1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5836268

Besoekers aanlyn

Ons het 37 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE ROL VAN DIE KERKE EN KERKLEIERS IN SUID AFRIKA SE BENOUING

Die AVP kyk opnuut na die oorsake van Afrikanerverdeeldheid. Na die bekendstellingsbulletin van Afrial bespreek die leier van die AVP, reeds in 2003 toe hy nog onderleier van die HNP was, wie en wat is Afrial. Die artikel is lank maar die moeite werd om rustig te lees vir diegene wat belangstel in die aanloop en verloop van ons verdeeldheid.

 

 

AFRIAL BULLETIN

Nommer 1 van 2003.              Maart 2003.           Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Posbus 2681, Faerie Glen 0043. Tel. (012) 991-9133.

Dr. Willie Marais van die NG KerkBekendstelling van die Afrikaner Alliansie.

  1. Wie ons is :

Die Afrikaner Alliansie het op 19 Januarie 2002 ontstaan toe dr Willie Marais, predikant van die Ned Geref Kerk, ‘n groep van 125 leiers, verteenwoordigend vanuit verskeie kerke, politieke partye en kultuur-aksies, in Pretoria toegespreek het oor die krisis wat Suid-Afrika vandag bedreig. By die byeenkoms is eenparig besluit om ‘n voortsettingskomitee van 10 lede (met die reg tot koöpsie) uit hul geledere te kies, met die opdrag om uitvoering te gee aan die plan van aksie soos deur dr Marais voorgedra.

Die Afrikaner Alliansie is Afrikaners wat die belange van die Christendom en van die Afrikanervolk op die hart dra en glo dat iets daadwerklik gedoen kan en moet word om die gevare wat die Christendom en die voortbestaan van ons volk bedreig, langs wettige weë, die hoof te bied. Hiervoor het ons wysheid nodig, en dit gee God ons sonder om te verwyt (Jak 1:5-8). Daar staan geskrywe: “Met geduld kan iemand in ‘n magsposisie tot ander insigte gebring word; met ‘n versigtige benadering word weerstand afgebreek” (Spr 25:15).

  1. Wat ons nié is nie:

Die Afrikaner Alliansie is nie ‘n kerk, ‘n politieke party, ‘n geheime organisasie of ‘n militêre mag nie, en bemoei hom ook nie met die huishoudelike sake van die verskillende aksies nie, maar sien homself as ‘n volksbeweging wat aan al die aksies ‘n geleentheid bied om saam met die ander aksies hulle lang gekoesterde ideale vir volk en vaderland te bereik.

  1. Die noodtoestand in ons land:

Vanaf 27 April 1994 het daar ‘n radikale politieke verandering gekom wat na elke ander faset en sfeer van die Afrikaner se lewe deurgedring het. Die verlies aan politieke mag het die Afrikaner in ‘n posisie van onmag geplaas. Hierdie posisie van onmag het die Afrikaner in ‘n uitsiglose situasie gedompel.

Op die kerklik-godsdienstige gebied het die New-Age inisiatiewe deurgedring. Op die morele vlak was daar dramatiese verval. Die doodstraf is afgeskaf, wetteloosheid het hand oor hand toegeneem en aborsie op aanvraag het die morele verval verder versleg. Ons word op ons plase en nou selfs in ons dorpe en stede deur moord en kapings getyster. Die nasionalisering van alle waters deur die owerheid en die grondhervormingsplan van die owerheid besorg aan ons boere ‘n pessimistiese toekomsverwagting.

Die owerheid is nie by magte om die misdaad te stuit nie; selfs nie eens die moorde op ons polisie-amptenare nie. Werkloosheid neem onrusbarend toe. Talle mense is al tot die bedelstaf toe verneder. Daar is bereken dat as gevolg van regstellende aksie (o.a. “The employment Equity Act”) en die kwotastelsel daar binne die volgende jaar nog een miljoen Blankes sonder werk gaan wees.

Ons is veral bekommerd oor die rigting wat die owerheid deur middel van die Uitkomsgerigte Onderwys in die staatskole met ons kinders inslaan. Ons kinders word stadig maar seker van hulle identiteit beroof en van hulle ouers, kerk en godsdiens vervreem. (Sien die toespraak van dr. Willie Marais in die Auditorium van die universiteit van Potchefstroom op 14 Oktober 2002, die “Program van beginsels van die Afrikaner Alliansie”, asook die “Akte van Gemeenskapspligte en –regte” wat by ons hoofkantoor bekombaar is.)

Ons het nie tyd om langer te wag nie. Ons beweeg saam met hulle wat bereid is om saam met ons die pad te loop. Die wat bang is en bewe, kan gerus maar omdraai (vgl Rig 7:3). Diesulkes maak hulleself tot toeskouers van wat God reeds besig is om te doen. Nie ons woorde nie, maar ons dade sal ons saak bewys.

4. Wat ons glo:

Ons glo dat God beskik oor die lotgevalle van volkere en nasies (Job 12:23) en dat niks toevallig met ons gebeur nie, want God werk alles volgens die raad van sy wil       (vgl Ef 1:11). Ons glo dat God die huidige regering oor ons gestel het, en dat ons nie moet probeer om deur militêre geweld die juk van ons af te gooi nie, want die Skrif sê: “daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang” (Rom 13:1,2). Dit was die Romeinse verdrukker na wie Paulus hier verwys, aan wie almal hulle moes onderwerp. Dit was teen die vals profete wat die volk tot opstand teen Babel wou opsweep wat Jeremia hulle gewaarsku het. Die Here sal die opstandelinge straf met die swaard, hongersnood en pes (vgl Jer 27:9-17). God sou self die ballingskap ophef op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het (Jer 29:10).

Ons glo dat wanneer ‘n volk verdruk word, dit die Here is wat die volk tug, want Hy gebied sy seën aan dié wat Hom gehoorsaam is (vgl Deut 28: 1-14) en sy straf aan dié wat Hom ongehoorsaam is. (vgl Deut 28:15-68).

Ons glo dat daar onder sulke omstandighede net een oplossing vir dié probleem is : ons moet ons voor God verootmoedig (2 Kron 7:13-15), want die skrif sê dat as ‘n volk hom bekeer van die boosheid waaroor God hom straf, dan sien God af van die straf wat Hy oor so ‘n volk besluit het (Jer 18:7,8). Sonder die Here kan ons niks doen nie (Joh 15:5)

Ons glo dat God ‘n saak het om met ons uit te maak. Wat het geword van ons Gelofte by Bloedrivier? Ons vaders het die sabbat gesien as ‘n heilige dag van die Here vir die Here, maar ons het van die dag van die Here ‘n gewone vakansie-, sport- en werksdag gemaak (vgl Jes 58:13,14). Ons het dáár onderneem om ‘n kerkvolk te wees, maar vandag ywer elkeen van ons ons vir ons eie huis, maar die huis van die Here lê in puin (vgl Hag 2:9).

Waar is ons mense op die dag van die Here? God het Israel vir 70 jaar in ballingskap weggevoer omdat hulle sy heilige dag ontheilig het (vgl 2 Kron 36 : 20,21 en Neh 13 :17,18). Soos Israel van ouds het ons met ons Bonusobligasies ons na die geluksgode gewend (vgl Jes 65:11-15) in plaas van om ons hoop te stel op die Here wat in al ons behoeftes wil voorsien (vgl Gen 22:14).

Ons sal hierdie volksondes teenoor die Here moet bely en dit laat staan; anders sal daar geen vergifnis en verlossing vir ons kom nie (vgl Spr 28:13). Die tyd het aangebreek dat ons as volk ons eie huis in orde moet kry soos Israel van ouds gedoen het: “En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders” (Neh 9:2). Eers dan kan ons ook vir ander volke tot ‘n seën wees.

Ons glo dat ons probleme opgelos sal wees, op dié dag wanneer ons as volk ons onder die kragtige hand van God verneder,want Hy sal ons verhoog op die regte tyd (1Pet 5:6).

  1. 5.Ons groot probleem:

 

Ons het egter ‘n groot probleem in hierdie verband. Die groot swakheid van ons as Afrikaners is ons onderlinge verdeeldheid. Al die heldhaftige pogings in die verlede om kerke, partye en kultuuraksies bymekaar te bring, het nie veel sukses gehad nie. Die beroepe van ons leiers tot eenheid het nie daarin geslaag om ons saam te snoer nie. Daar is ook min tekens van hoop dat dit ooit vorentoe kan gebeur. Dit lei gewoonlik tot ‘n magstryd tussen die leiers van die onderskeie groepe. Almal voel in die proses bedreig en sulke pogings lei dikwels tot ‘n nuwe twis en verdere verdeeldheid. Een saak staan vas: Ons moet ophou om met mekaar te twis oor die sake waaroor ons met mekaar verskil; ons moet begin praat oor dié sake waaroor ons met mekaar saamstem.

Al die pogings in belang van volk en vaderland van die verskeie aksies in die verlede, was telkens gedoen deur ‘n minderheid van ‘n minderheid, en het om dié rede nie veel bedingingsmag besit nie. Sake het intussen eerder erger geword. Daar moet ‘n alternatief kom.

Die enigste haalbare en werkbare oplossing is om tussen al die aksies ‘n samewerkingsooreenkoms te sluit oor dié sake waaroor onderling konsensus bereik is. Die ideale oplossing is reeds in die skrif vir ons aangedui. Toe die dissipels iemand wat in die Naam van Christus Jesus duiwels uitgedryf het, gestuit het omdat hy húlle nie volg nie, het Jesus vir hulle gesê: “Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons” (Luk 9:50). Dit is dus nie nodig dat almal eers moet saamsmelt tot net één kerk, één politieke party of één kultuuraksie nie. Al die aksies bly gelyke vennote in die onderhandelingsproses.

Ons glo dat die tyd nou aangebreek het om, meer as ooit vantevore, die onderneming met ons klipstapels ten uitvoer te bring; dit is om mekaar se hande te vat en saam te stry en saam te werk vir ‘n gemeenskaplike toekoms. Oor een saak is almal dit roerend eens: ons moet ons as volk voor God verootmoedig.

  1. 6.Ons plan van aksie:

Die Afrikaner Alliansie is besig om met al die verskillende aksies in plek te kom. Tot op datum is ons deur die verteenwoordigers van die verskillende aksies goed ontvang en was die gesprekke openhartig en indringend.

Ons mag moontlik nie die samewerking van al die aksies bekom nie, maar ons hoef ook nie vir die toestemming van almal te wag nie. Die saak van die Christendom en van die voortbestaan van ons volk is daarvoor te dringend en te belangrik.

Ons is besig om landswyd in elke dorp en stad ‘n komitee van die Afrikaner Alliansie te stig en vorder fluks. Oral word ons deur die volk met ope arms en met groot entoesiasme ontvang.

Ons beplan ook om met die Swart- en Bruin- en ander Christelike Kerke in gesprek te kom oor die Christelike godsdiens wat in Suid-Afrika bedreig word.

Ons is ook besig om die Afrikaners in verstrooing vir ons saak te betrek, om ons saak ook in die buiteland te verkoop.

Die Bloedrivier-terrein is reeds vir 16 Desember 2003 en die Voortrekkermonument-terrein vir 16 Desember 2004 bespreek. Voorbereiding is beplan om groot skares by die twee geleenthede te kan huisves. By hierdie twee geleenthede gaan ons vir die Afrikaner die geleentheid gee om as volk ons voor God te verootmoedig; dit is om ons in nederigheid te onderwerp aan die kragtige hand van God (vgl 1 Pet 5:6) deur berou te toon (2 Kron 7;14; vgl Esra 8:21),en om die Gelofte van Bloedrivier te herbevestig.

Op die regte datum gaan ons ‘n volkskongres belê waar ‘n Afrikanerraad gestig gaan word om vorentoe namens die Afrikanervolk die sake wat vir die Christendom en vir die oorlewing van ons as volk noodsaaklik is, met die owerheid te beding.

Opgestel in opdrag van die Uitvoerende dagbestuur van die Afrikaner Alliansie.

DrWillie Marais vdm (Voorsitter/Leier)

Dr Chris Landman Kommunikasiebestuurder)

Mnr Sarel Barnard (Finansiële bestuurder)

Mnr Elias Olivier (Sekretaris-generaal)

(Stuur asseblief aan al u vriende. Kontak ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 012 991-9133.)

  

WIE IS AFRIAL EN WAT WIL HULLE WERKLIK?

Die totstandkoming en bekendstelling van “Die Afrikaner Alliansie”, onder leiding van Dr. Willie Marais van die NG Kerk, wat “homself sien as ‘n volksbeweging wat aan al die aksies ‘n geleentheid bied om saam met die ander aksies hulle lang gekoesterde ideale vir volk en vaderland te bereik”, volgens die eerste bulletin genaamd Afrial Bulletin nr. 1 van 2003 Maart 2003, verdien kommentaar.

Tenspyte van Dr. Willie Marais se verklaarde geroepenheid en buitengewone vermoë om dit wat in ons volkshuishouding verkeerd is uit die bybel te belig en paralelle te trek om die noodsaak vir gesamentlike verootmoediging uit te wys, is daar tog veel wat pla!

Die reg op leierskap en/of groepvorming

My betoog bevraagteken niemand se reg op leiding nie en is bloot gerig op die verkryging van perspektief wanneer daar nou namens die Afrikanervolk gepraat of gedoen wil word. In die verloop van die geskiedenis sedert die moord op Dr. Verwoerd, het daar vele partye, aksies en individue namens die Afrikaner gepraat, bely, gebieg, onderhandel en gedoen! Optredes wat grootliks tot die onverkwiklike toestand in ons land, (soos Dr. Willie dit ook tereg oral waar hy optree breedvoerig behandel) bygedra het, en wat nie meer bloot op gesigswaarde aanvaar kan word nie! Perspektief het nou noodsaaklik geword vir elke oorweging!

Posisie van die Afrikaner

“Vanaf 27 April 1994 het daar ‘n radikale politieke verandering gekom wat na elke ander faset en sfeer van die Afrikaner se lewe deurgedring het. Die verlies aan politieke mag het die Afrikaner in ‘n posisie van onmag geplaas. Hierdie posisie van onmag het die Afrikaner in ‘n uitsiglose situasie gedompel.” Word in die bulletin gesê.

Op bladsy II van die program van beginsels van Afrial staan daar: “Verskeie kerke, kerklike organisasies, politieke partye, nie-party-politieke aksies, kultuurorganisasies en talle ander Afrikanerinstansies en indiwidue het reeds lofwaardige pogings aangewend om op hul eie, of saam met ander aksies, die belange van die Afrikaners op verskeie gebiede te bevorder, maar het dit steeds moes doen namens die minderheid van ‘n minderheid, en het hulle om hierdie rede nie veel bedingingsmag besit nie.”

Wat hier egter perspektief versluier is die verswyging van die planmatige aksies wat geloods was om juis die Afrikaner se bedingingsmag nie net te belemmer nie, maar verdeling te bewerkstellig met die doel om ons bedingingsmag totaal te vernietig!

Die opsigtelike verswyging van die aanslag op die beginsel ten grondslag van ons vorige staatkundige bedeling, nl. Nasionalisme, hang ‘n wasigheid oor die motivering vir die noodsaak van die bo-vermelde “lofwaardig aangewende pogings om die Afrikaner se belange te bevorder” Waarom was en is dit nou nodig? Waarom is Dr. Verwoerd vermoor? Wat was die toestand op die verskillende lewensterreine van al die volke van ons land in 1966 toe nasionalisme die norm was? As die beleid en beginsel waarvoor daar na die moord op Dr. Verwoerd ge-ywer was, en nou aan die orde is, beter is, waarom verkeer die Afrikaner dan nou in diè haglike, “uitsiglose” toestand?

Waarskuwings vanuit die vroegste geskiedenis

Ek haal Dr. Willie Marais aan uit sy toespraak te Potchefstroom, 14 Oktober 2002:

Jesaja 56:10 . “Die wat oor My volk moet waak, is almal blind, hulle weet niks nie. Hulle is almal stom honde, hulle kan nie blaf nie” (Bls. 14)

As hierdie aanhaling nou van toepassing is, was dit dan nie ook so in 1969 toe die tekens van welwillendheid jeens die wêreldaandrang duidelik geword het, en bykans almal wat nou by Afrial betrokke is geswyg het nie?

Reeds vroeg het die Witman in Afrika besef dat hy ‘n voorpos van die blanke beskawing in Afrika is en dat die bevolkingsamestelling hier, ander eise as in Europa vir sy voortbestaan gaan stel! Die wrywing en konflik wat ‘n gemengde samelewing opgelewer het , het selfs Genls. Botha en Smuts apartheid as die enigste oplossing laat insien.

In April 1912 sê Genl Botha dat om rasse op dieselfde vlak te plaas geen bevrediging sal bring nie en iets anders gedoen sal moet word soos bv. ‘n mate van selfregering aan hulle onder toesig van die blankes. Op 24 September 1912 sê hy op Heidelberg dat die Kaffervraagstuk die moeilikste vraagstuk in die land was en dat die oplossing lê in die afsondering van die naturelle in sekere gebiede, met ‘n soort selfregering in slegs daardie gebiede en nêrens elders nie. In die Parlement het hy dan ook in 1913 ‘n voorstel ter tafel gelê dat die naturelle gesegregeer moet word met selfregering onder toesig van die blankes.

In 1917 by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is het Genl. Smuts, as lid van die Imperiale Oorlogskabinet onder voorsitterskap van Lord Selborne, ‘n toespraak gehou oor “The White Man’s Task”

“We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same institutions of government and legislation . They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different.

Hy het verder verduidelik dat oor die lang termyn daar areas sal wees wat die swartes sal bewerk en beset waar hulle hulself volgens hulle gebruike sal regeer terwyl die res van die land deur blankes beheer sal word wat hulleself apart volgens Europese standaarde sal regeer.

Hoe verskil dit van die suksesvolle toegepaste beleid van Dr. Verwoerd?

Waarom het die Engelstalige wêreld nie toe beswaar gehad nie? As integrasie soos wat dit toe beproef was, onbevredigend en volgens Smuts langs integrasielyne, "insolveable" was, hoekom sou dit nou slaag? Sonder om dit te beredeneer, laat die huidige omstandighede daaroor oordeel! Is die toestand in die land onder integrasie, nou bevredigend?

Dit was dan ook die riglyn vanuit diè lesse van die geskiedenis, waarop Genl. Hertzog, Dr. Malan, Adv. Strydom, Dr. Verwoerd, Dr. Hertzog en tot met sy dood, Mnr. Jaap Marais, volhardend en beginselvas gekoers het!

My kommer is dat dit juis hierdie bewese suksesvolle benadering vanuit die geskiedenis is wat deur die gelyste lede van Afrial nie net versaak is nie maar in sommige gevalle vyandig teëgewerk is in samewerking met die vyande van die Afrikaner!

Optrede vanuit ‘n magsposisie

Toe die Afrikaner nog in ‘n magsposisie was en ‘n algemene verkiesing kon afdwing, was niemand van die Afriallede bereid tot daardie enigste werkbare oplossing om ons oorname deur die kommunisme af te weer nie.

Op ‘n vraag aan Gnl. Constand Viljoen by ‘n vergadering met hom deur lede van die Regse Leiers Komitee, oor wat hy dink die uitslag sou wees as ons toe ‘n verkiesing sou afdwing, was sy antwoord dat ons dit met tussen 50% en 60% sou wen! As daar nie vanuit ‘n magsposisie bereidheid of oortuiging was om die onmagtige posisie waarin ons ons nou bevind, af te weer nie, vanwaar die oortuiging om dit vanuit ‘n onmagtige posisie te bewerkstellig?

Ek vra sonder om te verwyt en veral sonder om ongeloof te betuig! Bloot om perspektief te verkry omdat sonder dat ek persone uitsonder, ek van vele bewus is wat in vele van die 35 verdeelde organisasies sit waarna Dr. Willie telkens verwys, wat hulle nou nog beywer vir die teenpool van rasseskeiding, wat die godsdienstig en politieke “korrekte” benadering moet wees, maar wat hulle nou dwing om allerlei aksies te probeer loods “in belang van alle Afrikaners.” .

Apartheid as sonde

Die kerk waaruit Dr. Willie Marais kom, veroordeel apartheid as ‘n sonde en het dit namens die Afrikanervolk by Rustenburg bely. Hierdie standpunt is deur wyle Mnr. Jaap Marais met die Dagbestuur van die NG Kerk debateer en moes die dagbestuur toegee dat die basis vir hulle argument dat apartheid ‘n sonde sou wees, ongegrond is.

Die standpunt van reeds voor 1986 van Prof Johan Heyns en sy afvaardiging wat Mnr. Jaap Marais tewoord gestaan het was dat apartheid etnosentries en ideologies van aard geword het. Op Mnr. Marais se vraag dat die stelling dat apartheid so geword het daarop dui dat dit nie vantevore so was nie en dat die Kerkverteenwoordigers vir hom ‘n aanduiding moet gee wanneer dit dan nou so geword het, sodat ons kan bepaal van wanneer ons dan nou sondig geword het, kon hulle hom nie antwoord nie! Dit het hulle egter nie laat afsien van die politieke rigting waarin die Kerk hom begewe het nie want dit het nie gestrook met die aandrang van die res van die wêreld en veral nie met die siening van die geheime Broederbondorganisasie waarvan die meerderheid predikante op daardie stadium lid was en moontlik nog is nie!

Volksondes

As Dr. Willie Marais sê dat ons volk die sabat van die HERE ontheilig en dat ons volk die geluksgodin najaag, dan sê ek amen daarop! As hy van mening is dat God toelaat dat ons nie meer die kop is nie maar die stert geword het vanweë ons afvalligheid en ongehoorsaamheid soos in Deuteronomium beskryf, dan stem ek honderd persent met hom saam! Dat ons verdeeldheid ons aan bande lê, is ‘n onweerlegbare feit. Dat ons volk ons oor ons afvalligheid van die Here, as ‘n volk moet verootmoedig is dringend noodsaaklik.

“Op die regte datum gaan ons ‘n volkskongres belê waar ‘n Afrikanerraad gestig gaan word om vorentoe namens die Afrikanervolk die sake wat vir die Christendom en vir die oorlewing van ons as volk noodsaaklik is, met die owerheid te beding.” Staan daar in die bulletin op bladsy 4, terwyl in die Program van beginsels van Afrial op bladsy VI onder die opskrif: Ons program van optrede, “Ons onderhandel met die betrokke owerhede oor sake van gemeenskaplike belang waaroor onderling konsensus bereik is.”

In ‘n verkiesingspamflet van die NP van 1987 onder die opskrif, “Die pad van die NP: Vorentoe met realisme.” is een van die punte, Onderhandeling is die sleutel tot medeseggenskap oor gemeenskaplike sake sonder oorheersing van een groep oor ‘n ander”

Waar het diè onderhandelings ons beland? Wat het Kodessa vir ons beteken? Of die onderhandelings by Dakar, of die geheime onderhandelings met die kommuniste in London, of die onderhandelings op Bermuda, of die geheime onderhandelings by die duiweklub in Pretoria, of enige van die menige ander bedrogvolle onderhandelings “namens die Afrikanervolk” wat u aan kan dink? Dit was eerder die sleutel tot die suksesvolle oorname van mag oor reg! Van Valsheid en Verraad oor Waarheid en Regverdigheid!

Weer met die ongelowiges gaan onderhandel? Is ons dan blind vir die lesse uit die geskiedenis? Is dit nie ‘n volksonde om hulp te soek by die volke rondom in plaas van by God nie? Wat het van die kerkleiers wat ons in geloof moet versterk en opbou, se geloof geword? Dr. Willie Marais wat vir ‘n hele aantal jare parlementêre Kapelaan was is mos nie polities oningelig of onkundig nie!

II Kronieke 16 verhaal van Koning Asa van Juda wat die hulp van Benhadad, die koning van Aram gevra het teen Koning Baesa van Israel, met sukses. Die siener Hanani het in verse 7,8 en 9, vir hom die volgende gesê:........”Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die Here u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak. 8. Was die Kussiete en die Libiërs nie ‘n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die Here gesteun het; 9 want die Here---Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.”

En in 1Samuel 14:6

Jónatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want by die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.

Verdeeldheid

Onder punt 5 van die Afrial bulletin staan die volgende:

5.Ons groot probleem:

“Ons het egter ‘n groot probleem in hierdie verband. Die groot swakheid van ons as Afrikaners is ons onderlinge verdeeldheid. Al die heldhaftige pogings in die verlede om kerke, partye en kultuuraksies bymekaar te bring, het nie veel sukses gehad nie. Die beroepe van ons leiers tot eenheid het nie daarin geslaag om ons saam te snoer nie. Daar is ook min tekens van hoop dat dit ooit vorentoe kan gebeur. Dit lei gewoonlik tot ‘n magstryd tussen die leiers van die onderskeie groepe. Almal voel in die proses bedreig en sulke pogings lei dikwels tot ‘n nuwe twis en verdere verdeeldheid. Een saak staan vas: Ons moet ophou om met mekaar te twis oor die sake waaroor ons met mekaar verskil; ons moet begin praat oor dié sake waaroor ons met mekaar saamstem.”

Sonder ‘n verwysing na die aanloop en oorsake van wat hierbo gesê word, is dit uiters misleidend en reflekteer dit op die Afrikanerdom as ‘n klomp swakkelinge wat slaafs agter leiers aanloop vir wie dit bloot om die posisie van leierskap gaan! Die verraad en misbruik van lojaliteit en goedertrou dui nie onteenseglik op swakheid van die misleides nie! Is die verraad en misleiding ten grondslag van die verdeeldheid nie ‘n groter probleem nie?

Beginselverskil

Wat egter al duideliker word, is die beginselverskil! Opeens is daar klaarheid oor die vraag waarom daar deurlopend Partye, Organisasies en Strukture naas die HNP instede van saam met hom, oor die afgelope 33 jaar tot standgebring is! Nie die leierskap, nie die beskuldiging dat die HNP nie vorder of niks bereik of nie wil saamwerk of watter ander argument ookal aangevoer word nie! Dit is die beginsel waarvan ons nie wil afstand doen, wat nie net die vrye wêreld die Nasionale Regering van Dr. Malan, Adv. Strydom, en Dr. Verwoerd laat kritiseer het nie, maar ook elke individuele liberalis en organisasie binnelands!.

Hoewel onderlinge verskille voorkom, deel al hierdie aksies die sentiment dat apartheid moet weg! Deurgaans was dit hoofsaaklik ook dieselfde Pesone wat in al hierdie pogings betrokke was en in hoofsaak omdat hulle staatkundige oplossing vir ons volk soek in Magsdeling onder die dekmantel van selfbeskikking, maar nie bereid is om dit openlik te sê nie!

In wie se belang tree hulle op? Kan dit werklik in die Afrikaner se belang wees? Hier lê die swakheid in ons volk, benewens ons afvalligheid! Die gebrek aan politieke insig en dan die dienstigheid aan die wêreldaandrang tot integrasie deur hierdie selfaangestelde leiers!

Lukas 11: 17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val.

Waarheen wil Afrial met die Afrikanervolk?

Op bladsy VI van Afrial se Program van Beginsels,die tweede laaste paragraaf:

“Hierdie plaaslike komitees .............moet toesien dat oortuigde Christene hulle verkiesbaar stel vir sake soos byvoorbeeld skoolkomitees, stadsrade, die parlement en so meer.”

Hoe verskil dit van enige van die ander aksies se pogings om die Afrikanervolk in sy geheel, ingetrek te kry in deelname aan onderhandelings en verkiesings?

Dit is opmerklik dat nie in ‘n enkele beleidstuk, bulletin of openbare optrede van Afrial na nasionalisme verwys word nie.

Dit het mos die vloekwoord van ons tyd geword en staan reëlreg in die pad van die gelykmakingsproses waar een wêreldgodsdiens, een regering, een geldstelsel die oogmerk is!

Toegewings op hierdie beginselgrondslag het reeds ons volk besitreg van feitlik alles gekos! Ons land, ons skole, ons water, ons minerale, baie se lewens, ons selfrespek, ons sedes en waardes en baie moontlik ook nog ons kinders! Alles aangeleenthede wat Dr. Marais en syne nou na 33 jaar ook opgemerk het nadat die waarskuwings en voorspellings deur soveel van ons vorige volksleiers, ‘n werklikheid geword het. Dit sou wonderlik wees as Dr. Marais se ywer en talente daarin kon slaag om die Afrikaner weer op beginsel te verenig soos in Dr. Verwoerd se tyd!

Dr. Tobie Muller ‘n briljante NG teoloog het in 1913 van nasionalisme geskryf: “Kultuur, wat uit ‘n volk uit ontstaan moet begrens word om te bly voortbestaan. Nasionalisme is ‘n intensiewe en geen ekstensiewe saak nie. Lengte en breedte tel ewe min in ‘n volk se lewe…. diepte is die hele saak! Nie wat oor 200 of 300 jaar van ons sou geword het nie maar wat ons nou is en moet wees! Sy Volk is tewens vir elke persoon die aangewese kring waarin hy in die eerste plek sy roeping moet vervul. Om ons volkslewe diep te maak is ons eerste taak. Nasionalisme is deur en deur ‘n morele saak waarvoor niemand die oog mag sluit nie. Die keuse om dus nasionalis te wees is dus ‘n morele keuse van die diepste betekenis. Godsdiens sê Ds. Muller sluit moraliteit in, daarom is dit ‘n godsdienstige plig om nasionalis te wees. Papheid op nasionale gebied se hy is dus ‘n religieuse oortreding dws. ‘n sonde!

Geloof

Wanneer ons geloof oorskadu word deur omstandighede en ons dan vanuit die omstandigheid ons toekoms probeer beredeneer, soos die liberales van ons land, instede vanuit beginsel, het jy in jou gemoed klaar oorgegee! Dis mos die ou VP-beleid oftewel die aandrang van die liberales of verligtes of linkses of wat hulle ookal genoem wil wees, wat nou nagestreef word! Die beleid van De Villiers Graaf, Helen Suzman, Tony Leon!

Terwyl daar uit die Bybel en uit die geskiedenis aangehaal word, laat ons ook maar onthou dat daar by Amajuba nie kompromië gesluit is nie, dat by Paardekraal op 14 Desember 1880 Pres. Paul Kruger gevra het dat die Burgers wat nie met die vryheidstryd wou voortgaan nie, opsy moet staan, het nie een geroer nie! “Laat elkeen wat bereid is om ‘n verbond te sluit dat jy sal veg tot ons vryheid weer herstel is, ‘n klip neerlê” en so het ‘n sigbare bewys van die verbond van Paardekraal in die vorm van ‘n klipstapel verrys!

Die Verbond:…. “Dat wij elkander de hand geven, als mannen, broeders, plegtig belovende trouw te houden aan ons land en volk en met het oog op God zamen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek”

Die gees van die gelofte was ook duidelik sigbaar in die Volksverklaring wat die vorige dag goedgekeur is en wat so lui:

“Dat het Volk verklaart, dat het met Gods hulp verlangt een krachtige Regering der Z.A. Republiek, eerbiediging van de wet, ontwikkeling en vooruitgang van het land en dat het belooft man voor man daartoe te zullen medewerken en de opgetreden Regering te zullen verdedigen tot den dood toe,-Zoo waarlijk helpe ons God Almagtig”

‘n Verbond gesluit in geloof en vertroue in GOD en op mekaar, tot die dood toe,

vir die herstel van die vryheid van ons Republiek!

Wie is Afrial Werklik?

Sonder om die name te lys van die onderskeie portefeuljewoordvoerders of ander belanghebbendes in Afrial, is dit duidelik dat indien nie almal nie, waarskynlik die meerderheid betrokke is of was by aksies in die nabye verlede wat daarop gerig was/of is, om die Afrikaner by onderhandelings met die regime en verkiesings tot deelname aan die bestel te oorreed! In kort, om af te sien van nasionalisme.

As prediker van uitsonderlike bekwaamheid was die persoon van Dr. Marais in ons Volkshuishouding, tot nou toe, hoog aangeslaan. Hoofsaaklik vanweë sy gawe om mense geestelik op te hef deur sy wyse van Woordverkondiging! Moet u nie eerder daardie beeld bly handhaaf instede van ywer vir nog ‘n politieke party met ander beginsels as diè wat getoets en gelouter is deur die geskiedenis nie?

Want dat daar hieruit ‘n nuwe party kom, is waarskynliker as nie!

Danie Varkevisser

1 MEI 2003.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie