“ Ons is in oorlog met die wittes wat ons grond gevat het en ons wil dit nou terug hê. Ons wil ons grond en ons wil ons rykdom terug hê; as julle in ons pad staan sal ons julle verpletter!” Aldus Malema in Pietermaritzburg 30 Mei 2016
Die AVP se antwoord op hierdie oorlogsverklaring in die lig van Ramaphosa se stelling in sy onlangse staatsrede, dat grond nou onteien sal word sonder vergoeding, is: As julle wil oorlog hê, sal julle oorlog kry! Ons het gewerk en betaal vir alles wat ons het, en ten duurste omdat julle al vir eeue op ons rug ry!
YouTube screengrab of Economic Freedom Fighters (EFF) leader Julius Malema in Parliament.
Sonder ‘n enkele verwysing in sy staatsrede na die verwaarloosde veiligheid van veral die blankes in Suid Afrika en dan veral die blanke boeregemeenskap op plase, was daar sedert sy inhuldiging ‘n gekonsentreerde toeloop van aanvalle en moorde op blankes, asof daar goedkeuring daarvoor was!
Sewe plaasaanvalle net oor die naweek en steeds geen woord van die “nuwe orator” wat sommer dadelik die geldwêreld laat juig het en die banke met 60 biljoen Rand bevoordeel het.
In Kimberley, Donderdag 18 Februarie 2018 spreek Ramaphosa die intergeloofsbyeenkoms van die weermag by Mittah Seperepere, Kimberley toe en pleit by 7000 lede om nie by die politiek betrokke te raak nie. Die weermag se primêre rol is om die inwoners van Suid Afrika se veiligheid te verseker.
Vir die AVP is dit duidelik dat sy hele betoog daarop gerig is om te probeer verhoed dat die Zoeloes nie in opstand moet kom teen die ander etniese minderheidsmagte wat nou die beheer geneem het nie. Dit is duidelik dat hy nie ‘n snars omgee vir die blankes wat volgens sy (RAMAPHOSA) , se resep van stadige uitwissing geteiken word nie. Foto: GCIS
1 Joh. 2:18-29
“En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie. As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.” (:28&29).
Dit is natuurlik ‘n baie omstrede onderwerp wat ons vanoggend aanraak. Dit wek natuurlik soveel emosie op omdat geen mens die angswekkende waarskuwing wil kry dat hy/sy dalk ‘n ewigheid in die hel gaan deurbring nie. Om egter hierdie angswekkende waarskuwing met ‘n leuen te probeer bedek, gaan vir jou rampspoedige gevolge inhou.
Laat ons sommer hard en duidelik uit die staanspoor vir die blanke juigkommando vir Ramaphosa, dit weer op die hart druk. Van Ramaphosa was daar vir die Afrikanervolk wat die Republiek van Suid Afrika uit die wildernis ontworstel, opgebou en beskaaf het en tot die mees moderne staat in Afrika ontwikkel het, géén woord van erkenning, geen positiewe vonkie van hoop vir beterskap en veral géén versekering van beskerming teen die moorde en misdaad waaraan ons sedert 1994 blootgestel is nie. Nie ‘n woord nie, terwyl alles waaroor hulle nou danksy de Klerk koningkraai, deur die Afrikanervolk daargestel is!
Die skielike bedanking van Jacob Zuma as president, nadat hy nog ‘n dag tevore onverbiddellik was dat hy nie gaan bedank nie, bring ‘n mens nogmaals onder die besef van sinistere magte agter die skerms. Magte wat in Suid Afrika werksaam is om te verseker dat die beplanning om Suid Afrika uit die Afrikanervolk se hande te hou en plunderbaar te maak vir die magte betrokke, mág die proses nie ontspoor nie.
Zuma se uittreerede is bepaald nie sy handewerk nie en val dit veral op dat die klem sterk gelê word op die behoud van eensgesindheid binne die ANC. Dit nadat weke se toutrek daarop gedui het dat verdeeldheid tussen die Zoeloes en ander etniese groepe binne die ANC onvermydelik was en reeds tot botsings gelei het. Of Zuma se bedanking vrede in Suid Afrika gaan bring sal nog gesien moet word. Die AVP is nie daarvan oortuig nie!
Foto: Maroela Media
Hier is ‘n eienaardigheid aan die gang wat nadere aandag verdien. As in ag geneem word dat Zuma se bedenklike integriteit vroeg reeds bekend was, soveel so dat hy as adjunk president ontslaan is en die stelsel van Een-Mens-Een-Stem hom instaat gestel het om in beheer te kom van beide die ANC en Suid Afrika, maak al hierdie geskarrel om hom voortydig uit te kry, nie sin nie.
Met agt onsuksesvolle mosies van wantroue wat deur meerdere stemme afgeweer is, is daar mos ‘n paar sake wat duidelik geword het. Vir selfs Zuma wat sukkel met getalle, was dit binne sý begripsvermoë dat meer, meer is as minder! Daar moet net meer hande wees,(selfs sonder enige intellek) wat vir jou in ‘n stemming opgaan wat jou in beheer laat bly!
Foto: Inews UK.

BOHAAI OOR UITSPRAAK DAT HIERDIE DAAD OORGAWE IS AAN DIE ABSURDE
Daar het baie bohaai ontstaan omdat mnr. Brusselmans,voorsitter van die Katholiek Vlaams Hoogstudenten Verbond, die besluit van die joernalis Boudewijn van Spilbeeck om voortaan as vrou deur die lewe te gaan 'n absurditeit genoem het. Daar is linkses wat verontwaardig en vies is want hulle voel dit is normaal as 'n man 'n vrou word of 'n vrou 'n man. Hulle is van mening dat geslagsverandering net getuig van moed. Na aanleiding van die uitsprake sal ons aan die voorsitter vrae stel.
"Meneer Brusselmans u heeft heel wat ophef veroorzaakt met uw verklaring dat geslachtsverandering een overgave is aan het absurde. Kunt u dit wat nader duiden?"