Sy aksie met die vlag het ten minste twee onvermydelike gevolge. Die eerste is dat dit die sekerste metode is om jou openlik van jou volk te distansieer en die tweede is dat so ‘n blatante openbare vertoon van minagting van ‘n volk se bloed en sweet en stryd oor meer as driehonderd jaar, liberale bloedsuiers aantrek soos wat ‘n bol mis brommers lok!
DIésulkes het dan ook hulle Afrikapassies op die vlag kom uithaal en hulle Afrika onkunde gedemonstreer vir almal om te sien hoe hulle gedy in die beskawing, gevestig deur die prestasies en handewerk van hulle nasionalistiese voorsate, sonder enige insig of begrip vir die rommelstatus wat hulle wanstaltige ideologie in Suid Afrika reeds teweeggebring het.
Dit is baie maklik om dit van die kantlyn af te sê! Die vraag is waarmee en hoe? Wat moet ek doen as ek “oënskynlik” niks het nie? Die groot vraag is egter, besef ek dat ek bedreig word? Nie soos in ‘n misdaadmekka nie maar soos in ‘n oorlog?
In die lig van die toenemende aantal aanvalle sedert Ramaphosa se verkiesing, wat selfs baie blankes, en tragies genoeg, baie Afrikaners toegejuig het, sê die AVP aan veral ons Afrikanermans en vrouens na aanleiding van die geskarrel in sosiale media, plaaslik en internasionaal: staak die paniek, staak die vrees, staak die verwagting van hulp uit die buiteland! Kry uself gereed vir oorlog!
Génesis 24:1-67
“Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het sy van die kameel afgegly en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.” (:64 en 65).
Hoe kosbaar is die onderdanigheid van Rebekka nie in die gelese gedeelte nie. En nie alleen is haar onderdanigheid waarvan ons in verse 64 en 65 lees ‘n kosbare deug nie, maar ook haar bereidwilligheid om diensbaar te wees in die groei en uitbreiding van haar volk. Sy het op die vraag of sy met die man wil saamgaan en of sy nog ‘n wyle wou vertoef sommer onverwyld ingestem om haar heer te gaan ontmoet.
SOSIALISTE VAN DIE PARTY VIR DIE ARBEID REAGEER AFWYSEND EN VERONTWAARDIG OP BYBELSITAAT WAT UITGESPREEK IS DEUR CU SE FAKSIEVOORSITTER MNR. FRANS VAN ZAALEN "EK HET NET VERWYS NA PSALM 72, JOB 29 EN JESAJA 58".
Ons het 'n baie insiggewende vraaggesprek met die faksievoorsitter van die ChristenUnie van die afdeling Albrandswaard, mnr. Frans van Zaalen nav. die verontwaardiging wat hom ten deel is geval toe hy drie bybelsitate het genoem tydens 'n raadsvergadering. Ons sal hom vrae stel hoekom die sosialiste hul steur aan God se woord.
Indien dit waar is wat hierdie omroeper in ‘n video aanhaal, as sou President Donald Trump van die VSA dit kwytgeraak het, behoort sy kommentaar op die ope brief aan hom van die AVP interressant te wees, indien dit hoegenaamd by hom uitgekom het. Die AVP plaas Trump se kommentaar iedergeval soos wat dit op South Africa Today voorgekom het.
Die mate waarin die NG-Kerk sy roeping en die Afrikanervolk waaruit hy sy ontstaan gehad, gefaal en versaak het, word hoe langer hoe duideliker!
Die moderne tydsgees waarin die pro-moderniste fungeer en al soveel lewens en waardes vernietig het deur hulle bemoeienis met die politiek op onverantwoordelike wyse, is besig om die afstand tussen hulle en gelowige Afrikaners al verder te vergroot en tussen hulle en die kommunisme al verder te verminder.
Deur Ignatius Erasmus.
Ek sien hulle, hulle sit met geboë hoofde en klemmende kake in kerke. Hulle het gekom om weer moed te skep vir die nuwe ou donker-wolk wat weer kom kop uitsteek. Die nagmaal beker word stram vasgevat. Hulle sit daar en mymer, hoor nie werklik die boodskap nie. Hulle sit stil, en waaksaam. Die hele gemeente sluk sagkens aan die inhoud, van die bitter beker wat op hul wag, swygend. Tog as jy terug sit dan hoor jy die knallende gille en gekerm. Dis geruisloos vas gevang in wringende prokureurs hande. Die bankier krap ongeduldig aan die kant van sy neus. Dis boere hande wat soos die kloue van ń grou-dier om psalm-boeke geslaan is. Dit alles vertel die storie van groot benoudheid.