Is hulle verhewe bo die wet, of is hulle bloot net polities onaantasbaar? Waarom beskerm regerings nie hulle burgers teen hierdie soort van tirrannie nie?
Indien die regerings deur sulke mense soos die WGO beheer word, waarom stem mense vir sulke regerings en ondersteun hulle partye en organisasies wat sulke ongeregtigheid nie hand en tand teëgaan nie? Het 'n leuengees dan nou waarlik van die mensdom vaardg geword?
As jy luister wat regeerders op televisie te sê het, suig dit elke kriesel suurstof uit jou sitkamer. Jy kry die gevoel van ‘n menslike dieretuin. ‘n Aaklige gevoel van jammerte en pyn oorval jou. Projekdiewe, leunvertellers en duiwels par excellance.
As jy ontsteld genoeg is en probeer kontak maak met hulle kantoor, vind jy uit dat dit eintlik beset is met spoke. Nooit op kantoor nie.
Klaagl. 3:1-66 “Tet. Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.” (:25). Die getuienis van die profeet Jeremia in Klaagliedere 3:25 word ook vir ons elders in God se Woord bevestig. Dit is die profeet Esra wat dan ook as volg getuig het. “…Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.” (:22). Ons vind dan ook hierdie opdrag om die HERE te soek op verskeie plekke in God se Woord.
As jy vir “wolf” skaapwagter gemaak het, is jou boerdery daarmee heen. Een vir een sal jy geslag word agter die kraalmuur. Dit is geen geheim nie, want “wolf” het openlik verklaar – kill the farmer, kill the boer. Soveel boere het reeds die marteldood ervaar. Gegewe die tempo waarteen die moorde plaasvind, sal dit nie lank neem om ons land se boere leeg te moor nie. Êrens moet daar ‘n besluit geneem word om dit hok te slaan.
Jes. 48:1-22 “So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.” (:17).
Luister na die pragtige woorde van die Psalmdigter uit Ps. 119:7. “Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.” Wanneer die Psalmdigter die verordeninge van die HERE ondersoek en dit leer, word sy hart met vreugde oor die regverdigheid en die heilsaamheid daarvan vervul.
KOM ONS BLAAI 'N BIETJIE TERUG IN DIE GESKIEDENIS OM TE KYK NA DIE KARAKTERS WAT AS BETROUBAAR MET DIE AFRIKANERSAAK BESKOU IS
Donderdag , 11 Februarie 2010
Onse Niel Barnard is vandag, presies 20 jaar nadat Mandela vrygelaat is, sommer pure grootman in die pienk media-nuus vir sy onontbeerlike rol in die hele proses. Sakkie is egter nie so seker dat onse doktor, soos hy dikwels genoem is, so gelukkig is met die hele verloop van sake nie. Volgens Operation Deep Search se ondersoekers het Barnard homself gesien as die man wat die ANC na die onderhandelingstafel moes bring om vir homself ‘n stewige posisie in die nuwe regering te verseker, maar ‘doktor’ het blykbaar nie in sy voortvarende jeug die wese van ‘n Swart kommunis geken nie.
Hoe groter die leun hoe meer aanneemlik is dit vir die oningeligtes. Apartheid is gesmous aan die wêreld deur Afrikaner haters so asof dit blanke oorheersing oor swart volke was. Niks kan egter verder van die waarheid wees nie. Apartheid het juis ten doel gehad dat een volk nie ‘n ander oorheers nie.
‘n Volgende wanopvatting is dat apartheid ‘n skending van menseregte was. Apartheid het juis menseregte in perspektief geplaas.