Die “Nuwe Amerikaanse Eeu” deur die neo-konserwatiewe geproklameer, het tot 'n plotselinge einde gekom op 6 September 2013 by die G20-beraad in Rusland.
PERSEPSIE
Met die gebruik van die woord “massa” word ‘n groot menigte of aantal bedoel. Met massa vernietiging word dus die tot niet maak van ‘n groot aantal of groot menigte bedoel. Hierdie soort van woordspeling is deur die Amerikaners in gebruik geneem om die persepsie te skep van ‘n moondheid wat beplan om ‘n groot menigte mense uit te wis en daarvoor voorberei deur ‘n middel, middels of wapens te vervaardig of aan te skaf wat in staat sou wees om so ‘n aksie uit te voer. Só ‘n moondheid hou dan uiteraard ‘n gevaar vir die samelewing in en verdien om skadeloos gestel te word.
OORTUIG DIE WÊRELD
Indien die wêreld oortuig kan word van die bestaan van sulke wapens en/of middels, regverdig dit dan optrede teen so ‘n moondheid in belang van wêreldvrede en word ingryping in die interne sake van onafhanklike moondhede, met die goedkeuring van die wêreld uitgevoer.
JUDAS 1-25
JUDAS, ’n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is:
2 Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!
3 GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.
4 Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.
In gister se Nuuskommentaar op Radio Pretoria word daar groot en loflike dinge, Bybelversies en al, oor die woord vasbyt geskryf. Ja, die luisteraar wat die nuuskommentaar hoor se patriotiese hart sal sommer 'n paar bokspringe gee en die luisteraar sal baie moontlik sy pakkie biltong, en tjekboek, nader trek. Want dié patiotiese vasbytgeselsie is om Radio Pretoria se luisteraars reg te stem vir nog 'n vasbytdag vandag op Radio Pretoria.
So is daar eergister ook aan die Boere-verkenner Danie Theron in 'n nuuskommentaar gedink, sy veelbewoë offers vir volk en vaderland in die Tweede Vryheidsoorlog. Wel, as Radio Pretoria se luisteraars nie 'n geheue het nie, dan sal dié patriotiese slenters dalk werk. As Radio Pretoria se luisteraars vergeet dat die nie-rassige, a-godsdienstige en nuwe-Suid-Afrika-omarmende Solidariteit met Willie Ziswe Spies nou die elektriese kitaar, vervaardig in vir al wat ons weet Rooi China, by dié volkseie-radiostasie slaan waar jy kan luister na Emo Adams en watter ander Kaapse klong nog.
Uit die donker van die gebeurtenis van 6 September 1966, skyn die lig van Verwoerd se nalatenskap wat die pad na vryheid vir die Afrikaner helder belig. Laat ons onbevrees daarop bly wandel!
Dit was op hierdie dag 47 jaar gelede dat die positiewe vooruitgang van Blank Suid Afrika tot stilstand geruk is deur die dolksteek van Dimitri Tsafendas in die hart van dr. H F Verwoerd, wat ook die hart van die beskawing in Suid Afrika was.
Op 9 April 1960 word die eerste sluipmoordaanslag op dr. Verwoerd uitgevoer deur ‘n bekende in landboukringe, David Beresford Pratt, wat hom skiet by die Randse Paasskou in Milner Park, Johannesburg. Twee keer met 'n .22 pistool in die gesig, waarvan een koeël sy oor tref en die ander sy wang en verhemelte. Pratt wat ‘n pasiënt van die Joodse selferkende Kommunis, dr. Solly Cohen was, het aan epilepsie gely en het selfmoord gepleeg voordat hy verhoor is. Tsafendas, wat ook ‘n pasiënt van die selfde dr. Cohen was, slaag egter ses jaar later deur dr. Verwoerd in sy parlementêre bank te dood.
'n Landboutydskrif verklaar tot dusver vanjaar is 41 mense tydens 142 aanvalle vermoor.
Die langsame lente-rewolusie in ons land van veel langer as 20 jaar, met die amptelike benaming van Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) deur die kommunistiese regime self daaraan gegee, het verlede maand 'n bloedige hoogtepunt bereik met die meeste plaasterreur-aanvalle en slagoffers sedert 1990. Tydens een van die terreuraanvalle in Augustus is nog 'n vrou met ’n strykyster gebrand, terwyl ’n vrou tydens ’n voorval op ’n plaas in Noord-Transvaal met kookolie gebrand is. Dit is twee van die wrede aanvalle wat verlede maand as deel van die TLU SA se sogenaamde “plaasmoord”-syfer gelys is.
Augustus was volgens mnr. Henry Geldenhuys, ondervoorsitter van die TLU SA, ’n bloedige maand, met nege moorde wat tydens 23 aanvalle gepleeg is. Dit maak Augustus die maand waartydens die meeste plaasmoorde en -aanvalle nog vanjaar plaasgevind het. Die naasmeeste – nege moorde en 19 aanvalle – is in Januarie aangeteken.