Die polisielede met ’n misdaadgeskiedenis sluit in 21 kolonels, 10 brigadiers en ’n generaal-majoor.
Terwyl blankes in Suid Afrika onverpoosd op die onmenslikste wyse geroof, vermoor, verkrag en verbrand word, sê die Swart “president”, Jacob Zuma, “alle mense in Suid Afrika is veilig en moet veilig voel” die rede daarvoor is dat alle mense se veiligheid in die land verseker is. Die towerformule volgens Zuma is: “Wees net vol vertroue dat julle in dié land veilig is. Dié land is veilig.” Hierdie “intelligente” en “uiters goed beredeneerde” versekering het hy by die herdenking van die Nasionale Intelligensiediensdag kwyt geraak.
Die oumense het vir só ʼn vertoon van insig, net een gevatte opmerking gehad. Moet nie vir my vertel pêredr@**e is droë vye nie! As dít werklik die somtotaal van ʼn “president” se vermoë is om dit wat in sy eie geledere gebeur te beoordeel, watter kans het hy om internasionale gebeure wat die potensiaal het om Suid Afrika te beïnvloed, na waarde te skat, het die AVP al by ‘n vorige geleentheid geskryf.
Lees nou James-Brent Styan se berig en probeer verstaan hoe u in Suid Afrika veilig kan voel as die regime kriminele aanstel om wet en orde te handhaaf!! Oordeel dan self waarmee die NP regering die Afrikanervolk opgesaal het.
Maandag 19 Augustus 2013
Kaapstad. – 54 polisielede wat steeds in diens van dié mag is, het ’n misdaadgeskiedenis van moord. Nog 37 se misdaadgeskiedenis toon dat hulle skuldig bevind is aan verkragting.
Dit het onlangs aan die lig gekom dat 1 448 lede van die polisie ’n misdaadgeskiedenis met vorige veroordelings het.
Onder dié 1 448 lede is 300 offisiere, van wie 11 senior offisiere is. Ná die onlangse aanvanklike onthulling het meer besonderhede hieroor nou aan die lig gekom.
Die 1 448 polisielede het 3 204 oortredings in hul lêers aangeteken waarvan 568 ernstige misdade was.
Afgesien van die moord en verkragtings is 33 ook skuldig bevind aan poging tot verkragting, 116 aan poging tot moord en 917 aan aanranding. Dianne Kohler Barnard, DA-LP, sê die inligting, wat volgens haar op ’n krisis in die polisie dui, is aanvanklik van die polisie se parlementêre portefeuljekomitee weerhou.
Sy sê die nasionale polisiehoof, genl. Riah Phiyega, moet dadelik optree.
“Die polisie word toevertrou met die bekamping van misdaad. Dit is noodsaaklik dat die mense wat dié verantwoordelikheid het, vertrou moet kan word en nie self misdadigers is nie,” het Kohler Barnard gesê. Sy sê die oudit wat die polisie hieroor gedoen het, het ook net gekyk na die jare tot einde 2009.
Sy sê die DA vermoed die getal polisiebeamptes met ’n misdaadgeskiedenis kan selfs heelwat meer wees as wat reeds vasgestel is.
“Dis reeds openbare inligting dat 2 154 polisielede in 2010-’11 strafregtelik aangekla is en in 2011-’12 was die syfer 1 323. Waar is al dié aangeklaagdes vandag?” het Kohler Barnard gevra.
Die meeste van die skuldiges werk in Gauteng (325), die Oos-Kaap (275), KwaZulu-Natal (173), die Vrystaat (141) en die Wes-Kaap (140). Daar is nog nie verder intern teen hulle opgetree nie.
Lt.genl. Nkrumah Mazibuko, waarnemende adjunkkommissaris vir menslike hulpbronne in die polisie, het vroeër aan die portefeuljekomitee gesê 306 van die 1 448 lede het ’n misdaadgeskiedenis gehad vóórdat hulle by die polisie aangesluit het, terwyl 1 142 hul misdaadgeskiedenis ná indiensneming verkry het. Die polisielede met ’n misdaadgeskiedenis sluit in 21 kolonels, 10 brigadiers en ’n generaal-majoor.