Die verdere verloop van die Suid-Afrikaanse Rewolusie (in Suid-Afrika ook bekend as die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR)), is skynbaar nou ferm in die hande van Amerika.
In dié berig op Global Research word die Amerikaanse verdedegingsoppperbevel, die Pentagon, se persoonlike bemoeienis met die NDR van nader beskou. Groot getalle Amerikaanse en Franse soldate wat onlangs die land ingestuur is, gaan volgens die ontleding klaarblyklik 'n belangrike rol in die voltrekking van die rewolusie speel. Ook Amerikaanse troepebewegings in Australië en die res van Asië speel glo 'n rol in Amerika se militêre aanslag op ons land: US- South Africa War Games: The Pentagon’s Hidden Agenda is to Make “Africans fight Africans”
By Prof Michel Chossudovsky
Global Research, July 20, 2013
Region: sub-Saharan Africa
Theme: US NATO War Agenda
The Pentagon is involved in organizing war games in different part of the World. The stated military mandate is national security and the “Global War on Terrorism”.

JEREMIA7:1-34
1 DIE woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het:
2 Staan in die poort van die huis van die HERE, en roep hierdie woord daar uit en sê: Hoor die woord van die HERE, o hele Juda, wat deur hierdie poorte ingaan om die HERE te aanbid!
3 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Maak julle weë en julle handelinge goed, dat Ek julle kan laat woon in hierdie plek.
4 Vertrou nie op bedrieglike woorde nie — wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!
Dié beweging, op sy dag 'n patriotiese beweging vir die Afrikanerjeug, het 'n nuwe besem gekry aan die persoon van Danie Langner van die veelrassige Solidariteit se veelrassige Helpende Hand-beweging. Nie dat dit danig gegaan het by die Voortrekkers onder Piet Strauss, 'n NG kerklike nie, die spulletjie was toe al bont en blou en gewortel in die nuwe Suid-Afrika. Nou lyk dit of Flip Buys se Solidariteit die multi-kulti krane behoorlik vir die Voortrekkers oopgedraai het. Lees net wat sê Langner: “Ons is deel van die land se legkaart. Ons kan nie ons eie stukkie vertroetel asof dit die hele legkaart is nie. Ons wil as Afrikaners die swart en bruin lede laat tuis voel in die beweging”. 'n Besoek aan die beweging se webwerf laat die hare behoorlik rys. Daar staan geskryf die lede van die Voortrekkerbeweging moet die lied, Kinders van Afrika, se woorde ken en kan sing.
An average of R21.40 Billion per year since 1994 has been lost by the South African government corruption,...........
Die oorhandiging van mag in 1994 van die NP regering aan dit wat nou in Suid Afrika as ‘n regering moet deurgaan, laat ‘n mens duisel onder die besef dat daar by almal wat daarby betrokke was, gesamentlik nie meer as twee breinselle beskikbaar kon wees nie. Dit behoef nie eers ‘n betoog as ‘n mens na die statistiek hieronder kyk oor praktyke waaroor daar by herhaling voor ’94 gewaarsku was. Indien daar wel genoegsaam intelligensie teenwoordig was, moes die bod voorwaar hoog gewees het!
Die onthulling van Kol. Roos onderstreep ‘n modus operandi binne die polisie wat ooreenstem met verklarings wat Kapt. Deon Loots afgele het met betrekking op die “Boeremag” saak. Ons lys weer enkele uittreksels uit sy verklaring vir opheldering:
Soos ons land moet ook hierdie dag van Mandela af teruggevat word.
Inderdaad het die wiel gedraai vir hierdie verloopte radiostasie wat met behoudende Afrikaners, mislei deur die propaganda dat die stasie vir Afrikanervolksnasionalisme staan.......
As u dit nou nog nie weet nie, hierdie hoofstuk bevat 'n paar wondermiddels en 'n towerstaf wat Afrikaners kan swaai as hulle glo hulle word 'n bietjie te veel uitgemoor, verarm en verjaag uit hul vaderland met behulp van die einste grondwet. As FW de Klerk of dalk Kanadese paspoorthouer Dave Steward nie gister se nuuskommentaar van Radio Pretoria geskrywe het nie, dan eet hierdie waarnemer sy hoed op. Die volgende stellings, gemaak met 'n dowwe knal, kom in die laaste paragrawe van die nuuskommentaar voor:
"Tussenin maak hoofregter Mogoeng Mogoeng al hoe meer kommerwekkende uitsprake, sodat die Sentrum vir Grondwetlike Regte hom nou erg voor stok gekry het (!). "Dié sentrum is deel van die FW de Klerkstigting, met sy fokus op die wigte en teenwigte. "Dit lyk of die wiel nou byna volledig gedraai het."
Om 'n ekonomiese oorlewingstrategie in 'n praktiese toepasbare vorm te giet, gaan harde werk, deursettingsvermoë en baie moed kos. Dit gaan vereis dat daar weer in nuwe gedaante instansies moet ontstaan wat die funksie van die ou Reddingsdaadbond, die Helpmekaar-vereniging en die Ekonomiese Instituut sal moet vervul.
Die president van TLU SA mnr. Louis Meintjies, verklaar in sy reaksie oor die vreemde bemagtiging van 'n ander Zuma, familielid van Jacob Zuma in 'n nog vreemder ANC-landboubemagtigingsinisiatief, dit kan Jacob Zuma se “tweede Nkandla” word. Waarteen mnr. Meintjies en TLU SA moet waak is dat hul betrokkenheid by so 'n twyfelagtige projek nie hul “eerste Nkandla” word nie. Pas verlede week het mnr. Meintjies laat blyk TLU SA reik uit na die sogenaamde Vryemarkstigting, 'n Geldmag-instelling as daar ooit een was, om die Afrikanervolk se landbougrond te red van die kommunistiese ANC se grondgrypery, nou moet die Afrikanervolk verneem TLU SA is eintlik deur middel van die sogenaamde Masimbambisane Rural Development Initiative, niks anders as 'n kleiner projek in die grondgryp-inisiatief, betrokke by die groter grond-herverdelingsprojek nie. Eintlik moet mnr. Meintjies en sy TLU SA al lankal na 'n baie warm oord gestuur gewees het. Laat daar egter tog gepoog word om langs die weg van 'n opbouende gesprek iets van die teorie van Afrikaner ekonomiese (daarby ingesluit landbou-) bemagtiging by mnr. Meintjies en TLU SA tuis te bring.