Dit is dr. Izak Burger van die Apostoliese Geloofsending (AGS) aan die woord. Dr. Burger het 'n paar jaar gelede die Nuwe Suid-Afrika eerstehands ervaar nadat sy seun by die dood omgedraai het omdat hy in 'n hospitaal van die Nuwe Suid-Afrika beland het en nadat sy seun in een of ander voorval verrinneweer is. Die waarnemer kan uiteraard dr. Burger daarvan verdink dat hy 'n artikel van so 'n maand gelede op hierdie webwerf gelees het waarin, na aanleiding van God se ontmoeting met Gideon en 'n mededeling aan daardie vegtende rigter, verklaar is dat die Drieënige God lankal nie meer die enigste is wat in die land gevrees en aanbid word nie. Daar moet nietemin waardering vir dr. Burger se standpunte wees, standpunte wat in 'n ander gees gestel word as die dié gees wat veral vaardig geword het tydens die inter-godsdienstige gebedsopening destyds (1990's) met die oorgawe-beraadslaginge aan die ANC deur die NP-regering, bekend as Kodesa. Tydens daardie openinge het godsdienstige leiers van elke kleur en geur en geloof 'n versie te spreek gehad, boonop was dit baie oulik met die sogenaamde New Age wat toe woes in die weer was, George Bush die oue wat destyds mos gepraat het van 'n sogenaamde nuwe wêreldorde en in 'n toespraak verwys het na 'n “thousand points of light”.
Dit is ‘n bekommernis om te merk hoedat ons weblesers die politieke berigte lees en Sondag se Bybelse riglyn vermy. Dink ons volk werklik dat ons met slegs lippediens aan God, sy seëninge sal ontvang? Aan die van u wat werklik ons Abba Vader dien, volhard daarin omdat dit die Rots is waar ons skuiling sal vind en deur die dal van doodskaduwee sal kan gaan sonder enige vrees!
Amos 8:1-14.
1 DÍT het die Here HERE my laat sien — kyk, daar was ’n mandjie met somervrugte.
2 En Hy sê: Wat sien jy, Amos? En ek antwoord: ’n Mandjie met somervrugte. Toe sê die HERE vir my: Die einde het vir my volk Israel gekom; Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.Polisielede smous glo vuurwapens (Berig in die Beeldkoerant)
Vrydag 23 Augustus 2013
Nelspruit. – ’n Netwerk van onwettige wapensmousery is by die polisiekantoor hier oopgevlek nadat kapt. Godfrey Lubisi (57), hoof van die vuurwapenlisensie-afdeling, vroeër die week op aanklagte van korrupsie, diefstal en onwettige handel in vuurwapens toegesluit is. Lubisi is eergister op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Was Beyers Naude, Nico Smith en Willie Jonker dan nog altyd reg? Die Wêreldraad van Kerke, die SAKP, die ANC en die Kommunistiese Jode van Rivonia wat saam met die Helen Suzman’s, Helen Zille’s, Oppenheimers en Rothchilds apartheid verwerp het, se onheilige invloed het beslis “dissipels” vir hulle humanitêre denkrigtings gewerf wat steeds poog om diegene wat nie wou volg nie, te probeer beïnvloed. Die kaf sal hier maar van die koring geskei moet word deur verdigsel van die werklikheid te onderskei! Wat is Belhar werklik en wat is Apartheid en beide se uitwerking op die samelewing.
Belhar verwerp ‘terugkeer na verlede’
Vrydag 23 Augustus 2013
As die NG Kerk finaal sou nee sê vir die Belhar-belydenis, sal dit baie sleg wees vir lidmate vir wie dit reeds ’n belydenis is, het prof. Nelus Niemandt, moderator, gesê.
Die outokratiese wyse waarmee die kommissie van die algemene kerkvergadering van die Hervormde Kerk, nadat hy die kerk se koers verander het, ander leraars wat nie wil volg nie probeer afdreig, het tekenend geword van die krag wat kerke aanwend om leraars en lidmate saam met hulle agter die wêreld aan te trek. Dit laat ‘n ernstige vraag oor in wie se diens hierdie kerke opereer. Is hulle werklik van mening dat hulle sal kan bly voortbestaan deur agter die wêreld aan te gaan?
Dié wat loop nie meer leraar, Kan nie sakramente bedien – kerk
Neels Jackson
Vrydag 23 Augustus 2013
Leraars wat uit die Hervormde Kerk bedank het, is nie meer leraars van ’n erkende kerk nie en behoort nie langer die doop en nagmaal te bedien nie.
“Deesdae kry ons allerhande beloftes van ewe goeie rente wat verdien kan word deur partye wat oorbruggingsfinansiering doen.......
Hierdie protesskrif het op die AVP se lessenaar geland en verskeie ander insidente opgeroep wat daarop dui dat alles wat mooi voorkom, nie altyd so mooi is as wat voorgehou word nie. Dit dan nog ten koste van mede Afrikaners.
Ons onthou die Albert Vermaasbeleggingskema in 1994 wat mense geweldige opbrengste op hulle beleggings belowe het. Hy het die reputasie van ‘n kennis van Pik Botha en Magnus Malan gehad wat mense oortuig het van sy bona fides. Dawie Klopper het by geleentheid in Sake-Rapport geskryf: . “Deesdae kry ons allerhande beloftes van ewe goeie rente wat verdien kan word deur partye wat oorbruggingsfinansiering doen , nadat eiendomstransaksies gedoen is en voordat die geld uitbetaal kan word , teen die transaksie geld aan die verkopers verskaf teen astronomiese rente. En jy kan as verskaffer van kapitaal aan die tussenganger ook deel in die goeie rente wat betaal word deur mense wat nie kan wag voordat hulle fondse uitbetaal word nie.
Of jy word uitgenooi om in die myn van Weskus diamante te belê. Of in melkkulture, of in Krion, of in biobrandstof of in die nuutste piramideskema. En al die stories klink so goed en die opbrengste fantasties.”
Al gaan die leuen hoe so snel, die waarheid agterhaal hom wel!
‘n Berig in Maroela Media dat oud-Minister Pik Botha gesê het die ANC het die grondwetlike onderhandelde ooreenkoms oor regstellende aksie verbreek, en dat die NP nooit sou instem tot die bepaling nie sou daar ʼn bewustheid gewees het dat die ANC so sou kierang, het ʼn stroom kommentare ontlok – byna voor die voet sommer erg veroordelend. Binne enkele ure is die hoeveelheid kommentare wat ʼn bydrae van dr. Dan Roodt in reaksie op ʼn omstrede bydrae van dr. Piet Croukamp, ontvang het loshande oortref. News 24 het sy kommentaargerief by die berig gesluit.
Hier is verskeie kontekste, maar die een wat stellig die meeste krap is dat Croukamp ʼn onderskeid tussen konserwatief en regs getref het, en toe meer as net ʼn suggestie oor regses se IK gemaak het. Nou gee Pik in wese toe dat die ANC die “verligte” onderhandelaars van die NP ore aangesit het, en impliseer onbedoeld dat die “regses” wat destyds wolf – wolf geskree het, reg was.