1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5229122

Besoekers aanlyn

Ons het 52 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE DINGAAN OPSIE!

DifaquaneWatter uitweg is daar vir Jacob Zuma indien hy nie vrywaring van vervolging kan kry nie? Die versoek van die ANC se NUK (Nasionale uitvoerende Komitee) dat hy in belang van alles en almal asseblieftog nou moet uittree, het soos verwag en voorspel is deur die AVP , nie geslaag nie.

Die hefboom in Zuma se  guns wat hy telkens suksesvol getrek het in elke mosie van wantroue wat hulle teen hom probeer het, is deur die NP van de Klerk in sy hand gegee, tenspyte van riglyne vanuit die geskiedenis, debatte en toesprake deur sy voorgangers, mede  kabinetslede , LV’S en selfs  sy  eie en Pik Botha se aanvanklike Nasionalistiese uitgesproke oortuigings.

Die hefboom van getallepolitiek deur Gelykheid, Vryheid en Broederskap! Een-Mens-Een-Stem! Teen sy beterwete gee FW de Klerk vir die swart rasse in Suid Afrika daardie hefboom tenkoste van sy volk se voortbestaan, vernederend, verraderlik, vernietigend en nou verrassend onhanteerbaar met die potensiaal van burgeroorlog!

Indien Zuma  wel sou oorweeg om uit te tree sónder vrywaring, is die tronk sy voorland. Dit sou verbasend wees as hy dit dus  nie voorsien het en ten minste een of twee hase gereed hê om uit die hoed te trek, eerder as om toegesluit te word nie.

Wat het ons nou hier? ‘n Oneerlike swart magsbeluste Zoeloeleier, verskeie etniese swart volke wat poog om uit sy hande te bly, die blanke Afrikanervolk wie se lewe en besittings en grond in gedrang is met rye en rye Piet Retief’s wat oor hulle voete val om te onderhandel en die imperial magte wat dit alles beplan en georkestreer het wat sit en wag vir die buit wat moet kom! ‘n Dingaan opsie?

Is dit vêrgesog? Kyk dan weer na die vorige artikel onder die opskrif: “Het die Regime nou bang geword?” Saamgelees met die SAKP se deursigtige poging in die uittreksel hieronder om Zuma te probeer verhoed om die Dingaanopsie te implimenteer. Die konflikklimaat is aansienlik meer verhit as in die geval van Mbeki se ontslag!

Marianne Merten  Daily Maverick - ‎07‎ ‎February‎ ‎2018

ANALYSIS: JACOB ZUMA'S EXIT, A POLITICAL HYPER-DRAMA

UITREKSEL:The South African Communist Party (SACP) on Tuesday went public on rumours of an 11th hour Zuma Cabinet reshuffle, calling on Zuma to either confirm or deny that he was planning to replace Ramaphosa with Nkosazana Dlamini Zuma to put the candidate he preferred in the party contest for top job in prime place to take over as acting president.

The SACP also called Zuma on what it called "ethnic mobilisation, including that of Amabutho (Zulu regiments) that President Jacob Zuma has apparently engaged in as part of his plan to continue overstaying his welcome in office", according to an SACP statement.(AVP beklemtoning)

The Presidency denied these claims.”

 s1

 d1

 sw1

 v1

Sluit aan

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie