Die kantoor van die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (OGSA) het sy jaarlikse oorsig van plaaslike munisipaliteite gepubliseer, wat ouditresultate vir die 2021/22-boekjaar dek Die oorsig het 'n algehele afname in die finansiële gesondheid van Suid-Afrika se munisipaliteite weerspieël, met die oorgrote meerderheid wat nie 'n skoon oudit ontvang het nie.
Háb. 3:1-19: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. ...” (:17-19). Ons weet dat Job saam met die profeet Hábakuk met reg kon sê dat hulle hoop in die lewe op die HERE was. Hulle het nie hul hoop op verganklike dinge, rykdom of voorspoed gestel nie, maar op die HERE.
Dit is blykbaar hierdie beginsel, wat die AVP as begin vir die oplossing vir die knel waarin die Afrikanervolk ons bevind, of nie verstaan word, of as onhaalbaar beskou word, wat Afrikanersaamhorigheid belemmer. Dit is tog nie ‘n vreemde benadering in ons volk se geskiedenis nie. Inteendeel was dit ‘n baie suksesvolle benadering wat teen die Engelse regering toegepas en baie geslaagd was. Die volgehoue afdwing van die Engelse taal in ons skole wat selfs met straf en vernedering teen ons voorgeslagte aangewend is, is bloot met leidelike verset teëgewerk totdat ons Afrikaanse taal in 1921 op die wetboek sy plek behaal het!
President Ramaphosa se mislukte intog in Pole met 'n groot gevolg “blouligkarakters”, sowat 120 in getal en 12 houers met wapentuig, vir wie wonder ek, ‘n geskenk vir Putin of was dit dalk vir die Oekraïne, wat egter volgens sy woordvoerders geskik moes wees om hom te beskerm, kon dit toe nie eers buite die vliegtuig waag nadat die Pole hulle belet het om uit te klim! Met dié verstommende arsenaal was hy verder ook nie toegelaat om deur sommige lande se lugruim na Rusland te vlieg nie! Ai tog, hy wou dan net kom vrede praat!
Apartheid se doel was juis om dit wat jy nou ervaar in die nuwe Suid-Afrika te verhoed. ‘n ewigdurende getwis het ontstaan tussen blank en nie-blank. ‘n Onreg sonder perke is aan die orde van die dag teenoor blankes. Die Britte wat apartheid gevestig het in Suid-frika het later omgespring uit Afrikaner-haat om hul eie beleid te veroordeel. ‘n inkonsekwentheid sonder weerga. Objektief gesien, was die instelling van apartheid sekerlik die beste beleid wat die Britte kon saamstel. Die regverdigheid van apartheid spreek vanself, gegewe die chaos en wetteloosheid in ons land. Meer en meer hoor ‘n mens ook uit swart geledere dat daar weer gehunker word na apartheid.
Klaagl. 3:1-66: “Tet. Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.” (:25). Die getuienis van die profeet Jeremia in Klaagliedere 3:25 word ook vir ons elders in God se Woord bevestig. Dit is die profeet Esra wat dan ook as volg getuig het. “…Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.” (:22).
Hoewel dit noodsaaklik is om konstant te fokus op ‘n oplossing en strategie te midde van vele uiteenlopende, maar hoofsaaklik volksverdelende, ondoeltreffende en grootliks wanhopige strooihalmoplossings, is die werklike gebeure in aanloop tot die toestand waarin ons Afrikanervolk ons vandag bevind, onontbeerlik vir nugterheid in beplanning vir ons derde vryheidstryd!