1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7802388

Besoekers aanlyn

Ons het 156 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE AASVOËLKULTUUR

Klaas WaarseggerHierdie wetters sal so wragtig jou melk uit jou koffie steel as jy vir ‘n oomblik jou oë knip. ‘n Roofdier benadering van wie loer kry niks, en wie gryp kry ‘n handvol. Dit is nou die sosiale verknorsing waarmee ons opgeskeep sit in die nuwe Suid-Afrika.

Indien ‘n voertuig onklaar raak langs die pad, word dit toegesak soos aasvoëls op ‘n dooie dier. “Affirmitive shopping” heet dit hier in Afrika. Dit is te lelik om in Afrikaans te sê. Hierdie rowersingesteldheid is geensins beperk tot roerende bates nie, maar is ook akkuut as dit kom by vaste bates. Multivloer geboue word gekaap en dan self verhuur vir ‘n verdienste. Wetstoepassers staan opsy en slaan dit gade as ‘n bevryding van apartheid. Grondgryp sonder vergoeding is ook ‘n parlementêre voorskrif. Zondu het ‘n verslag oor hulle geskryf wat nou nie juis prysenswaadig is nie.

In die dierewêreld geld die beginsel –“Monkey see Monkey do”. Moraliteit word nie eers by diere in ‘n vakuum gevorm nie, en so is dit ook by mense. Die gebrek aan morele waardes is die kernprobleem in ons land. Dit hou verband met vandalisme, swak werksetiek, boeliegedrag, swak regering en Afikaner-haat.

Die nuwe Suid-Afrika is vandag die land met die hoogste verkragting en moordsyfers ter wêreld. Verlede jaar het sowat 30 miljard rand aan korrupsie in die staatsdiens alleen verlore geraak. Geweld en misdaad is so algemeen dat dit nie meer as skokkend beskou word nie. Ironies genoeg is die Batho Pele gedragskode, opgeplak by elke staatsonderneming as versiersuiker om die vrot diens beter te laat lyk. Die praat en doen kom nie by mekaar uit nie.

Dertig jaar se regering is ‘n selfbevlekte swart mislukking. Ramaphosa sê self as dit by korrupsie kom, staan die ANC voor in die ry. Die parlement is dit eens dat hierdie verrotting apartheid se skuld is. Die DA en VF+ verwerp selfregering as rassisties en besing die slovo grondwet as die heilige graal. Om teleurstelling te vermy in die toekoms, is die goue reël om aasvoëls te sien vir wat hulle is.

As ‘n voetnota vermeld ek ook graag die DA en VF+ as koorsangers. Die soort argetiepe wat Nkosi Sikeleli Afrika van agter na voor kan sing met ‘n rasperstem soos geoefende tenore. Met skriflesing sal hulle jou probeer oortuig dat hulle is eintlik polities en rassies selibaat, terwyl hulle die kat in die donker knyp. Volgens hulle is daar ‘n blink towerstoekoms gewaarborg in die slovo grondwet. met sy nuwe landsgrense. Dit is huidiglik veiliger vir mens en dier in die Gaza Strook as hier by ons. My kleinkinders huil as hulle die gesigte sien op televiesie van die nuwe Suid- Afrika se owerstes.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie