KRIPTIES: DIE WIT MOTOR RY MET SWART BANDE OP ‘N
SWART TEERPAD MET WIT EN GEEL STREPE, VOL SINKGATE !!!
As jy meriete en moraliteit by die deur uitsmyt is onreg ‘n noodwendige gevolg. So ervaar ons dit vandag in die nuwe Suid-Afrika. Parlementariërs spog dat die slovo grondwet so wonderlik is, terwyl dit in chaos, wanhoop, kommer, korrupsie, waansin, Afrikanerhaat, stryd en tweespalt uitmekaarval en die dood van ons mense laat opstapel.
Ten spyte van bogenoemde, word die pelgrimslied nkosi sikeleli afrika uit volle bors gesing terwyl die mandela-vlag gehys word deur ons “eie” mense. Ons is op ‘n pelgrimsreis oppad na kliptown se oerwoud. Jy ervaar ‘n fladdering in jou maag waarvoor jy ‘n elektroliet moet gaan drink. Hoe ellendig is dit nie om as vreemdeling in jou eie land te woon nie. ‘n Situasie van onleefbaarheid, rassisme, ballingskap en vervreemding. ‘n Lewensvernietigende aanval is op die witman geloods.
Die DA en VF+ strewe vergeefs na ‘n hopelose ontvlugting onder swart bewind en verknegting. Hulle aanvoeling van geskapenheid het die wyk geneem. Hul moed het hul begewe om die donker stroom aan te durf. Klei geword sonder skaamte om vreemde oorheersing te aanvaar, terwyl ons land versink in bedrog, agterbaksheid, misleiding, geweld en misdadige hebsug.
Skaamteloos hou hulle werwingsaksies om jou steun te vra vir hul oorgawe as minderheid onder beleg van ‘n swart regering. Wat help dit nou om vir mense te stem wat reeds politieke aappokke opgedoen het. Die komende verkiesing kan nooit die Afrikaner as vrye volk bevestig nie. Ek weier om verkiesdag die merk van die bees op my hande te kry. Ek herinder my aan DF Malan se woorde – “Glo in jou God, glo in jou volk en glo in jouself”. Daar is geen heil te vinde in die slovo grondwet nie.
KLAAS WAARSEGGER