1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5061528

Besoekers aanlyn

Ons het 39 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WAT BETEKEN RAMAPHOSA SE STAATSREDE VIR DIE AFRIKANERVOLK

Geldmagte doenig in Suid AfrikaLaat ons sommer hard en duidelik uit die staanspoor vir die blanke juigkommando vir Ramaphosa, dit weer op die hart druk. Van Ramaphosa was daar vir die Afrikanervolk wat die Republiek van Suid Afrika  uit die wildernis ontworstel, opgebou en beskaaf het en tot die mees moderne staat in Afrika ontwikkel het, géén woord van erkenning, geen positiewe  vonkie van hoop vir beterskap en veral géén versekering van beskerming teen die moorde en misdaad waaraan ons sedert 1994 blootgestel is nie. Nie ‘n woord nie, terwyl alles waaroor hulle nou danksy de Klerk koningkraai, deur die Afrikanervolk daargestel is!

Sy hele betoog het gegaan oor die opheffing van die swartes, werkskepping vir die swartes, vooruitgang vir die swart jeug en as bloudruk die Freedom Charter.  Ekonomiese bemagtiging van swart kleinsake ondernemings, afdwing van transformasie in bestaande besighede, optrede teen weerstandiges daarvan, transformasie van grond sonder vergoeding "omdat dit onregmatig van die swartes ontneem is" en dan die herstel van ongelykhede wat duidelik net kan beteken: “vat van die blanke en gee vir die onverdienstelike swartes net soos wat Ramaphosa self  deur Lonmin finansieël bemagtig is.

 

Ramaphosa tree op in opdrag van die magte agter die skerms wat ons land wil hé. Mense wat nie ‘n snars omgee of ons hele volk uitgewis word nie. Onthou maar al die vliegtuie wat sedert die Helderberg se 159 onskuldiges verdwyn, geval of afgeskiet is. Die kwessie van Saddam Husein, Gadaffi en Asaad van Sirië. Óns hulp is by ons hemelse Vader. Dit is Hy wat al ons veldslae saam met ons was en ons oorwinnings bewerk het! Ons volk moet uitswem uit die wéreldstroom van sport en vermaak, van brue bou na ongelowiges en lasteraars en internasionale eise en giere, van ywer vir internasionale erkenning, verering en beloning! Kom laat ons terugkeer na ons God, na ons volk en na ons eie waardes, kultuur en identiteit.

 

Indien Ramaphosa se voornemens soos deur hom uitgespel in die 2018 staatsrede konsekwent toegepas word, voorspel die AVP ‘n versnelde verval in Suid Afrika wat op die korttermyn enkele dele  van die swart bevolking sal bevoordeel ten koste van die res. Ramaphosa  beskou bv. Die 17 miljoen  toelaes aan werklose swartes as ‘n prestasie van bemagtiging van die armes.

 

Wat die Afrikanervolk betref is die lank agterweë mees dringende saak nou ons oorblywendes se veiligheid. Indien ons wil slaag met ons stryd om weer vry te wees, laat ons dan begin met ‘n strategie van beveiliging. Om vry te wees beteken om te bly lewe, sodat ons die vryheidstryd kan stry! Stryd is lewe! Nie volkstate, selfbeskikking, onderhandeling, saam praat en samewerking, soos deur Roelf Meyer,Kortbroek en de Klerk  met Ramaphosa wat ons in hierdie “shithole” in onderhandel het nie!

 

Wat Ramaphosa voorstaan is ‘n vorm van Nasionalisme vir die swart ras. Daarvoor kan ons hom nie verkwalik nie. Dat hy dit op die rug van die Afrikanervolk se sweet en bloed wil doen, dít moet ons nooit aanvaar nie en daarom sal die stryd voortduur totdat ons oorwin het!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie