Die vraag is uiteraard waar die AB se oplettendheid oor die gebrekkige grondwet was toe dit ingestel is.
Die AB stel sy voorbehoude, hoewel nog vaag, in sy nuusbrief vir Augustus. In die nuusbrief word verklaar: “Met die aanvaarding van die huidige grondwet het ʼn grondwetkenner dit beskryf as so wyd dat ʼn wa en span osse daarin kan draai.”
Die vraag is uiteraard waar die AB se oplettendheid oor die gebrekkige grondwet was toe dit ingestel is. Die AB staan egter heel voor in die ry wanneer daar na grondwet-sondebokke gesoek moet word want dit was hierdie geheime organisasie wat in 1986 'n dokument oor die “minimum staatkundige voorwaardes” vir 'n nuwe politieke bedeling die wêreld ingestuur het.
Nou verklaar die AB (in sy Augustus-nuusbrief): “Die verklaarde beginsel was dat dit in die eerste plek ʼn raamwerk moes bied, en dat baie van die inhoud deur inhoudelike wetgewing, die gemene reg en hofuitsprake gevorm sou word.
“ʼn 'Lastige aspek' is dat die regering ʼn uitgesproke persepsie het dat hierdie ook volgens 'transformasiebeginsels' moet ontwikkel, en dat die grondwetlike hof en appèlhof se uitsprake gemonitor en bestudeer gaan word om ʼn verbintenis tot transformasie te bepaal. “Om buite die grondwetlike en juridiese veld die persepsies oor dinamika met sosiologiese en kommunikasieprosesse aan te spreek. Daar is sulke aksies, soos komponente aan universiteite gekoppel, maar dié instellings herlei dikwels hul begronding en uitgangspunte tot die Waarheid- en versoeningskommissie. Sodoende word die vermoë van die sosiologie om die verskynsel doeltreffend aan te spreek ingeperk, en is boonop akademies oneerlik.
“Dit is egter belangrik dat ʼn groter bewuswording moet ontwikkel wat die terme van lojaliteit of dislojaliteit, en selfs verraad beteken. En hierin, so lyk dit, is die tyd verby dat ʼn land op ʼn soort onverdunde lojaliteit kan aanspraak maak bloot op grond daarvan dat dit ʼn internasionale geografiese entiteit is. Lojaliteit sal eerder aan ʼn inhoudelike waardestelsel gekoppel wees, en daarvoor is ʼn grondwet ʼn belangrike vertrekpunt, en praktiese hoeksteen.