Dit is onvermydelik dat wanneer twee opponente teenoor mekaar standpunt inneem, mense, volkere, nasies en organisasies vir die een of die ander sal kant kies, soos byvoorbeeld die geval met Rusland en die Ukraїne.
Dit is verder natuurlik dat burgers van ‘n land sal kant kies vir sý land in teenkanting met die opponent, indien dit ‘n homogene burgerlike bevolking is. ‘n Mens merk dit op dat daar solidariteit in Israel is terwyl daar grootliks verdeeldheid in Suid Afrika is vanweë sy multikulturele samestelling.
Vir ons as Afrikaners, met verwysing na Christeliknasionaalgesinde, behoudende Afrikaners is kantkies in hierdie konflik tussen die ANC en Israel nie moeilik nie! Die ANC as terroriste organisasie het ‘n natuurlike inklinasie om ander terroriste, in hierdie geval Hamas, se kant te kies. Uit die aard van hulle samestelling is die Joodse Sioniste binne Suid Afrika se sentiment natuurliker wys weer by Israel, waar die Sioniste huidig in beheer is.
Dat Israel deur die ANC regime as “apartheidmisdadigers” bestempel word, maak dit vir beide die Jode in Suid Afrika, sowel as die in Israel, wat deurgaans die Afrikanervolk met hulle betrokkenheid in die vestiging van ‘n swart meerderheidsregime ten koste van die Afrikaner, ‘n warmpatat van formaat! Binnelands was dit veral die Jode wat die barbaarse ongelowige swartes se kant teen die blanke Gelowige Afrikaners se kant gekies en hulle ondersteun het om in beheer van Suid Afrika te kom. Vanuit Israel self het hulle saam in die internasionale integrasioniste se koor teen ons rassebeleid gesing!
Sedert die laat twintiger jare streef die ou SAP party, die latere Verenigde Party (VP), die Liberale party (LP), Progresiewe Party (PP), (Progresiewe Reformiste Party (PRP),Progresiewe Federale Party (PFP), Demokratiese Party (DP), Nuwe Republiek Party (NRP), Nasionale Demokratiese Beweging (NDM), Independant Party (IP), Democratic Party (DP). Nuwe Nasionale Party (NNP), Demokratiese Alliansie (DA) saam en afsonderlik om integrasie in Suid Afrika gevestig te kry.
Nie minder as dertien ineengevlegde liberaalgesinde, oorwegend Joodsgedrewe politieke partye wat soos in aflosresies die integrasiestokkie van die een hand na die volgende oorgee met net een doel voor oë. Om die gelowige blanke Afrikanervolk uitgelewer te kry aan ‘n veelrassige swart meerderheidsregime, soos dit vandag is!
Wie se kant wil jy kies? Moet die aandag nou afgewentel word na wat reg of verkeerd is tussen ses van die een en ‘n half dosyn van die ander, van ‘n internasionale politieke magspel wat vir ons as Afrikaners niks goeds inhou nie?
Wat vir ons belangrik is, is of die uitkoms van hierdie botsing tussen die twee slagordes wat teenoor mekaar opgestel is, dalk die Dawid/ Goliatgeleentheid vir ons gaan skep om met die spreekwoordelike slinger en klippie, deur die harnas se opening te dring. Dat hulle mekaar vir ‘n tydjie gaan besig hou, is onvermydelik!
Die riemtelegramme dat Iran die ANC se finansiële dilemma wat hulle sou verhoed om aan die verkiesing deel te neem opgelos het, sal sekerlik nie sonder prys wees nie en die skuldlas van die regime met grade verhit!! Ons land word stuk-stuk verpand sonder dat dit húlle eiendom is! Laat ons dit bekend maak dat ons nie verantwoordelikheid aanvaar vir internasionale skuld wat hierdie onwettige regime op Suid Afrika laai nie! Die “finansiers” moet weet dat ons dit nie sal betaal nie! Moet u oë dus nie afwend van ons vryheidstryd nie. Bly gefokus op ons stryd om weer vry te wees al gebeur wat ook al in die wêreld! Ons redding lê nie in onge-ergdheid nie maar in daadwerklike betrokkenheid binne ons volksverband. Laat 2024 ons daartoe aanspoor ongeag die internasionale chaos wat ons maklik kan laat afdwaal!