Voordat jy DA of VF+ ondersteun in die komende verkiesing, moet jy eers besin oor die verpletterende druk wat gehoorsaamheid aan die Slovo grondwet op die witman projekteer. Hul ontwyking van medepligtigheid kan nie vergoelik word om in samesang met die ANC die kwale van Suid-Afrika toe te skryf aan apartheid nie.
Hul tesis dat ‘n veelrassige Suid-Afrika vrede, veiligheid en voorspoed sou bring, word herhaaldelik deur geweld verpletter. Met hul medewerking word Suid-Afrika verander in ‘n niemenslike landskap van beskawings–vernietiging.
As wit liberale vriende van die ANC kommuniste, en as bruikbare idiote, is die witman sy eiendomsreg ontsê. Die DA en VF+ se “moonshot” gedagte is niks minder as ‘n dans met die duiwel, en erkenning van gebrek aan eie outomonie en intelek.
Hulle het hulself verloor, veragtelik, lafhartig, skeinheilig en huigelagtig ten spyte van die slopingsaksie in die land, redeneer die DA en VF+ dat dit simmetrie sal bewerkstellig. Die werklike realiteit is tog dat die witman afgesny moet word van sy eie lot, om te krepeer in ‘n oop riool van bitsige politiek tot aanvaarding van onderdanigheid.
Die aanvaarding van ‘n niemenslike landskap van beskawingsvernietiging deur die DA en VF+ is ‘n resep vir selfmoord. Die eie identiteit en selfbeskikking word verruil vir assimilasie, en oorheersing. ‘n Selfontkenning van geskapenheid maak jou nog vis nog vlees. ‘n Dwaling van jy is hy en sy is ook hy. Die uiteindelike kulminasie van “kleinhuisiepolitiek” indien jy nie eers besin het oor die verpletterende druk wat gehoorsaamheid aan die Slovo grondwet op jou as witman projekteer het, hoofsaaklik by gebrek aan ore om te hoor en oë wat nou nog nie wil sien nie!
KLAAS WAARSEGGER