Gén. 4:1-26. : “Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.” (:7). Dit wat in die lewe van Kain gebeur het, is ook ’n kosbare les vir ons. En dit is natuurlik dat ons moet waak en dat ons teen die sonde moet weerstand bied, geliefdes. Die struikelblokke en versoekings van die Satan sal daar wees – dit is beslis.
Die nuwe Suid-Afrika is in 1992 aan die blankes gesmous as ‘n toekomstige land van melk en heuning deur die machiavellians. ‘n Groot gewag was gemaak van die goeie wil wat bestaan tussen die verskillende rassegroepe. Een onverdeelde Suid-Afika onder ‘n swart regering was die waarborg tot vrede, veiligheid en voorspoed. Om hemel op aarde te bewerkstellig, is die skepping van ‘n reënboognasie as ‘n voorvereiste gestel.
JAGTER MEV. HEIDI LOOY: "DIE FAUNABEHEER WIL DIE JAG OP WILDEVARKE EN TAKBOKKE NET VERBIED WEENS DIE TEENWOORDIGHEID VAN WOLWE
Geagte leser. U sal ongetwyfel nog onthou dat ons op 30 Maart 'n interessante onderhoud in
Nederlands gehad het met mev. Heidi Looy, uit die Suid-Hollandse dorpie Reeuwijk wat saam met haar sewe ander kollega's gekies is vir die Boer Burger Beweging (BBB).
Sy het toe vertel dat sy nie net 'n politicus is maar ook 'n jagter. Behalwe dat sy nou haar setel ingeneem het in die Provinsiale Staten, is sy ook 'n jagter wat haar liefde vir hierdie werk en vir die flora en fauna van haar ouers geërf het.
Ons sal onder meer praat oor die feit dat dit opvallend is dat dieselfde organisasies wat die boere weg wil hê, blykbaar die teenwoordigheid van wolwe en die jakkals verwelkom
Daar is nou al baie skaapboere die slagoffer geword van 'n wolf, en die einde is nog nie in sig nie.
HART VOOR KAMPEN SE WOORDVOERDER MNR PIET BERGSTRA: ONS FRAKSIE HET DADELIK VRAE AAN DIE KOLLEGE VAN BURGEMEESTER EN WETHOUDERS GESTEL NA AANLEIDING VAN HIERDIE BERIG
Geagte leser. ’n Geheimsinnige koeidood tref beesboer Jaap Bos van die Gelderse dorpie
Noordeinde naby Kampen wat lê in die provinsie Overijssel.. Die afgelope jare het byna die helfte van sy koeie gevrek. Meneer Bos het ondersoek laat doen, maar die oorsaak is nog nie gevind nie. Hy vermoed dat besmette grond wat by 'n dyk opsypel, wat onlangs naby sy weiveld gekom het, die rede kan wees. As gevolg van hierdie ernstige situasie het ons 'n insiggewende onderhoud gehad met die woordvoerder van Hart voor Kampen, mnr. Piet Bergstra.
2 Kor. 3:1-18: “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” (:17). Die mens het van nature ‘n diep-gewortelde begeerte na vryheid. Dit is seker daarom dat gesprekke wat handel oor vryheid ons maklik sal interesseer. En so val gedeeltes uit die Woord van God wat oor vryheid handel ook vir ons wel ter ore.
Ek het nog altyd gewonder of die DA se drywers met die maan gepla is. Om ‘n pakt te maak met die “maanmanne” is in wese ‘n selfontkenning. Dit is onhebbelik, soos om in al elf tale die ondergang van Suid-Afrika te bespreek sonder ‘n positiewe uitkoms.
Ons is nou weer in die aanloop tot ‘n algemene verkiesing. Uit vele oorde sal u nou aangepraat word om te gaan stem. Volgens hulle het jy kwansuis geen reg op kritiek as jy nie jou stem uitbring nie.