1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5004162

Besoekers aanlyn

Ons het 46 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

HET DIE REGIME NOU BANG GEWORD?

Cyril versus ZumaDit is baie moontlik so,  die vraag is net, vir wie? As ‘n mens kyk na die koerantberig hieronder na wie aangestel is, nl. almal militêre offisiere uit die weermag, dan is dit seker billik om te kyk na wie in Suid Afrika op hierdie oomblik die steun van die weermag geniet.

Die AVP is daarvan oortuig dat dit nie Ramaphosa is nie maar meer waarskynlik Jakob Zuma. As ons dan in ag neem dat Zuma se kans om tronk toe te gaan as sy termyn verstryk het en hy nie daarin sou slaag om vrywaring van vervolging te beding nie, goed is, hy dan steeds ‘n stewige hefboom in die vorm van die weermag in sy hand hou! Die bespiegelings van ‘n burgeroorlog is dan nie vergesog nie.        (Beeld:Bussiness live)

Aangesien dit ook nie duidelik is waar die opdrag vandaan kom nie, kan mens maar bloot raai wat die bedoeling is. Laat ons egter ook nie die magte agter die magte uit die oog verloor wat geen snars omgee om onskuldige lewens te offer in hulle magstrewe nie!

Laat die klein stompie Afrikaners wat hier in ons eie vaderland oorgebly het en nog nugter Afrikaans is, maar paraat raak indien jy  nog nie is nie. Die tyd is vinnig besig om nader te kom waarin ons ons land sal kan vry maak as noodtoestande nou al op die agenda is. Laat ons broeke dus nie op die knieë wees as dit gebeur nie.

 

Noodtoestand

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie