voorregte en voordele van burgerskap; en

(b) onderworpe aan die pligte en verantwoordelikhede van burgerskap.

(3) Nasionale wetgewing moet voorsiening maak vir die verkryging, verlies en herverlening

van burgerskap.

Nasionale lied

4. Die nasionale lied van die Republiek word deur die President by proklamasie bepaal.

Nasionale vlag

5. Die nasionale vlag van die Republiek is swart, goud, groen, wit, rooi en blou, soos in

Bylae 1 beskryf en geskets.

Tale

6. (1) Die amptelike tale van die Republiek is Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana,

siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, English, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu.

(2) Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van ons

mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatreëls tref om die status van dié tale te

verhoog en hul gebruik te bevorder.

(3) (a) Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike tale

vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik, doenlikheid, koste,

streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel

of in die betrokke provinsie; maar die nasionale regering en elke provinsiale regering moet

minstens twee amptelike tale gebruik.

(b) Munisipaliteite moet die taalgebruike en –voorkeure van hul inwoners in aanmerking

neem.

(4) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatreëls

hul gebruik van amptelike tale reëlen monitor. Sonder afbreuk aan die bepalings van subartikel

(2) moet alle amptelike tale gelykheid van aansien geniet en billik behandel word.

(5) ’n Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad deur nasionale wetgewing ingestel, moet –

(a) die ontwikkeling en gebruik bevorder en omstandighede skep vir die ontwikkeling en

gebruik van –

(i) alle amptelike tale;

(ii) die Khoi-, Nama- en Santale; en

(iii) gebaretaal; en

(b) respek bevorder en verseker vir –

(i) alle tale wat algemeen deur gemeenskappe in Suid-Afrika gebruik word, met inbegrip van

Duits, Grieks, Goedjarati, Hindi, Portugees, Tamil, Teloegoe en Oerdoe; en

(ii) Arabies, Hebreeus, Sanskrit en ander tale wat in Suid-Afrika vir godsdiensdoeleindes

gebruik word.

HOOFSTUK 2

HANDVES VAN REGTE

Regte

7. (1) Hierdie Handves van Regte is ’n hoeksteen van die demokrasie in Suid-Afrika. Dit

verskans die regte van alle mense in ons land en bevestig die demokratiese waardes van

menswaardigheid, gelykheid en vryheid.

(2) Die Staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en

verwesenlik.

(3) Die regte in die Handves van Regte is onderworpe aan die beperkings in artikel 36 of

elders in die Handves vervat of genoem.

Toepassing

8. (1) Die Handves van Regte is van toepassing op die totale reg en bind die

wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane.

(2) ’n Bepaling van die Handves van Regte bind ’n natuurlike of ’n regspersoon indien, en in

die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige

plig deur die reg opgelê.

(3) By die toepassing van ’n bepaling van die Handves van Regte op ’n natuurlike of

regspersoon ingevolge subartikel (2) –

(a) moet ’n hof, ten einde gevolg te gee aan ’n reg in die Handves, die gemene reg toepas, of

indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en

(b) kan ’n hof reëls van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking

in ooreenstemming met artikel 36(1) is.

(4) ’n Regspersoon is geregtig op die regte in die Handves van Regte in die mate waarin die

aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis.

Gelykheid

9. (1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van

die reg.

(2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die

bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls getref word wat

ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur

onbillike diskriminasie benadeel is.

(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of

meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.

(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer gronde

ingevolge subartikel (3) diskrimineer nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.

(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy

daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.

Menswaardigheid

10. Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en

beskerm word.

Lewe

11. Elkeen het die reg op lewe.

Vryheid en sekerheid van die persoon

12. (1) Elkeen het die reg op vryheid en sekerheid van die persoon, waarby inbegrepe is

die reg om –

(a) nie arbitrêr of sonder gegronde rede vryheid ontneem te word nie;

(b) nie sonder verhoor aangehou te word nie;

(c) vry te wees van alle vorme van geweld van hetsy openbare hetsy private oorsprong;

(d) op geen wyse gemartel te word nie; en

(e) nie op ’n wrede, onmenslike of vernederende wyse behandel of gestraf te word nie.

(2) Elkeen het die reg op liggaamlike en psigiese integriteit, waarby inbegrepe is die reg –

(a) om besluite oor voortplanting te neem;

(b) op sekerheid van en beheer oor die eie liggaam; en

(c) om nie sonder hul ingeligte toestemming aan mediese of wetenskaplike eksperimente

onderwerp te word nie.

Slawerny, knegskap en dwangarbeid

13. Niemand mag aan slawerny, knegskap of dwangarbeid onderwerp word nie.

Privaatheid

14. Elkeen het die reg op privaatheid, waarby inbegrepe is die reg dat –

(a) hul persoon of woning nie deursoek word nie;

(b) hul eiendom nie deursoek word nie;

(c) daar nie op hul besittings beslag gelê word nie; of

(d) daar nie op die privaatheid van hul kommunikasies inbreuk gemaak word nie.

Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening

15. (1) Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.

(2) Godsdiensbeoefening kan by staats- of staatsondersteunde instellings geskied, mits –

(a) daardie beoefening reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is;

(b) dit op billike grondslag geskied; en

(c) bywoning daarvan vry en vrywillig is.

(3) (a) Hierdie artikel belet nie wetgewing wat erkenning verleen aan –

(i) huwelike wat aangegaan is kragtens enige tradisie, of ’n stelsel van godsdiens-, personeof

familiereg nie; of

(ii) stelsels van persone- en familiereg kragtens enige tradisie, of wat nagevolg word deur

persone wat ’n besondere godsdiens aanhang nie.

(b) Erkenning ingevolge paragraaf (a) moet met hierdie artikel en die ander bepalings van die

Grondwet bestaanbaar wees.

Vryheid van uitdrukking

16. (1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is –

(a) die vryheid van die pers en ander media;

(b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;

(c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en

(d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.

(2) Die reg in subartikel (1) omvat nie –

(a) propaganda vir oorlog nie;

(b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of

(c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is

en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.

Vergadering, betoging, linievorming en petisie

17. Elkeen het die reg om vreedsaam en ongewapen te vergader, te betoog, ’n betooglinie te

vorm en petisies voor te lê.

Vryheid van assosiasie

18. Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie.

Politieke regte

19. (1) Dit staan elke burger vry om politieke keuses te doen, waarby inbegrepe is die reg

om –

(a) ’n politieke party te stig;

(b) deel te neem aan die bedrywighede van, of lede te werf vir, ’n politieke party; en

(c) hulle vir ’n politieke party of saak te beywer.

(2) Elke burger het die reg op vrye, regverdige en gereelde verkiesings vir enige wetgewende

liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel is.

(3) Elke volwasse burger het die reg om –

(a) te stem in verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel

is, en om dit in die geheim te doen; en

(b) ’n kandidaat vir ’n openbare amp te wees en, indien verkies, die amp te beklee.

Burgerskap

20. Geen burger mag burgerskap ontneem word nie.

Vryheid van beweging en verblyf

21. (1) Elkeen het die reg op vryheid van beweging.

(2) Elkeen het die reg om die Republiek te verlaat.

(3) Elke burger het die reg om die Republiek binne te kom, daarin aan te bly, en op enige plek

daarin verblyf te neem.

(4) Elke burger het die reg op ’n paspoort.

Vryheid van bedryf, beroep en professie

22. Elke burger het die reg om vrylik ’n bedryf, beroep of professie te kies. Die beoefening

van ’n bedryf, beroep of professie kan deur die reg gereguleer word.

Arbeidsverhoudinge

23. (1) Elkeen het die reg op billike arbeidspraktyke.

(2) Elke werker het die reg om –

(a) ’n vakbond te stig en daarby aan te sluit;

(b) aan die bedrywighede en programme van ’n vakbond deel te neem; en

(c) te staak.

(3) Elke werkgewer het die reg om –

(a) ’n werkgewersorganisasie te stig en daarby aan te sluit; en

(b) aan die bedrywighede en programme van ’n werkgewersorganisasie deel te neem.

(4) Elke vakbond en elke werkgewersorganisasie het die reg om –

(a) sy eie administrasie, programme en bedrywighede te bepaal;

(b) te organiseer; en

(c) ’n federasie te stig en daarby aan te sluit.

(5) Elke vakbond, werkgewersorganisasie en werkgewer het die reg om aan kollektiewe

bedinging mee te doen. Nasionale wetgewing kan verorden word om kollektiewe bedinging te

reguleer. In die mate waarin die wetgewing ’n reg in hierdie Hoofstuk beperk, moet die beperking

aan artikel 36(1) voldoen.

(6) Nasionale wetgewing kan erkenning verleen aan vakbondsekerheidsreëlings wat in

kollektiewe ooreenkomste vervat is. In die mate waarin die wetgewing ’n reg in hierdie Hoofstuk

beperk, moet die beperking aan artikel 36(1) voldoen.

Omgewing

24. Elkeen het die reg –

(a) op ’n omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welsyn is nie; en

(b) op die beskerming van die omgewing, ter wille van huidige en toekomstige geslagte, deur

redelike wetgewende en ander maatreëls wat –

(i) besoedeling en ekologiese agteruitgang voorkom;

(ii) bewaring bevorder; en

(iii) die ekologies volhoubare ontwikkeling en aanwending van natuurlike hulpbronne verseker,

terwyl dit regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling bevorder.

EIENDOM

25. (1) Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge ’n algemeen geldende

regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie.

(2) Eiendom mag slegs ingevolge ’n algemeen geldende regsvoorskrif onteien word –

(a) vir ’n openbare doel of in die openbare belang; en

(b) onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling óf deur

diegene wat geraak word, aanvaar is óf deur ’n hof bepaal of goedgekeur is.

(3) Die bedrag van die vergoeding en die tyd en wyse van betaling moet regverdig en billik

wees, en moet ’n billike ewewig toon tussen die openbare belang en die belange van diegene wat

geraak word, met inagneming van alle tersaaklike omstandighede, met inbegrip van –

(a) die huidige gebruik van die eiendom;

(b) die geskiedenis van die verkryging en gebruik van die eiendom;

(c) die markwaarde van die eiendom;

(d) die omvang van regstreekse belegging en subsidie deur die staat ten opsigte van die

verkryging en voordelige kapitale verbetering van die eiendom; en

(e) die doel van die onteiening.

(4) By die toepassing van hierdie artikel –

(a) beteken die openbare belang ook die nasie se verbintenis tot grondhervorming, en tot

hervormings om billike toegang tot al Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne te bewerkstellig; en

(b) is eiendom nie tot grond beperk nie.

(5) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om, binne sy beskikbare

middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op ’n billike grondslag toegang tot grond

te verkry.

(6) ’n Persoon of gemeenskap wie se besitreg van grond regsonseker is as gevolg van wette

of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat

deur ’n Parlementswet bepaal word, op óf besitreg wat regseker is óf gelykwaardige vergoeding.

(7) ’n Persoon of gemeenskap wat na 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem is as

gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig,

in die mate wat deur ’n Parlementswet bepaal word, op óf teruggawe van daardie eiendom óf

billike vergoeding.

(8) Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatreëls

te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie, op voorwaarde dat enige afwyking van die bepalings van hierdie artikel in ooreenstemming met die bepalings van artikel 36(1) is.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie