Wonder of daar stemmende Witmense in die land is, en dan veral Afrikaners, wat uitsien na aanstaande jaar se verkiesing. Daar was verlede week tussenverkiesings in wat Wes-Transvaal was. Dié verkiesings is vooraf gegaan deur die verkiesing in Zimbabwe en in albei gevalle het die nie-stemmende Afrikaner nie nodig gehad om 'n dolosgooier te raadpleeg om die uitslag te raai nie. Dan was daar ook beweging in die kommissie wat die eintlik dekade-oue wapenaankoopskandaal ondersoek.
BRING BYMEKAAR WAT UIT INNERLIKE OORTUIGING BYMEKAAR TUIS HOORT
Hierdie standpunt van dr. D F Malan, wat ook die strewe van die AVP is, sluit mense in en sluit mense uit. Om innerlik van iets oortuig te wees, is om vanuit jou diepste wese, nl. Liggaam, siel en gees te glo. Wie dan só glo, met die vereiste dat dit waarin en waaraan hy of sy glo, ooreenstem met diégene met wie hulle wil saamtrek, dit is hulle wat bymekaar tuis hoort. Dit is ook die enigste soort “hoort” wat blywende waarde het.
Waar ‘n volk betrokke is, sal die ideaal wees dat die hele volk eendragtig ten opsigte van beleid en beginsel moet wees ten einde by die mag uit te kom waarna President Paul Kruger verwys het in sy slagspreuk: “Eendrag maak Mag.” Dít is dan ook grootliks wat die Nasionale Party in 1948 aan bewind gebring, en tot die sluipmoord op dr. Verwoerd, in ‘n meerderheid eendragtig bymekaar gehou het sodat verkiesing na verkiesing, die Afrikanervolk ‘n stewiger greep van politieke beheer in Suid Afrika verkry het.
SGP FAKSIERAADSLID MNR HANS BOER: "ONS KOESTER DIE SONDAGSRUS".
We schreven u reeds eerder dat de liberalen en socialisten binnen het kabinet maar ook daar buiten, er werkelijk alles aan doen om de Zondagswet een zware slag toe te brengen zo niet vleugellam te maken. Dat niet ieder zich zomaar bij deze onverkwikkelijke gang van zaken neerlegt bewijst wel de Gelderse gemeente Nijkerk. Deze stad wil met aanvullende regels voorkomen dat na het wegvallen van de landelijke Zondagswet voor evenementen de Zondagsrust verstoord wordt. Lees ook asb by: http://af.wikipedia.org/wiki/Nijkerk
We spreken hierover met meneer Boer van de Staatkundig Gereformeerde Partij (SGP) Zijn partij zetelt samen met de ChristenUnie in de Nijkerkse gemeenteraad.
"Als raadslid voor de Staatkundig Gereformeerde Partij zal het u bekommerd hebben dat na het wegvallen van de landelijke Zondagswet voor evenementen, de weg vrij leek te komen voor een verregaande aantasting van de Zondagsheiliging.
Wanneer is er in de gemeenteraad het besluit genomen dat getracht moest worden om het tij te keren?"
MATTHÉÜS 16:1-3
As ons Afrikaners rondom ons kyk, as ons met mekaar gesels, wanneer ons met mekaar verskil, is daar dan niks waarvan ons gewaar word nie? Bedink ons ooit die tekens van die tye waarvan Jesus praat?
1 EN die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle ’n teken uit die hemel te laat sien.
2 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi.
3 En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?
Ons Vader wat in die hemel is, ons pleit vanoggend vir bewuswording van die tekens van die tye waarna U verwys en ons dank U dat U dit vir ons sigbaar wil wys. Laat U Naam daardeur verheerlik word. Amen.
Dit was 'n spannetjie professionele roubeklaers wat teen seker minder as 'n daalder bekom kon word om iemand se heengaan op te dollie met 'n
behoorlike geween.
Die geween het seker maar ook gedien as 'n tydige en luide waarskuwing om die mens in uitvaart of oorvaart wat 'n lewe tot die behae van ou Niek gely het se opwagting in die warmer oord deeglik bekend te maak, dan het ou Niek seker gemaak dat die nuwe aankomeling 'n behoorlike warm ontvangs te beurt val. Waar en wanneer die gebruik van tjankbalies, en of dit onder die wakende oog van die Gereformeerde geloof tot 'n einde gedwing is, in onguns verval het is seker deur een of ander oplettende in die geskiedenis aangeteken. Feit is egter dat die tjankbalie se dae getel was in die land, elke afgestorwene sou vir seker meer as 300 jaar self vir die nodige leedwese met sy heengaan sorg. Totdat Nelson Mandela op die politieke toneel, en uiteindelik ook iets in sy longe, gebars het... die tjankbalie is as't ware met 'n knal terug in die land.
Ons kyk weer 'n slag na uitsprake van FW de Klerk oor 'n beloofde referendum aan die Blanke kiesers van die land –(nie die een van 17 Maart 1992 vóór die nuwe grondwet nie, die een wat in Hansard opgeteken is wat hy belowe het nadat die grondwet geformuleer is) dat hul mening oor 'n nuwe grondwet vir die land in 'n referendum getoets sal word – dit is 'n allesdeurdringende kwessie wanneer besin word oor die Afrikanervolk se verskriklike lot vandag onder de Klerk en kie se kommunistiese ANC-regime. De Klerk het inderdaad homself oor die perd getel om die Blanke kieser te oortuig dat sy belange nie geskaad sou word in die proses nie. Kyk weer na sy beloftes: “Enige substantiewe grondwetlike wysigings, selfs as net bloot gerig is op oorgangsmaatreëls, sal deur die Parlement aanvaar moet word nadat 'n mandaat bekom is by wyse van 'n referendum.”
Daar was géén refendum vir daardie oorgangsmaatreëls nie, dit is nou die destydse Uitvoerende Oorgangsraad, wat nog te sê die 1994-grondwet en die finale 1996-grondwet.
Op hierdie webwerf is aandag gegee aan vele van De Klerk se beloftes. Die onomstootlikste en duidelikste wat hierdie beloftes betref, het egter gekom met De Klerk se opening van die eerste sitting van Kodesa 20 Desember 1991: Daar sou geargumenteer kon word dat die 1992 referendum wat na hierdie Kodessabeloftes gehou is, die referendum is wat hier ter sprake is. Meet egter die inhoud van waaroor daar in 1992 gestem is aan die beloftes wat in die toespraak van 20 Desember 1991 gemaak is en hou dan in gedagte die belofte dat daar weer ‘n referendum gehou sou word voor die goedkeuring van die onderhandelde grondwet en die bedrogvolle metodiek en naakte verraad kom soos ‘n legkaart bymekaar.
Ware profesie stig en ware profesie troos en bemoedig.................
Die Afrikanervolk se gryp na profete en professieë, ook na vals en gefabriseerde profesieë en tot eie nadeel, is in 'n groot mate veroorsaak deur Afrikaners wat hul plig teenoor hul volk versaak het en steeds versaak ten opsigte van hul inligtingsinsamelingstaak. Soos deur vals politici te volg en op hul versekeringe staat te maak, het die Afrikanervolk enersyds staatgemaak op lede van sy volk, vertroud met die insameling en verwerking van veiligheids(selfbehouds-)inligting om die Afrikanervolk dan betyds te waarsku teen die aanslae van die vyand. Andersyds is daar sekerlik mense van die voormalige inligtings- en veiligheidsgemeenskap wat glad nie in die klere van verraaiers pas nie. Van hierdie mense tree dan ook van tyd tot tyd na vore en lewer bydraes tot die openbare gesprek en neem deel aan forums wat ten behoewe van die Afrikanervolk daargestel is in 'n poging om hul ervaring ten behoewe van Afrikanerselfbehoud terug te ploeg. Maar helaas, dis te min te laat.